OICB/AICM

Jesus Film 01 July 2009

Jesus

Jesus Film

Liewe Vriend,

Ons wil ook die goeie boodskap van ons Here, Jesus Christus, uitdra aan alle nasies soos Jesus die opdrag aan ons gee in Matt 28:19 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."
Ons vertoon met graagte die Jesus Film aan plaas werkers, skole, selgroepe, ouetehuise of enige ander persoon of instansie, reg deur Suid Afrika en ook ons buurlande. Die vol lengte film word vertoon in al 11 die amptelike tale. Daar is ook 'n verkorte weergawe beskikbaar in 9 tale. Ons beskik oor al die nodige toerusting soos klanksisteen, kragopwekker, ens. Indien jy belangstel om so 'n vertoning te reel, kontak Cobus asb by 082 454 6569 of stuur 'n e-pos na Cobus email. Kom word deel van die span wat Jesus gebruik om 'n verskil in 'n wanhopige wereld te maak.

Liefdegroete.
Cobus van Heerden