ARCHIVE
Articles
Articles
How do I live a holy life?
Jesus leer ons bid
How do I lead someone to the Lord?
Jesus Christus is die geneesheer
Kyk ek na mense, of na die Here?
Hoe spesiaal is ek vir God?
Mag ek oordeel?
Mens, waar is jy?
Hoe wil God hê moet ons hom loof?
Ag, is dit nou regtig so nodig om te vergewe?
Sê die Bybel enigiets oor vloek?
Brandewyn het nie brieke nie!
Skinder - Wat is skinder?
Ek - moet vrek!
Mag ek maar vir God vra?
Die Christen en finansies
How do I live a holy life?
Artikel Opskrifte
The Word of the Lord states:
“Sanctify yourselves therefore, and be ye holy: for I am the LORD your God. And ye shall keep my statutes, and do them: I am the LORD which sanctify you.” (Leviticus 20:7,8)
“But as he which hath called you is holy, so be ye holy in all manner of conversation; Because it is written, Be ye holy; for I am holy.” (1 Peter 1:15,16)
So what constitutes a “holy life”? Definitely not by walking on the street with a Bible under the arm and a stern face.
A holy life is a life totally consecrated to the Lord. A life totally sold on Jesus. It is a person living a life knowing that he can still make mistakes from time to time, but who stands up after every mistake, immediately confesses his sin, wipes the mud from his face and walks on, glorifying Jesus.
Many people tell me: “But Tiaan, I can’t live a holy life it’s impossible!” No, it is not impossible. Jesus would not have said: “Be ye holy for I am holy” if He did not think that we would not be able to do so. How does He know that we can live holy lives? The answer is simple. He created us! So He knows exactly what His creation is able to do.
The only thing He requires from us is to become obedient to His Word and just DO what He says. If His Word states that we should watch our language, it means we must watch our language. If His Word states that we should forgive those that have hurt us, it means we must forgive them. If His Word states that we must speak life and not death with our mouths, it means we must speak life and not death. Friend, it’s not that difficult to understand, is it? That which the Bible tells us to desist from, we must so desist.
The problem is that most of us do not read our own Bibles and do not WANT to read our own Bibles because we are NOT WILLING to stop doing the things WE like to do. We are not willing to become 100% obedient to the Word. And that is a choice we make. That is also one of the reasons why we think we can't live holy lives, because we really don’t WANT TO!
So where do we learn HOW to live such holy lives? In the Bible! We HAVE to start to READ our own Bibles and we must also ask the Holy Spirit to lead us into His truths concerning living holy lives. Then we must start to BE OBEDIENT to what we read because, remember:
“For we write NONE other things unto you, than what ye read or acknowledge; and I trust ye shall acknowledge even to the end…” (2 Corinthians 1:13)
So if I read:
“… (B)ut now you also put them all away: anger, wrath, malice, slander, and shameful speaking out of your mouth. Don't lie to one another, seeing that you have put off the old man with his doings, and have put on the new man, who is being renewed in knowledge after the image of his Creator…” (Colossians 3:8-10)
What does it mean other than EXACTLY what is written there? This means I must “put away”, yes, I must STOP my anger, wrath, malice, slander and shameful speaking. I must also STOP lying to people around me. If the Bible says…:
“Draw nigh to God, and he will draw nigh to you. Cleanse your hands, ye sinners; and purify your hearts, ye double minded.” (James 4:8)
Then it means that we must DRAW NEAR to God, it means we must CLEANSE our hands of sin and it means we must PURIFY our hearts! That’s what the Bible says, that’s what it means and THAT IS WHAT I MUST DO! In that way I will be becoming more and more holy. But if I feel I cannot do it in my own power, I must ensure that I ask the Holy Spirit to help me, because the Bible is clear:
"ASK, and it will be given you. Seek, and you will find. Knock, and it will be opened for you. For EVERYONE WHO ASKS RECEIVES. He who seeks finds. To him who knocks it will be opened.” (Matthew 7:7,8)
And
“I can do all things (including living holy) through Christ which strengtheneth me.” (Philippians 4:13)
Have you ASKED God to help you live a more holy life yet? But I repeat we can only enter into true victory regarding these things contained in the Bible, if we are in a personal relationship with Jesus Christ. So if you haven’t invited Him into your life yet, won't you do so now?
In this manner we will start to live more and more holy lives the way Jesus wants us to. However it is a daily process which becomes a way of life of falling and immediately standing up and eventually becoming more and more like our Lord Jesus Christ.
(Excerpt from book: “How do I do: What the Bible says?” – tiaan gildenhuys)
JESUS LEER ONS BID
Artikel Opskrifte
Kom ons wat gehoorsaam wíl wees, stap nou verder die pad saam met Jesus. Wat het Hy onder andere nog vir Sy dissipels geleer? Jesus het Sy dissipels ook geleer om te BID. Hoekom? Want dit is eerstens presies wat Hy self gereeld gedoen het, en tweedens is dit ons manier om met ons Hemelse Vader te kan kommunikeer.
“Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid .” (Lukas 5:16 )
“En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.” (Lukas 6:12 )
“ En die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het. En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na ‘n verlate plek en rus ‘n bietjie . Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie. En hulle het met die skuit vertrek na ‘n verlate plek in die eensaamheid .” (Markus 6:30 -32 )
Daarom, as ek en jy die pad met Jesus wil stap, moet ons onsself ook by tye in “verlate plekke” terugtrek om geestelik te rus en om te kan bid. Dit kan my kamer wees, my motor, my kantoor, of iewers op 'n berg. Soms sal ek agterkom dat “iets” my wakker maak in die middel van die nag en ek dan skielik aan 'n persoon dink. Wat is dit? Dit is die Heilige Gees wat wil hê dat ek in daardie nagtelike ure vir daardie persoon moet bid. Waarom, sal net die Here alleen in daardie oomblikke weet, maar dalk is dit omdat daardie persoon in doodsgevaar is, of worstel met God, of besig is met dinge wat hom van God kan wegtrek. As so iets gebeur, moet ek en jy net gehoorsaam wees en BID! En onthou asseblief dat gebed nie lang lyste hoogdrawende woorde is nie. Gebed is enkel en alleen bloot 'n gesprek met jou Hemelse Pappa. Sê gou vir my, hoe het jy gewoonlik met jou aardse pa gekommunikeer? Met baie hoogdrawende woorde? Nee, jy het in alledaagse omgangstaal met hom gepraat. Op dieselfde wyse mág ek met my Hemelse Pa kommunikeer. Kyk hoe mooi sê Jesus dit vir ons:
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde . En as julle bid, gebruik NIE ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene NIE, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word . Moet dan NIE soos hulle word NIE , want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.” (Mattheus 6:6-8 )
“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes , want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede . Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.” (Mattheus 23:14 )
Ek kan hier dus sien dat gebede nie altyd lang, uitgerekte goed hoef te wees nie. Dit moet ook nie 'n oor-en-oor herhaling van woorde wees wat niks sê nie. Jy het immers nie in jou gesprekke met jou aardse pa sommer dieselfde ding oor-en-oor gesê bloot as 'n ydele herhaling van woorde nie, want hy sou gedink het jy is nie lekker nie! Ons sien ook lang gebede kan soms net 'n skyn wees van heiligheid, soos Jesus die kerkleiers hierbo gewaarsku het. My gesprekke met my aardse pa was nie altyd lang gesprekke nie. Sommiges was korter as ander. Weer eens geld dieselfde in my gesprekke met my Hemelse Pa. Soms gaan ek Hom iets vra, soms gaan ek net vir Hom vertel hoe lief ek Hom het, soms gaan ek net op Sy skouer huil terwyl ek Hom toelaat om my teen Sy hemelse bors vas te druk. Baie kere mag ek net by Hom sit en hoef ek nie een enkele woord te sê nie, sodat Hy my in daardie tye mag koester, of van Sy kant af in my gedagtes met my kan praat.
Jesus leer ons verder dat ons só moet bid:
“ Só moet julle dan bid : Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Mattheus 6:9-13 )
Soos enigeen kan sien, is hierdie nie 'n ellelange gebed nie. Maar dit is beslis die kragtigste gebed wat enige mens óóit kán bid, en wat ooit opgeteken is. Dit is sekerlik ook die gebed wat oor die eeue die meeste bespreek, ontleed en wyd uitgelê is. Daarom gaan ek nie eens poog om nóg 'n uiteensetting daarvan te probeer gee, anders as dit wat daar staan nie. In hierdie gebed sien ons dat ons Vader, ons Pappa, wat in die Hemele is, hierdeur VEREER word, ons sien dat ons Hom moet VRA om Sy outoriteit (koninkryk) na ons toe te laat kom, ons sien dat ons ons WIL aan Hom moet onderwerp, sodat Hy vir ons kan voorsien in ons daaglikse behoeftes, ons sien dat Hy vir ons VERGIFNIS skenk, as ons andere vergewe, ons sien dat Hy ons NIE in die versoeking laat kom nie en dat Hy ons van die Satan en sy magte verlos. Hoekom? Omdat die “koninkryk”, die outoriteit, en die krag en die heerlikheid aan Hom alleen behoort. Wat is daar wat ons van die bose verlos? Die outoriteit wat ons in Christus het, soos ek vroeër reeds daaroor geskryf het. Maar sê nou ek weet regtig nie wat ek moet bid, of selfs wíl bid nie, omdat my omstandighede van so 'n aard is dat ek daardeur plat- of stomgeslaan is? Weet jy, in daardie gevalle het ons wonderlike Hemelse Pa óók reeds voorsiening gemaak om ons gebreke tegemoet te kom:
“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg WAT ons moet bid nie , MAAR die Gees SELF tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge . En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is , omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree .” (Romeine 8:26, 27 )
Halleluja! Wat 'n wonderlike, fantastiese, liefdevolle, genadige, barmhartige, en dierbare Hemelse Pappa het ons darem nie? 'n Pa wat lankal gewéét het dat Sy kinders soms nie gaan weet wát, of hóé, om te bid nie. En vóór die begin van tyd reeds maak Hy voorsiening daarvoor dat Sy Heilige Gees in sulke gevalle vír ons sal bid. En ek kan jou verseker die Heilige Gees bid nie sommer sulke hierjy gebedjies nie. Nee! Hy tree vir ons in met “onuitspreeklike sugtinge” , dit is sugtinge wat nie in woorde omgesit kan word nie, só diep en ernstig is dit. En hoe doen Hy dit? Sommer so op Sy eie manier? Nee! Hy tree vir ons in “ooreenkomstig die wil van God”, so ek hoef vir géén oomblik eens te twyfel dat daardie gebed dalk níé God se ore sou bereik nie. Daardie gebede wat die Heilige Gees namens ons bid, bereik 'n iedere en elk een beslis God se ore, aangesien dit juis dan gebid word volgens Sy soewereine wil, vir ons. Daardie gebede kan in géén “plafonne” vasslaan nie, want dit kom direk uit God se EIE hart uit, vir ons. Is dit nie fantasties nie?
Weet jy, liewe vriend, dit is lekker om sommer elke dag, en op enige plek, met ons Hemelse Pa te kan gesels. Terwyl ek in 'n lang ry staan en wag, of in my motor, of terwyl ek in die straat af stap, of terwyl ek rustig 'n koppie tee sit en drink. Want onthou, Hy is ook by elkeen van daardie plekke teenwoordig, en Hy wag net dat ons met Hom begin gesels, dan reageer Hy op ons gesprekke (gebede). Maar soos alles anders rondom die Here, reageer Hy nie altyd op dieselfde manier nie. Mense wil tog so graag hê omdat God hulle vriende se gebede op een spesifieke manier beantwoord het, Hy ook húlle gebede op presies dieselfde wyse moet beantwoord. God het egter 'n soewereine plan met elkeen van ons se lewens en Hy reageer op elke spesifieke gebed en elke spesifieke situasie uniek en soos Hý dit wil doen, in die lig van Sý planne, op daardie oomblik. So stel Hy dit self baie duidelik:
“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie , spreek die HERE . Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” (Jesaja 55:8, 9 )
Moet nooit vir God in 'n klein “gebedsblikkie” probeer druk onder die veronderstelling dat as jy só bid, Hy sús sal reageer nie. Eer en respekteer Hom vir die feit dat Hy God en Here is, dat Hy Almagtig is, dat Hy soewerein is, dat Hy ons mense vir Sy gebruik geskep het en dat Hy kan reageer op ons gebede soos Hy dit wil doen. En Hy sal altyd op ons gebede reageer op die wyse wat Hy weet vir ons die beste is, al dink óns nie altyd so nie. Onthou asseblief, liewe vriend, wanneer jy bid vir iets, mag God soms ook “nee” sê, presies soos wat jy soms vir jou kinders “nee” sê as hulle iets wil hê wat jy weet hulle nog nie gereed voor is nie.
(Uittreksel uit boek: “Kom stap die pad saam met Jesus” – tiaan gildenhuys)
How do I lead someone to the Lord?
Artikel Opskrifte
So many people always wonder whether THEY will be able to lead someone to the Lord, or whether it's even their job, or HOW they should go about to do this. As I have already quoted in the first chapter, the Bible states that we can read and acknowledge (understand) that which we read just as it is written. So, if the Holy Spirit does not reveal any further spiritual insight into any particular verse, I can read what that verse says, and I can do what it says, exactly the way it is written.
Let us start with the first question: "WHO must lead people to the Lord?"
Jesus spoke to His DISCIPLES and said:
"And Jesus came and spake unto THEM, saying, All power is given unto me in heaven and in earth. Go YE therefore, and teach all nations , baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost: Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you: and, lo, I am with you alway, even unto the end of the world. Amen." ( Matthew 28:18-20 )
No doubt here! Jesus gives His authority, His power, to His disciples to GO out and teach all nations about Him. This means nothing other than making those nations His disciples, His students. If you call yourself a disciple of the Lord, then that Great Commission is applicable to you to this day. "But is it not something that just the pastors, or preachers, or evangelists, or elders or deacons can do?" No, it isn't, it is an instruction to ALL His disciples. So, if you have given your heart and your life to our Lord, Jesus Christ, YOU are COMMISSIONED to lead other people to the Lord.
Second question: "WHAT must we do with those people?"
Jesus said:
"Go ye therefore, and TEACH all nations ."
Clearly, "all nations" means nothing other than ALL NATIONS, notwithstanding their race, color or creed. So we must teach all those nations to become disciples or students of Jesus Christ.
".baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost."
This very clear instruction and all that baptism entails, will be discussed in the following chapter.
".Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you ."
This means we, as His disciples, must teach those new disciples ALL the things He has commanded us to do.
Some of the things He commanded us from the Scriptures concerning eternal life, and receiving that eternal life are the following:
"But as many as RECEIVED him , to THEM gave he power to become the SONS of God, even to them that believe on his name." ( John 1:12 )
Yes, we must teach all nations to RECEIVE Him, after which they will also receive the power to become sons (children) of God. This is clearly something that every single individual must do for himself. Nobody can do it on somebody else's behalf. Your parents can't do it for you, your brother or sister can't, and neither can your friends or family.
But HOW do we RECEIVE Him and through that, eternal life?
"That if thou shalt CONFESS with thy mouth the Lord Jesus , and shalt BELIEVE in thine heart that God hath raised him from the dead, thou shalt be saved. For with the heart man believeth unto righteousness; and with the mouth confession is made unto salvation." ( Romans 10:9,10 )
Let us look at these verses, line upon line, in order to see what it really means.
"That if thou shalt CONFESS with thy MOUTH."
This means that we cannot see our religion as a "private" thing that cannot be talked about. No, we must SPEAK it with our mouths, we must TALK about it, and we must CONFESS it. What must we confess?
".the LORD JESUS,."
Yes! We must confess the one and only Lord and King, Jesus Christ!
".and shalt BELIEVE in thine HEART."
Then we must BELIEVE something in our hearts. What must we believe?
".that God hath RAISED him from the dead,."
We must believe that GOD HAS RAISED HIM FROM THE DEAD! This is the one and only thing that sets our religion apart from any other in the world. Our God is the only God on earth that had an only begotten son who was killed and then RAISED from the dead. No other religion in the world has a deity which was killed and then raised from the dead. That is why it is very important that we must believe that God has raised Him from the dead and we must confess this fact with our mouths. And what will be the result if we so believe and confess?
".thou SHALT be saved."
My belief and confession will result in my being saved! But if I look at the last part of this next sentence, I see that BOTH my believing in my heart and my confession with my mouth make up the grounds for righteousness and salvation.
"For with the HEART man BELIEVETH unto righteousness; and with the MOUTH CONFESSION is made unto salvation." ( Romans 10:9,10 )
So, keeping this very clear instruction in mind the question remains: "HOW DO I lead someone to the Lord, Jesus Christ?"
It is very easy. I have to lead such a person in a short prayer similar to the following:
"Our Heavenly Father, I CONFESS that I am a sinner. I understand that the Bible says if I confess my sin, You are true and righteous and that You will forgive my sins. So I confess all my wrong thoughts, wrong words and wrong deeds as sin and I ask you to please forgive me. I REPENT of all my sins Lord. Lord, I confirm that I BELIEVE that Jesus Christ came to earth and died on a cross for my sins. I also BELIEVE that You raised Him from the dead. So now I make a conscious decision to stop living in sin and to RECEIVE the Lord Jesus Christ as my Lord, my King, my Redeemer and my Savior. Thank You Lord Jesus that I know that I may now also be called a child of God. Amen."
It is as easy as that to lead someone to the Lord. Don't let anybody tell you it can't be that easy. The things of the gospel of Jesus Christ are exactly that easy! Even Jesus told us so:
"In that hour Jesus rejoiced in spirit, and said, I thank thee, O Father, Lord of heaven and earth, that thou hast hid these things from the wise and prudent, and hast revealed them unto babes: even so, Father; for so it seemed good in thy sight ." ( Luke 10:21 )
Do you see? God has HIDDEN these things from the "wise and prudent", and has revealed them to "babes", to little children, including "little children" in faith. So clearly the things of the gospel are actually very easy to understand. We must just become like little children concerning all these things.
"And Jesus called a little child unto him, and set him in the midst of them, And said, Verily I say unto you, EXCEPT ye be converted (changed) , and BECOME AS LITTLE CHILDREN, ye shall not enter into the kingdom of heaven. Whosoever therefore shall humble himself as this little child, the same is greatest in the kingdom of heaven." ( Matthew 18:2-4 )
Yes my friend, if you are a disciple of our Lord Jesus Christ, YOU can also lead sinners to the Lord. Please go and do so because Jesus' following words reverberate to this day and are still just as true:
"Then saith he unto his disciples, The harvest truly is plenteous, but the labourers are few; Pray ye therefore the Lord of the harvest, that he will send forth labourers into his harvest." ( Matthew 9:37,38 )
Go work in the harvest as God's labourer my friend!
(From the book: "How do I do: What the Bible says?" - by tiaan gildenhuys)
JESUS CHRISTUS IS DIE GENEESHEER
Artikel Opskrifte
Jesus spoke to His DISCIPLES and said:
"And Jesus came and spake unto THEM, saying, All power is given unto me in heaven and in earth. Go YE therefore, and teach all nations, baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost: Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you: and, lo, I am with you alway, even unto the end of the world. Amen."
(Matthew 28:18-20).
"Ons lees in Lukas 4:38, 39 hoe Jesus Simon se skoonmoeder genees deur die koors wat sy gehad het, te bestraf. Daarna bring die mense van heinde en verre die siekes na Hom toe vir genesing. Met baie liefde en geduld het Hy hulle "EEN VIR EEN" die hande opgelê en hulle gesond gemaak. Kan ons iewers probeer vasstel wat was werklik Sy wil rondom siekes en hulle genesing? Kom ons lees die woorde van Mattheus 8:1-3 :
"En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg; en daar het 'n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, AS U WIL , kan U my reinig . Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: EK WIL ; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig."
Sjoe! Dit is darem maar baie duidelik uit hierdie paar teksverse wat Jesus se wil rondom genesing is. Verseker wil Hy ons nie siek maak of siek hê nie! En moenie die leuen glo wat sê dat Jesus se wil net op daardie oomblik op daardie spesifieke melaatse man van toepassing was nie. Al die dinge wat in die Bybel geskryf is, is daar geskryf as bevestiging vir ons dat die enkele aangetekende gevalle riglyne is vir ons, dwarsdeur die wêreld, en oor die spektrum van tyd. Die Bybel kon nie alles vervat wat Jesus gedoen het nie, en daarom is net sekere riglyne vir ons neergepen. Kyk hoe duidelik is die Bybel oor hierdie aspek:
"En daar is nog BAIE ANDER DINGE wat Jesus alles gedoen het ; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie . Amen." ( Johannes 21:25 )
So, ek glo dat Jesus nog BAIE ANDER KERE vir mense gesê het: "EK WIL, word gereinig!" , maar omdat dit reeds in hierdie een geval neergepen was, is dit in die Bybel vervat as genoegsame bevestiging aan ons hieroor. Nee, die "siek maak"- deel doen die duiwel en sy geeste met baie geesdrif, en dan veroorsaak húlle sommer ook dat ons God daarvoor blameer. Hoe weet ek dit is nie God wat siek maak nie? Ek lees een van die eerste beloftes van God in die Bybel:
"As jy getrou na die stem van die HERE jou God LUISTER en DOEN wat reg is in sy oë, en LUISTER na sy gebooie en al sy insettinge HOU , dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou GESOND MAAK ." ( Eksodus 15:26 )
Hier staan nie dat God die God is wat ons SIEK maak nie, maar wel dat Hy die een is wat ons GESOND maak! Daar is egter wel 'n paar voorwaardes aan gekoppel, sien ek. As ons GETROU na Sy stem LUISTER en ons DOEN wat Hy sê reg is en ons HOU Sy insettinge, sal geeneen van die wêreld se siektes ons tref nie. Luister ons dus nie getrou na Sy stem nie, en ons doen nie wat reg is nie en ons hou nie Sy insettinge nie, sal daar wel siektes ons tref. Hoekom? Want dan is ONS ONGEHOORSAAM aan Sy Woord. En as ons ongehoorsaam is aan Sy Woord, aan wie is ons gehoorsaam? Aan niemand anders as Satan homself nie! En dan mag hy en sy bose geeste met hulle volle wapenarsenaal van siektes op my neerdaal, want my gehoorsaamheid aan hóm géé hom daardie volle, wettige reg. Onthou, liewe vriend, daar is net TWEE koninkryke op aarde, die koninkryk van LIG (van God) en die koninkryk van DUISTERNIS (van Satan). Is ek géhoorsaam aan die één, is ek óngehoorsaam aan die ander een, met élke besluit wat ek elke dag van my lewe neem. Met elke besluit, bevind ek my óf in die koninkryk van LIG, óf in die koninkryk van DUISTERNIS. Die KEUSE bly dus te alle tye net myne.
Waarom gebeur dit SOMS dat mense nie genees nie, terwyl daar oor en oor vir hulle gebid word?
"En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met 'n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak ." ( Mattheus 8:16 )
"En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf ." ( Markus 3:14, 15 )
"En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste , en aan baie blindes die gesig geskenk. " ( Lukas 7:21 )
Uit hierdie teksverse is dit vir my duidelik dat Jesus en Sy dissipels vele kere mense genees het, en demone uitgedryf het, óf die bose geeste uitgedryf het, en die siekes genees het. Uit eie ondervinding weet ek ook dat dit SOMS nodig is om éérs 'n bose gees van onvergewensgesindheid, of bitterheid, of rebellie, uit te dryf, vóórdat genesing kan deurkom. (Let mooi op, ek gebruik die woord: "SOMS", aangesien dit nie altyd so op almal van toepassing is nie.) Ek is dalk bitter teenoor my broer, wat tien jaar terug my erfporsie "gesteel" het, of ek kan nou nog nie my suster vergewe omdat sy my ma sleg behandel het nie, of ek is na jare steeds in opstand teen die persoon wat my besigheid vernietig het. Jy sien, daardie bose geeste van bitterheid, onvergifnis en rebellie, gee soms 'n wettige reg aan die gees van krankheid in my liggaam. Hoekom? Want ek is vanweë die onvergewensgesindheid en/of bitterheid en/of rebellie in my lewe, ONGEHOORSAAM aan die Bybel, want Jesus sê by herhaling ons moet vryspreek en vergewe en géén bitterheid of opstand in ons harte toelaat nie. Deur aan Hóm óngehoorsaam te wees is ek dus géhoorsaam aan Satan en het hy en sy geeste volle reg in my liggaam! Dan help dit nie vir my om ongeduldig of kwaad te raak vir God omdat Hý my nie gesond maak nie, die oorsaak lê in sulke gevalle eenhonderd persent voor my eie deur. Ons is immers lankal deur Jesus gewaarsku:
"Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as JULLE die mense HULLE oortredinge NIE vergewe NIE, sal julle VADER JULLE oortredinge ook NIE vergewe NIE ." ( Mattheus 6:14, 15 )
So sien ons dat Jesus vir die man by die bad van Betésda die volgende sê nadat Hy hom genees het:
"Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; MOENIE meer sondig NIE , sodat daar nie iets ERGERS met jou gebeur nie ." ( Johannes 5:14 )
Hoekom sê Jesus dit vir daardie man? Want daar kan dalk erger dinge met hom gebeur as hy aanhou sondig, deur byvoorbeeld onvergifnis, bitterheid, rebellie, of enige ander sonde in sy lewe aan te hou toe te laat, en Satan en sy bose geeste deur sy aanhoudende sonde volle reg kry op sy liggaam. Soos ek reeds gesê het, word ek dalk net al hoe sieker en sieker omdat ek weier om my suster te vergewe wat my dertig jaar terug seergemaak het, of omdat ek weier om my broer te vergwe wat tien jaar terug my erfporsie "gesteel" het. Óf my pa wat my as klein kindjie weggegooi het en my nooit weer probeer kontak het nie. Ek is nou nog in opstand (rebellie) teen hom of haar en is nou nog bitter daaroor, en daardie opstand en bitterheid gee FISIES vatplek aan die gees van krankheid in my liggaam. "O, maar Tiaan, ek hét lankal al my broer vrygespreek en vergewe. Ek laat hom net nie toe om in my huis te kom nie!" Ek is jammer, my vriend, maar dan het jy hom nog glád nie vergewe nie.
Daardie argument van jou is amper dieselfde as wat Jesus sou sê: "Tiaan, ek vergewe jou vir jou sondes wat my aan die kruis laat verbrysel het, ja, ek vergewe jou vir die spykers in my hande, maar Tiaan, ek kom nooit weer in jou huis nie." Is dít die tipe argument wat Jesus sou gebruik, of is dit die tipe vergifnis wat Hy sou uitdeel? Nee! Dit is nie! Sy vergifnis is ONVOORWAARDELIK! En daarom moet ek seker maak dat ek nie allerhande "self"-regverdigende argumente opmaak ten opsigte van die mense wat ék moet vergewe of vryspreek nie. Ek moet seker maak dat my vergifnis van my broer / suster / pa / ma / kollega diep en opreg vanuit my HART kom, en dat dit nie bloot net lippetaal is nie. Anders is dit eenvoudig nie vergifnis nie.
Hoe weet ek krankheid is soms 'n bose gees wat eers uitgedryf moet word voordat genesing kan plaasvind? Want Jesus praat self daarvan in die Bybel.
"En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. En daar was 'n vrou wat 'n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het , en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. Maar hierdie vrou wat 'n dogter van Abraham is, wat die Satan-dink daaraan! -agttien jaar lank gebind het , moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?" ( Lukas 13:10-16 )
Hieruit is dit baie duidelik dat Christene - "verbondskinders" van Abraham - óók deur Satan gebind kan word met bose geeste van krankheid, selfs al woon hulle gereeld kerkdienste by. Hoeveel keer is daar nie dalk in daardie agtien jaar vir daardie vrou gebid in daardie sinagoge nie? As ek dalk tans so siek is en nie kan genees nie, ongeag dat daar reeds vele kere vir my gebid is, én my dokters kry geen mediese oorsaak vir my siekte nie, is dit dus baie belangrik dat ek myself sal ondersoek om vas te stel of ek nie dalk nog wrokke koester teen persone in my verlede, wat veroorsaak dat ekself daardeur aan die gees van krankheid 'n wettige reg in my lewe gegee het nie. Dan moet ek daardie onvergifnis, bitterheid of rebellie bely, dit laat staan, behoorlik en uit my hart uit vryspreek en daardie geeste wegjaag, insluitend die gees van krankheid! Ek dink hieruit is dit duidelik dat Satan die een is wat ons wil siekmaak. En omdat ons so baie kere ongehoorsaam is aan God se Woord, en ongehoorsaam is aan die woorde van Eksodus 15:26 wat ek hierbo aangehaal het, en nie doen wat reg is in Sy oë nie, en nie Sy insettinge hou nie, word ons soms wel so siek deurdat Satan deur ons ongehoorsaamheid aan God se Woord 'n oop visier op ons het.
Maar kom ons kyk verder wat is die beloftes van God in Sy Woord rondom genesing.
"Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde HET daar vir ons genesing gekom ." ( Jesaja 53:5 )
Fantasties! Kyk net hoe duidelik staan daar dat deur Jesus se wonde daar rééds vir ons genesing gekom HET. Ek het dus géén twyfel in my gemoed dat Jesus se wonderlike hart is dat ons wel sál genees nie. So lees ons byvoorbeeld ook in Psalm 103:2-5 :
"Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat AL jou krankhede genees , wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend."
Daar is tog geen twyfel in enigiemand se gemoed dat die woordjie: "AL" in hierdie teksverse enigiets anders kan beteken as presies wat daar staan nie. Oor en oor lees ons in die Bybel dat Jesus die siekes genees het. In Hoofstuk 7 het ek reeds verwys daarna dat Hy presies daardie opdrag ook aan óns, as Sy dissipels, gegee het. As ek en jy die pad saam met Jesus wil stap, het ons dus geen ander opsie as om ook te begin bid vir die siekes rondom ons nie, en om hulle te help om los te kom van Satan en sy bose geeste wat hulle wil siek maak nie. Dit help nie ons probeer die argument gebruik dat Goddelike genesing net vir Jesus en Sy apostels se tyd was, en dat dit nie in vandag se tye gebeur nie. Ongelukkig is dit so baie kere van ons wêreld se geestelike leiers wat so sê en sodoende twyfel in mense se gemoedere saai. Net soos wat die geestelike leiers van Jesus se tyd heeltyd twyfel in hulle mense se gemoedere probeer saai het. Maar het jy geweet Hy was so wonderlik om selfs van daardie twyfelende geestelike leiers te genees? Regtig? Ja, regtig, as ons na die volgende teksvers kyk:
"En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om HULLE te genees ." ( Lukas 5:17 )
Kyk mooi, daar was krag van die Here om selfs die twyfelende geestelike leiers te genees! Net so weet ek is daar vandag baie twyfelende geestelike leiers wat eers nie geglo het in Goddelike genesing in vandag se tyd nie, maar wat ook deur God aangeraak en genees is en daarna wonderlike getuies geword het vir Sy genesende krag - vandag nog! Van hulle ken ek persoonlik. Hoekom sal Jesus vandag anders optree as gister, veral as ek wéér kyk na die woorde van Hebreërs 13:8?
" Jesus Christus is GISTER en VANDAG dieselfde en TOT IN EWIGHEID."
Baie duidelik dus, as dit gister Jesus se wil was dat ons sal genees en self siekes moet gesondmaak, is dit beslis vandag nog Sy wil, en sal dit tot in alle ewigheid Sy wil wees. Jesus kán nie verander nie, Hy wíl nie verander nie, en Hy sál ook nie verander nie. Hy is ewig en Hy is getrou aan Sy eie Woord.
"Want Ek, die HERE, het NIE verander NIE ." ( Maleagi 3:6 )
Jy sien, as God ons nie werklik WOU gesond maak nie, beteken dit dat elke dokter, verpleegster, apteker, apteek en hospitaal vandag in rebellie is teen God. Dan beteken dit dat Jesus Homself in opstand was teen God deur al daardie mense te genees. Vriend, God het nog nooit verander nie, en Sy wil om ons te genees, het dus ook nie verander nie."
(Uittreksel uit die boek: "Kom stap die pad saam met Jesus" - tiaan gildenhuys)
Kyk ek na mense, of na die Here?
Artikel Opskrifte
"Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God?
Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek,
sou ek geen dienaar van Christus wees nie."
(Galasiërs 1:10).
Ons mensdom het tog so gewoond geraak daaraan om mense te probeer tevrede stel,
of om mense se guns te soek, ons mis die bogemelde waarskuwing in die Bybel
totaal. As ek heeltyd net op mense ingestel is, loop ek die gevaar dat God
eendag vir my ook gaan sê: "Jy was geen dienaar van Christus (My) nie, want
jy het net heeltyd na die mense om jou gekyk, of net mense se guns gesoek, gaan weg
van My af, jy wat die ongeregtigheid gewerk het."
Wat bedoel ek met:
"net heeltyd op mense ingestel is" ? Maklik! Is
dit nie so dat ons heeltyd loop en kyk of ANDER mense 'n sukses of 'n mislukking
maak nie? "Kyk nou net wat doen Jannie al weer! En hy sê hy is 'n
Christen! As 'n Christen só optree, wil ék eerder nie een wees
nie." Klink dit bekend? Kom, wees nou eerlik, het jy dalk self al so
gesê of so gedink? Of wat van hierdie een: "Pietie sê hy is 'n
Christen, maar hy het my ingedoen in my besigheid. Nou wil ek niks meer met
enige Christene te doen hê nie!" Dít is die menslike reaksie,
maar wat sê God vir ons in die Bybel? "Moenie op mense staatmaak nie; hulle
blaas so maklik die laaste asem uit. Hulle is min werd." (Jesaja 2:22)
"Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here
te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou." (Psalm 118:8,9)
".(W)ant hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word, as deur God."
(Johannes 12:43) .
Het jy geweet dat elkeen van ons eendag voor God se regterstoel gaan verskyn?
Alleen? En het jy geweet Jannie en Pietie gaan dan nie daar wees om agter te
skuil nie? En as jy dán die argument wil gebruik dat Jannie of Pietie se
optrede jou weerhou het daarvan om 'n keuse vir God te maak en gehoorsaam te wees aan
Sy opdragte in die Bybel, gaan God vir jou sê: "Het jy nie geweet dit het nie oor
Jannie se optrede, of jou en Pietie gegaan nie? Het jy nie geweet dit het oor My
en jou gegaan nie, oor 'n persoonlike verhouding tussen My en jou nie?" En wat
gaan jy op daardie oomblik die groot en almagtige drie-enige God antwoord? Onthou,
Pietie of Jannie, en dit wat hulle hier op aarde gedoen het, gaan dan nie daar wees nie,
net jy en jy alleen. En lees gerus self vanaand in jou Bybel Romeine 1:18-21 as jy dink
jy sal jou in daardie oomblik kan verontskuldig voor God.
Liewe vriend of vriendin, by wie skuil jy vandag? By mense, of by God?
"By God," sê jy, "natuurlik, hoe dan anders!" Regtig? In daardie geval, hoekom
verlustig ons onsself so gou daarin as dit met iemand anders sleg gaan,
(hetsy in die geestelike wêreld, óf in die materiële) veral as dit
dalk iemand is van wie ek nie hou nie? Hoekom is ons dan so gou om agter ons
hande te praat oor daardie persoon, met ander woorde, om oor hom of haar te skinder?
Dink jy so 'n optrede dra God se goedkeuring weg? Deur wie wil JY eerder geëer word,
deur mense, of deur God? Indien jy WERKLIK deur God geëer wil word, en ernstig is oor jou
persoonlike verhouding met Hom, weet ek jy sal dan glad nie meer kyk na wat Jannie, of Kosie of
Sannie gesê of gedoen het nie, of hulle nou kinders van God is of nie. En of hulle
nou in 'n tradisionele kerk is, of nie! Want jy sien, die liefde van Jesus dring 'n mens om ander
mense om jou lief te hê: ".soos jouself." Soos Jesus ons liefgehad het. Hoe is
dit? Hy het vir ons gesterf!
In plaas daarvan om so 'n persoon, met wie dit dalk tydelik sleg gaan, of wat dalk 'n menslike
fout begaan het, om watter rede ookal, sleg te sê, of agter sy rug oor hom of haar te skinder,
sal die Gees van God jou dan dring om onmiddellik op jou knieë te gaan en vir daardie persoon
te begin bid. Jy sal dan bid dat God daardie persoon sal optel, sal ophef uit sy of haar
probleme, en hom of haar oorvloediglik sal seën. Dít is die karaktereienskappe
van God se kinders. Die feit dat hulle vir ander mense om hulle kan bid, al gaan dit met hulle
self sleg. Die feit dat hulle ander mense kan bemoedig, al is hulle eie lewe soms deurmekaar.
Die feit dat hulle die vrug van die Gees, soos na verwys in Galasiërs 5:22 , naamlik: liefde,
vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing,
in hulle daaglikse omgang met mense (nie net Sondae nie) wys en uitleef! VERAL ook in die
besigheidswêreld!
'n Ware kind van God kan liefde betoon, al word hy self deur mense verag. Hy kan vreugde ervaar
en uitleef, al is dinge rondom hom in chaos, want sy vreugde is nie 'n menslike vreugde nie, maar van
God self af. Hy ervaar vrede, daardie vrede waarvan Filippense 4:7 praat, selfs al is hy in 'n
oorlogsituasie gewikkel. Hy is geduldig, al word hy getreiter. Hy is vriendelik, goedhartig en
getrou, al word hy gespot, verneder en/of verkleineer. Hy is nederig, soos wat Jesus nederig was,
en hy beofen selfbeheersing, al word hy intens geïrriteer. Maak dit hom 'n supermens?
Glad nie, want ware kinders van God struikel en val ook baie keer. Maar ware kinders van God staan
elke keer weer op, net om STERKER in sy geloof anderkant uit te kom, en volgende keer twee keer harder
te probeer om die vrug van die Gees uit te leef SOOS GOD WIL Hê hy dit moet doen! Nie soos
wat MENSE van hom verwag nie!
Stel jy nog jou vertroue in mense? Kyk dan net wat sê God self, in Jeremia 17:5 & 7 : "So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag
soek by sterflike mense en van My af wegdraai.Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die
Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is." In wie is jou vertroue vandag?
In jou werkgewer, jou man, jou vrou, jou predikant, jou pastoor, jou kerk, jou kerkraad?
Of is jou vertroue in die Here? So jubel Dawid dit uit in Psalm 56:11,12 : "In God, wie se
woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n mens aan my
doen?" En hoe duidelik sê Spreuke 29:25 dit nie in die volgende woorde: "As jy vir
mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue op die Here stel, is jy veilig."
Liewe mens, kom ons hou op om ons oog op die MENS om ons gevestig te hou. En moet asseblief
nie die argument gebruik dat ons na ander mense om ons móét kyk, sodat ons kan leer
om nie dieselfde foute as hulle te maak nie! Dit is nie wat God van ons verwag nie.
God verwag van ons om met Hom 'n persoonlike verhouding te hê, en om ons naaste lief te hê
soos onsself. Deur heeltyd 'n kritiese oog op ons naaste te hou, is ons ONGEHOORSAAM aan God se groot
gebod van die LIEFDE. Onthou, omdat hulle ook net mense is, kan predikante, pastore en
enigiemand anders, wat ook kinders van God is, struikel. Maar as ek my oog en my vertroue
op God stel, gaan Hy my leer om daardie kind wat gestruikel het en dalk selfs geval het, in liefde
op te tel, soos wat Hy dit self ook doen. HY gaan my leer om na binne toe te kyk ten einde vas
te stel of dit nie dalk EK is wat eers moet verander nie.
Hoekom dink jy is Matteus 7:3-5 in die Bybel ingeskryf, naamlik: "Waarom sien jy die splinter raak
wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie " Of hoe kan jy
vir jou broer sê: 'Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal', en intussen is daar 'n balk
in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan
sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal." Jesus Christus het hierdie waarskuwing juis
gerig aan elkeen van ons, vandag nog, wat so gou geneig is om ANDER mense te takseer, maar na my eie
binneste, hier díép binne, weier ek om intens eerlik na te kyk. Kom ons leer by
God om altyd EERS na my eie binneste te kyk, om EERS die balk uit my eie oog uit te haal,
vóórdat ek 'n vinger wys na enigiemand anders. Of, net soos Jesus die uitdaging
aan daardie tyd se skrifgeleerdes en Fariseërs gerig het wat die vrou op owerspel betrap het,
rig hy dit ook aan ons vandag: "Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op
haar/(hom) gooi." (Lukas 8:7) .
En ek weet dat ek weet dat ek weet, dat, sodra ek aan Hom gehoorsaam is en eers die balk uit my eie
oog haal, ons wonderlike God en Pappa dan breed vir ons glimlag en sê: "Mooi so, goeie en
getroue dienskneg."
tiaan gildenhuys - 09/09/2001
Hoe spesiaal is ek vir God?
Artikel Opskrifte
"As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en sterre wat U toeberei het -
wat is die mensekind dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
U het hom weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gestel."
(Psalm 8:4-7) .
Hoe is dit moontlik dat ek nog enigsens kan dink ek is 'n klein, nietige, onbelangrike wurmpie,
terwyl hierdie teksvers so duidelik en ondubbelsinnig is? Ek en jy is baie, baie spesiaal
vir God, al probeer die wêreld op so baie wyses en in so baie vorme vir ons die teendeel
bewys. Van kleins af hoor baie van ons by ons ouers, ons onderwysers en ons kerkmense hoe min
ons werklik beteken, en hoe nietig ons werklik in God se oë sou wees. Wat 'n hartseer
leuen!
Hoor net wat sê Hy self in Jesaja 49:15-16 oor my en jou: " Kan 'n vrou haar suigling
vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou
vergeet, nogtans sal Ek jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer, jou mure is gedurig voor my." Was jy al ooit so lief vir enigiemand dat
jy sy of haar naam in jou handpalms gegraveer het? Wel, God sê Hy
doen dit - met my en jou! Is dit nie fantasties om te besef dat jou naam
in die Here se handpalms verewig is nie, mits jy natuurlik wedergebore is? Hy
sê dit sal makliker wees vir 'n moeder om haar baba te vergeet, as wat dit
vir Hom is om jou en my te vergeet. Ek dink ons weet elkeen dat 'n moeder haar
baba sal beskerm met alles wat in haar is - hoeveel te meer dan God, die Vader, Seun
en Heilige Gees?
"Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van
God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo..." (Johannes 1:12) Sien jy,
ons het die "reg" om kinders van God te word, maar daar is 'n voorwaarde aan
gekoppel. Ons moet Hom eers aanneem en in Sy Naam glo. Ons moet eers in
'n persoonlike verhouding met Hom ingaan!
Die Here sê selfs dat Sy ingewande oor ons in beroering is. Glo jy my
nie? Kom ons kyk na die woorde van Jeremia 31:20: "Is Efraim vir My 'n
dierbare seun of 'n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek,
dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal
my sekerlik oor hom ontferm, sê die Here." Is dit nie wonderlik
nie? Om te dink die groot en almagtige God raak OPGEWONDE oor jou en my!
Daarom wil Hy nie hê dat enigeen moet verlore gaan nie. "Want so lief het
God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat ELKEEN
(wit of swart) wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan
hê." (Johannes 3:16) .
Kom ons hou dus op om onsself, ons kinders, of die mense rondom ons te verkleineer,
te verneder of sleg te sê. Hoekom? Want God sê Hy het ons
'n weinig minder gemaak as 'n "goddelike wese". En gaan ons terug na die
oorspronklike Hebreeuse teks, sien ons dat die woord waarmee "goddelike wese"
vertaal is, is "El-Ohim". En gaan ons terug na Genesis 1:1 ook in die
oorspronklike taal, sien ons daar staan: "In die begin het "El-Ohim" (God) die hemel
en die aarde geskape." Wat sien ons dus? Dit beteken die Psalmis jubel
dit uit dat God ons in werklikheid net 'n weinig minder gemaak het as Hom self!
Is dit nie ook 'n wonderlike, ontsag- en eerbiedwekkende, fantástiese wete
nie? Dat so 'n Almagtige, alomteenwoordige, liefdevolle God ons, gewone mensies,
net 'n klein bietjie minder gemaak het as Hy self! Wonderlik!!!
Dit gee ons egter geen rede om enigsens hoogmoedig te raak daaroor nie. Inteendeel,
dit moet by ons 'n diepe, eerbiedige en nederige aanbidding en lofprysing tot stand bring.
'n Eerbied en ontsag vir hierdie groot en wonderlike drie-enige God wat elkeen van ons voor
ons geboorte al gekies het. Kyk net hoe mooi stel Dawid dit in Psalm 139:13-15 :
"Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is U werke!
En my siel weet dit alte goed. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim
gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde." Wat is ék dus vir God?
"Wonderbaar"! Het jy al mooi gedink hoe spesiaal God jou gemaak het, liewe vriend?
Nét jy het daardie presiese vingerafdrukke aan jou vingerpunte, nét jy het
presies daardie kleur, of krul, in jou hare, nét jy het so 'n skewe linker groottoon,
nét jy het daardie spesifieke wipneus, nét jy het daardie geboortevlek op jou
regterarm. Daar is op hierdie hele wonderlike aarde net EEN soos JY! En God het jou
"kunstig geweef" in jou moeder se skoot! Dink net daaraan dat jy selfs 'n kampioen
swemmer was nog lank voordat jy gebore is - want net één spermsel uit miljoene
kon daarin slaag om die eiersel te bevrug wat jóú voortgebring het!
En hierdie wonderlike God sê Hy het jou en my name in Sy handpalms gegraveer,
vir ewig op Sy handpalms ingeprent! Liewe mens, as jy nog nie tot die besef
gekom het hoe spesiaal jy vir God is nie, en as jou gedagtes van jou "nutteloosheid"
in mense se oë jou nog weghou van jou wedergeboorte en 'n persoonlike verhouding
van God af, gaan lees asseblief weer die bogemelde teksverse in jou eie Bybel, en vra
God om sélf Sy liefde aan jou te openbaar. Vra in 'n kort, eerlike gebed
vir die Here om jou te vergewe vir alles wat jy in die verlede verkeerd gedoen, of van
jouself verkeerd gedink het, en aanvaar Sy wonderlike vergifnis. Begin dan om elke
dag te wandel in daardie fantastiese wete van hoe spesiaal JY vir HOM is. Moenie
toelaat dat die satan deur die mond van ENIGE mens jou weer probeer wysmaak dat jy nie
vir God spesiaal is nie. Dit is 'n leuen van die satan!
tiaan gildenhuys - 13/09/2001
Mag ek oordeel?
Artikel Opskrifte
" Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die
oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet,
sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou
broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?" (Mattheus 7:1-3)
En tog is ons mense so vinnig om mekaar te oordeel nê? Maar waarom is dit dan altyd
soveel makliker om die "splinter" in ander mense se oë raak te sien, terwyl die "balk"
in my eie oog amper my sig heeltemal verhinder? Is dit omdat dit makliker is om dan ons eie
geraamtes in die kas weg te steek, deur so op ANDER se foute te konsentreer? En ander dan
te bespreek, te oordeel of af te maak, want dan voel ons soveel beter oor onsself, want MY
foute is dan mos so mooi weggesteek! My foute is dan mos nie onder die soeklig nie,
maar wel daardie ánder persoon s'n!
Maar wen ons enigiets daardeur? Nee, want Jesus sê baie duidelik: "Geveinsde, haal
EERS die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van
jou broeder uit te haal." ( Mattheus 7:5 ) Wat is 'n "geveinsde"? Dis 'n LEUENAAR!
Nou maar hoekom noem Jesus my 'n leuenaar omdat ek nie eers die balk uit my eie oog wil uithaal
nie? Juis omdat ek daardeur probeer ontken dat ek sélf ook foute het, wat God tog
baie duidelik weet ELKEEN van ons sommer báíe van het!
Hoe weet Jesus dit? Want Hy toets ons gesindheid! Hy sien (in) ons harte, soos die
Bybel dit as 'n baie duidelike FEIT sê: ".(S)ou God dit nie naspeur nie? Want Hy
KEN DIE GEHEIME VAN DIE HART. " ( Psalm 44:22 ) en ook in Spreuke 21:2: "Elke weg van 'n
mens is reg in sy oë, MAAR DIE HERE TOETS DIE HARTE. " Ek kan dus maar doen net
wat ek wil, ek kan na ánder mense kyk, ek kan oor húlle foute lag, of oor húlle
optredes skinder, maar dit vat nie die feit weg dat God ONS foute ken en in ONS harte sien nie!
En is HY tevrede oor die feit dat óns ANDER mense se foute oordeel of veroordeel?
Baie beslis nie, as ek kyk na die woorde van die Bybel in Romeine 2:1: "Daarom is jy, o mens wat
oordeel, wie jy ook mag wees, SONDER VERONTSKULDIGING ; want waarin jy 'n ander oordeel,
veroordeel jy jouself; want JY wat oordeel, DOEN DIESELFDE DINGE. "
"Maar EK was nog nooit in 'n owerspelige verhouding soos Sannie en Koos nie!" Miskien nie vriend,
maar het jy nog nooit eens na 'n ander vrou "gekyk" nie? En wat sê Jesus dáá
roor? "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer,
rééds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het." ( Mattheus 5:28 )
Oepsie! "Maar Pieter het hom soos 'n idioot gedra in daardie situasie en ek wil hê
hy en ander mense moet dit weet. 'n Mens tree eenvoudig nie só op nie, man!"
Dis wat JY sê ja, maar wat sê Jesus? ".en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet
verantwoording doen in die helse vuur!" ( Mattheus 5:22b ) Eina!
Dit is vir my dus baie duidelik dat ek nie ander mense mag oordeel vir wat hulle doen nie,
want daardeur gaan God my self oordeel vir MY dade, vir daardie geraamtetjies wat ek so
lekker diep in my eie kas PROBEER wegsteek. In plaas daarvan wil Hy hê ons moet
dit álles voor Hom bely en dit aflê, in welke geval Hy in die Bybel by nie minder
nie as vier geleenthede sê dat Hy dan ons sondes en ongeregtighede van ons verwyder en
NOOIT weer daaraan dink nie! En Hy wil NIE hê ons moet verder oor ander mense
oordeel nie, wat hulle ookal mag doen. Want ons het GEEN reg daartoe nie!
Maar wag, sluit daardie opdrag in dat ons nie iemand wat 'n "gelowige" is, en God se gebooie
in die Bybel oortree, mag aanspreek nie, omdat ons bang is dat ons daardie persoon dalk
oordeel? Nee, ook hieroor is die Bybel self baie duidelik. Kom ons kyk eerstens na
1 Korintiërs 5:11: "Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand
wat homself 'n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of 'n afgodsdienaar of
kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens
saam eet nie." Of die woorde van 2 Tessalonisense 3:6: "Ons beveel julle, broers,
in die Naam van ons Here Jesus Christus: Onttrek julle aan elke broer wat leeglê
en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie." Wat sê
dít vir ons?
Dit sê vir my ons, wat self wedergebore Christene is, het wel die reg om mense wat
hulleself "Christene" noem, maar steeds ongehoorsaam is aan die Bybel, selfs af te sny!
Hoe kan dit dan wees? Dit is omdat Christene en/of kinders van God in hulle totale
menswees daarna moet streef en moet poog om gehoorsaam te wees aan God se Woord! En
wanneer so 'n kind van God, vanweë die feit dat hy nie luister nie, dan deur sy mede-broers
en -susters afgesny word, sal hy daardeur uiteindelik vir God vra hoekom dit so met hom gebeur,
in welke geval God hom op sy foute sal wys, wat daartoe sal lei dat hy hom op sy knieë sal
bevind, berou sal hê vir sy oortredinge, dit sal bely en aflê, in welke geval God
hom onmiddellik vergewe!
Vanuit die oorspronklike taal waarin 1 Korintiërs 5:11 geskryf is, blyk dit dat die:
"..met so iemand moet julle nie eens saam eet nie" , verwys na die "eet" van "nagmaal".
Met ander woorde, Jesus is baie ernstig daaroor dat mense wat hulleself so maklik as "Christene"
sien, 'n baie direkte opdrag het om gehoorsaam te wees aan God se Woord, by versuim waarvan hy
deur mede-Christene afgesny mag word sodat hy tot inkeer kan kom en kan terugkeer na God se
opdragte toe - soos dit vervat is in die HELE Bybel. Want jy sien, God se opdragte
is vervat in Genesis 1:1 TOT Openbaring 22:21 . Daar is NIKS wat ons mag uitlaat nie.
En één opdrag is: ONS MAG NIE OORDEEL NIE!
tiaan gildenhuys - 22/09/2001
Mens, waar is jy?
Artikel Opskrifte
"Toe roep die Here God na die mens en sê vir Hom: Waar is jy? "
(Genesis 3:9)
Jy het mos al voorheen hierdie teksvers gehoor en/of gelees nê? Dit is net nadat Adam en Eva in die Tuin van Eden van die boom van kennis van goed en kwaad geëet het en skielik besef het hulle is naak. Wat doen hulle toe? Hulle probeer vir God wegkruip agter die bome in die tuin! Daar is natuurlik geen twyfel dat die Here nie daardie vraag aan hulle gevra het omdat Hy hulle nie agter die bome van die tuin kon sien nie, want die almagtige God het presies geweet waar hulle was!
Nee, die vraag wat hy aan "die mens" gevra het, wat vandag my en jou insluit, was: "Waar is jy in die geesdimensie?" Geesdimensie? Ja, daardie dimensie, daardie "plek" waar God persoonlik elke oomblik van elke dag teenwoordig is, en waar Hy elke dag saam met Sy kinders (ons) in die tuin wil wandel. Dít is die vraag wat Hy vandag nog aan ons stel - wandel ek en jy in die Gees (van God), of wandel ons in die vlees/sondige natuur?
Maar hoe verstaan ek hierdie "geesdimensie"? Beslis nie met ons logika, verstand en/of rede nie! So lees ons in 1 Korintiërs 2:14-15: "Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie." Jy sien, solank ons die dinge van die Gees van God (Heilige Gees) as "onsin" gaan sien, gaan ons nie in die wonderlike geesdimensie van God kan inbeweeg nie. Die "geesdimensie" is iets wat ek begin ervaar sodra ek my hart vir die Here gee by wedergeboorte, soos Jesus daarna verwys het in Johannes 3:3-6 . Dit is 'n wonderlike werklikheid, maar een wat ek slegs kan ervaar met my "gees", met my hart! Vir my logika, verstand en rede sal dit "onsin" bly, todat ek dit self geestelik begin ervaar, waarná ook my logika, verstand en rede dan in lyn sal begin kom met die wonderlike geesdimensie en geestelike ervarings wat dit vir my meebring.
Daarteenoor staan die "vleesdimensie" en wat beteken dít? Dit is die "sondige natuur", waar die volgende dinge, wat my effektief van God af weghou, nog gedurig plaasvind, naamlik: onsedelikheid (bv. kyk ek pornografie op internet of in tydskrifte?), onreinheid, losbandigheid (bv. kuier ek soms by die "dames van die nag"?), afgodsdiens (bv. is my werk, my sport, my geld, vir my 'n afgod wat my persoonlike tyd met God steel en minder maak?), towery, vyandskap (bv. omdat iemand my ingedoen het in my besigheid, nou lewe ek in vyandskap met hom), haat (bv. enigiemand wat nie dieselfde velkleur as ek het nie), naywer (bv. omdat my buurman 'n groter huis, of swembad het as ek), woede (bv. vir alles wat die "onnosel regering" met ons land aanvang), rusies (bv. met my vrou, my skoonouers dag vir dag), verdeeldheid (bv. omdat iemand nie dieselfde politieke siening as ek het nie), skeuring, afguns, dronkenskap (bv. omdat ek by elke moontlike geleentheid soveel as moontlik drink saam met my "pêlle"), uitspattigheid (bv. wat gewoonlik voortvloei uit dronkenskap) - ALLES dinge van die "sondige natuur" volgens die Bybel in Galasiërs 5:19 .
En wat presies waarsku Galasiërs 5:20 ons oor daardie dinge? "Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal NIE die koninkryk van God as erfenis verkry NIE ." Eina! Gaan ek dus maar net eenvoudig daagliks aan om al die bogemelde dinge te doen, sal ek nie God se heerskappy, Sy koninkryk oor my lewe kan ervaar nie - nie totdat ek daarmee ophou nie! Maar hoekom het ek nodig om daarmee op te hou? Man, omdat dit 'n opdrag vanuit die Bybel is! Kom ons kyk in hierdie verband na Efesiërs 4:22-23: " HOU DAN OP om te lewe om te lewe soos julle vroeër gelewe het; BREEK met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes MOET nuut word ; lewe as nuwe mens wat as die beeld van God geskep is, lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."
Maar hoe doen ek dit? MAKLIK! Ek gee my hart vir die Here deur 'n eenvoudige gebed, en ek begin sy opdragte vanuit die Bybel gehoorsaam. As Hy sê hou op om daardie dinge te doen waarna Galasiërs 5:19 hierbo verwys, dan MOET ek dit doen! Hoekom so? Sodat ek God se wonderlike koninkryk kan binnegaan! Maar wie gaan my dan nou leer om dit rég te doen? My predikant, pastoor, kerk, ma, pa, vriend, vriendin? Ja, hulle kan ook help as hulle self elkeen 'n persoonlike verhouding met die lewende God het, maar die Bybel is hieroor ook baie duidelik, en wel in 1 Johannes 2:27 : "Wat julle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie . Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly." Fantasties! Wie sal my leer? God se Gees! En wat gaan dit tot gevolg hê as Hy my so leer? Ek gaan "in" die Seun, in Jesus Christus, bly! Ek gaan leer wat dit is om 'n persoonlike verhouding met die lewende God aan te knoop!
En waar gaan ek dan weer wees? Terúg in die geesdimensie wat God van die begin af geskep en bedoel het as 'n plek waar Hy, self, persoonlik, daagliks met ons kan wandel. In ons tuine, in ons motors, in ons kantore, in ons huise, ORALS! Want die geesdimensie, is orals. Moenie laat jou logika, verstand en rede jou vertel dat hierdie nou 'n klomp onsin is nie, asseblief! Vra God om ook jóú gees aan te skakel, dit oop te maak vir hierdie fantastiese waarheid.
Kom ons sluit af met die volgende baie duidelike woorde van 1 Korintiërs 1:18-20: "Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir díé wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: 'Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak' Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar is die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in Sy wysheid dat die wêreld NIE DEUR GELEERDHEID tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in Sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, díé te red wat glo."
Vriend, wat antwoord JY God vandag as Hy vir jou vra: "Mens, wáár is jy?" (in die geesdimensie). Want wees verseker, Hy vra dit beslis vir JOU, WIE jy ookal is, WAT jy ookal doen, en in WATTER kerk jy ookal aanbid, en maak nie saak hoe lank jy DINK jy Hom al ken nie! Sê jy ook sommer summier dis onsin? (Oppas dan net vir die waarskuwings in die Bybel!) Of is jy bereid om vir Hom te vra om ook die geesdimensie aan jóú te openbaar? Sodat jy ook 'n pad van persoonlike verhouding met Hom kan wandel! Waar jy kan WÉÉT (nie dínk nie) dat jy Hom ken!
Jy sien, vriend, dit is 'n keuse, en die keuse - IS JOUNE! Kruip jy nog agter die bome weg, of wandel jy daagliks saam met Hom in die tuin?
tiaan gildenhuys - 23/09/2001
AG, IS DIT NOU REGTIG SO NODIG OM TE VERGEWE?
Artikel Opskrifte
"Want AS julle die mense hulle oortredinge vergewe, SAL julle hemelse Vader julle ook vergewe. MAAR as júlle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, SAL julle Vader julle oortredinge óók NIE vergewe NIE. "
( Mattheus 6:14-15 )
Ons mense hou tog so baie daarvan om oortredinge teen mekaar op te teken vir latere gebruik. Dis mos altyd so "lekker" om vir iemand te sê: "Omdat jy my tien jaar terug seergemaak het, gaan ek jou nou seermaak met dit wat ek nou sê, of dit wat ek nou aan jou gaan doen!" Maar as ek kyk na die bogemelde teksvers, lyk dit vir my nogal of Jesus presies die teenoorgestelde houding beveel, en dat Hy baie ernstig is daaroor dat, as ONS nie vergewe nie, óns ook NIE vergewe sal word NIE.
Hoe vergewe God ons? Kom ons kyk na die Bybel:
"Loof die Here . wat AL jou ongeregtigheid vergewe . So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons." ( Psalm 103:3 en 12 )
Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk, keer terug na My, want Ek het jou verlos." ( Jesaja 44:22 )
"En Ek sal hulle reinig van AL hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe AL hulle ongeregtighede waarmee hulle teen my gesondig en teen My oortree het." ( Jeremia 33:8 )
God sê dus in die Bybel baie duidelik dat Hy, nadat ons tot inkeer gekom en om vergifnis van ons sondes gevra het, - MAAK NIE SAAK WAT DIT WAS NIE-, ons dit vergewe en in vier ander teksverse in die Bybel word dit baie duidelik gestel dat Hy NOOIT weer daaraan dink nie! 'n Baie duidelike geval dus, van vergewe ÉN VERGÉÉT!
Maar ons mense sê so maklik: "Maar jy verstaan nie hoe seer hy my gemaak het nie!" Weet jy, dit maak werklik nie sáák nie. VERSTAAN JY hoe seer JY al vir Jesus gemaak het? En Hy het jóú vergewe - ONVOORWAARDELIK!
Ag, maar is die Bybel regtig so ernstig hieroor? Kan ek nie maar somtyds iets teen iemand hou as so 'n klein ou wapentjie om later teen hom te gebruik nie? Weet jy, NEE, ons mag nie, en as ons die ware liefde van Jesus in ons het, WIL ons ook nie, want ons probeer wees SOOS WAT JESUS WAS! Met ander woorde, iemand met onvoorwaardelike liefde! So sien ons ook in Lukas 17:4-5 dat Jesus as volg bepaal:
"En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou toe terugkom en sê: Ek het berou - MOET jy hom vergewe."
Ek merk baie duidelik dat in hierdie laaste sin staan: " MOET JY HOM VERGEWE"! Dit is dus duidelik nie 'n geval dat ek 'n KEUSE het of ek daardie persoon WIL vergewe nie. God bepaal dus sélf dat ek VERPLIG is om daardie persoon te vergewe, ONGEAG wat sy of haar oortreding teen my was!
Hierdie waarheid word nog eens herhaal in Kolossense 3:13-14 , wat duidelik bepaal:
"Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so MOET julle ook doen..
Weer is dit duidelik dat vergifnis nie 'n keuse is wat ons kan uitoefen nie. Christus verwag dat ons mekaar MOET vergewe, ongeag die nadeel wat ons ly - sóós Hy ons vergewe het! Hoe het Hy ons vergewe? Hy het vir ons aan die kruis gesterf! En juis vanweë hierdie volmaakte vergifnis moet ek daarna streef om myself te beklee met daardie selfde Christus LIEFDE.
Is ek en jy regtig bereid om daardie persoon wat my om een of ander rede innerlik gekrenk het, wat my afgebreek het en my verneder het voor ander mense of mede-kollegas, of daardie werknemer of mede-kollega wat my besigheid onder my uitgetrek het, óf daardie man wat my dogter verkrag het, óf die dronkaard wat met 'n motor my kind se lewe verwoes het, ensomeer, ensomeer. aan 'n kruis te sterf? "Verseker nie!", sal ons gou sê. EK wil eerder sien dat juis dáárdie persoon opgesluit word, of sélf ook verneder word, of vernietig word, vir dit wat hy my aangedoen het!
Ons wil mos altyd sélf wraak neem. En tog, dít is NIE wat Jesus van ons verwag nie..
"Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here." ( Romeine 12:19 )
Wat verwag Jesus dan van ons? Efesiërs 4:32 stel dit so mooi duidelik:
"Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar ; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. "
"Nee, maar dis ONMOONTLIK om hom te vergewe, óf om te vergeet wat hy aan my gedoen het!" Sê my, is ek en jy groter of belangriker as God? Sê my verder, weeg dít wat daardie persoon aan jou gedoen het, énigsens op aan dit wat jy en ek die afgelope aantal jare in ons persoonlike lewens dáágliks aan God gedoen het ?
As God dus bereid is om my en jou te vergewe vir alles wat ek en jy aan Hóm gedoen het, EN NOOIT WEER DAARAAN TE DINK NIE, WIE is ONS om te WEIER om ons medemens te vergewe!? Sou ons weier om te vergewe, EN te vergeet, soos God dit baie duidelik doen, sê ons dus effektief vir God dat ons dink dat ons beter is as Hy, groter is as Hy, of onsself nie noodwendig eens gebonde ag aan Sy Bybelse opdragte nie! Nee, wat dáárdie opdrag is mos nie op MY van toepassing nie!
Let asseblief mooi op dat vergifnis nie 'n PROSES is waardeur ons kan gaan nie. Vergifnis is iets wat ons oombliklik moet doen. Ek kan nie 'n persoon wat my verneder het, of tenagekom het, of seergemaak het, vandag so 'n klein bietjie vergewe vir dit wat hy my aangedoen het, môre so 'n bietjie meer, en oormôre, en die dag daarna, totdat EK uiteindelik voel ek het hom nou genoeg vergewe nie! Dit wérk nie so nie! As ek vergewe, vergewe ek en klaar! Want só het God my en jou vergewe ..
Ons almal ken die baie bekende gedeelte uit die "Onse Vader" gebed wat lui: ". en vergeef ons ons skulde, NET SOOS ons ook ons skuldenaars vergewe." Kom ons borduur hierdie sin net vir 'n oomblik bietjie andersom. "Vader, ek het my skuldenaars net so 20% vergewe, vergewe U my dan ook maar net so 20% asseblief!" Mens, klink die volgende nie dalk beter nie: "Vader, ek het my skuldenaars vandag ALMAL 100% vergewe, vergewe U my ook 100% asseblief!" Maak nogal 'n verskil om só daaraan te dink, nê? Die keuse lê, WEER EENS, by óns oor hoe ons wil hê God ONS moet vergewe! Heeltemal, of glad nie? Want jy sien, daar is nie 'n tussen-in nie.
Met ware, Geesvervulde, godvrugtige liefde in ons, sal ons nie anders kán as om daardie ander persoon wat teen ons oortree het, te vergewe nie!
Kom ek sluit af met die woorde van 1 Johannes 1:9 wat dit so mooi stel:
" As ons ons sondes bely, hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van ALLE ongeregtigheid te reinig."
Kom ons bely ons sondes ELKEEN voor God, ons aanvaar Sy vergifnis, ons HOU OP om teen Hom te sondig, ons lewe soos Hy wil hê ons moet lewe, en kom ons VERGEWE ook ons medemens as hulle teen ons oortree, soos Hy van ons verwag - ONVOORWAARDELIK!
tiaan gildenhuys - 29/09/2001
Hoe wil God hê moet ons hom loof?
Artikel Opskrifte
Ek vra maar net. Want jy sien, dit wat by herhaling in die Bybel staan, is nie wat ek sien werklik toegepas word in alle kerke nie. En nêrens merk ek dat die Bybel enige aanduiding gee dat sommige kerke dit maar mag doen soos die Bybel sê, terwyl ander kerke dit nie so hoef te doen nie! Die Bybel is immers die riglyn vir elke mens wat homself 'n Christen wil noem - VERAL wat betref ons lof aan die enigste groot, Almagtige en alomteenwoordige God en Vader! Wat bepaal in die éérste plek hóé mense God loof en prys? Weet jy waar lê die antwoord? In daardie persoonlike ontmoeting met God, en die ontvangs van Heilige Gees binne-in ons! Iemand wat Jesus Christus persoonlik ken, kan nie meer anders nie, hy verander onmiddellik. En hy is nie meer bang om die lewende God te prys en te aanbid met die vólle spektrum van sy liggaam, siel en gees nie!
Kom ons kyk bietjie na 'n stukkie uit die geskiedenis van koning Dawid, en wanneer ons die woorde van 2 Samuel 6: 12-23 lees, dan kom ons op die volgende interessanthede af. Eerstens merk ons dat Dawid die ark ".met vreugde." uit die huis van Obed- Edom gebring het. Dit is daardie selfde vreugde wat deur mens spoel wanneer jy die lewende "ark" van die Nuwe Testament (Jesus) uitbring vanuit die plek waar Hy NIE hoort nie, terug na die een plek waar Hy wél hoort, in die "tempel"! En wie is die "tempel" vandag? Ja, die mens self! Sodra die "ark" terugkeer na waar Hy van die begin van tyd af hoort, binne-in elkeen van ons, kán daardie "tempel" nie anders as om daagliks met groot vreugde te begin handel nie!
Toe Dawid die ark laat haal het, het hy, wat sekerlik die mees suksesvolle en magtigste koning van alle tye in Israel se geskiedenis was, ".met alle mag gedans voor die aangesig van die Here." Hy (die koning, die voorloper, die leier, die man met die STATUS) was dus nie bang om "voor die mense" 'n spektakel van homself te maak vir Sy God nie! HOEKOM is ons vandag so bang om selfs net 'n ou bewegingkie met ons hande of voete te maak voor die lewende Jesus Christus, die "ark" van die Nuwe Testament? Is dit dalk omdat ons bang is oor wat DIE MENSE van ons gaan dink? In daardie geval, lees asseblief net weer die woorde van Galasiërs 1:10 vir ons. Vriend, probeer gerus in die Bybel opspoor of daar 'n oomblik aangebreek het waarin ons verbied is om dit ook soos Dawid te doen?
Dawid en die volk het die ark ".met gejuig en basuingeklank opgehaal." HOEKOM mag ons nie deesdae ook voor God juig en jubel met 'n groot lawaai nie? Watter Bybelvers het dit verbied? Of was dit bloot een of ander menslike struktuur, of menslike "beleidsdokument" wat bepaal het dit MAG NIE so gedoen word in "die kerk" nie?
Maar lees net verder, Migal, Dawid se vrou, het hom "verag" oor sy gedansery, sekerlik omdat sy gedink het dit is "benede die koning" om hom so te gedra VOOR GOD! HOEKOM dink so baie van ons mense vandag ook dit is benede ons, of onaanvaarbaar, of nie "skriftuurlik", om voor God te dans of te juig, of selfs net ons hande op te steek om Hom te loof nie? En wat antwoord Dawid haar: ".ja, voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees!" Net so moet ons vandag nog voor die aangesig van die Here vrolik wees.
Maar..WAARSKUWING! Kyk net wat gebeur met Migal - Omdat sy Dawid verag het omdat hy voor God vrolik was, was sy onvrugbaar tot die dag van haar dood. Hierdie is baie beslis 'n waarskuwing aan elkeen van ons vandag om intense selfondersoek te doen, want dit sê vir my dat, as ek iemand anders oordeel of "verag" wat op enige gegewe stadium onder leiding van Heilige Gees dans of jubel, of sy hande opsteek in die kerk, of énigiets anders onder Sy leiding doen, ek 'n oordeel oor MYSELF uitspreek, aangesien ek effektief op daardie oomblik nie teen daardie persoon praat nie, maar teen die optrede van Heilige Gees self ín daardie persoon!
En net om dit dalk vir ons 'n bietjie duideliker te maak oor hoe ons Hom EINTLIK moet loof en prys, kom ons kyk na sommige van die MEES FANTASTIESE lofliedere aan God wat ooit in die geskiedenis van die wêreld geskryf is, naamlik, die Psalms:
" LUID roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg." ( Psalm 3:5 )
"Ek sal die Here HARDOP loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys." ( Psalm 109:30 )
Ek roep God dus nie net saggies, agter my hand, of in my gedagtes aan nie. Nee, ek roep Hom luid, HARDOP, aan! En jy kan verseker wees dat hierdie luide aanroep NIE net is wanneer ons besig is om 'n psalm of 'n gesang in die kerk te sing nie. Dit sluit baie beslis ook daardie geleenthede in waar ek Hom hardop met my stem loof en prys deur 'n gebed, of sommer net 'n gejubel saam met 'n menigte ander mense, of selfs net waar ek alleen in Sy pragtige natuur loop of ry!
"Ek wil die Here loof met my hele hart.In U wil ek bly wees EN JUIG ; ek wil psalmsing tot eer van U Naam, o Allerhoogste.." ( Psalm 9:2,3 )
"Wees bly in die Here EN JUIG, o regverdiges! En JUBEL, alle opregtes van hart!" ( Psalm 32:11 )
Kan mens "juig" en "jubel" op 'n sagte, stemmige, stigtelike manier? Veral as ons kyk wat die woordeboek in Engels die woord: "juig" mee vertaal, naamlik: "rejoice, exult, jubilate".
"Tog is U die Heilige wat woon onder die LOFSANGE van Israel!" ( Psalm 22:4 )
Waar woon God? In Sy kinders se lofsange! En Hy woon nie net Sondae daar nie, maar elke oomblik van elke dag wat Sy kinders hom so loof en prys!
"Julle wat die Here vrees, PRYS HOM! " ( Psalm 22:24 )
As ek 'n persoonlike verhouding met God het, wat 'n liefdevolle, eerbiedige vrees vir Hom tot gevolg het, KAN ek nie anders as om Hom te loof en PRYS nie!
"U het my weeklag vir my verander in 'n KOORDANS, U het my roukleed losgemaak en my MET VREUGDE omgord. Here, my God, vir ewig sal ek U LOOF." ( Psalm 30:12,13 )
Wat gebeur onmiddellik met 'n mens wanneer God hom verlos van sy "ou" lewe, van al die ou gemors wat hy met hom saamgedra het? Hy word VREUGDEVOL en wil net begin DANS en God vir ewig LOOF!
"Loof die Here met die siter ; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp. Sing tot Sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank. " ( Psalm 33:2,3 ) "Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter ; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit ; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! " ( Psalm 150:3-5 )
Hierdie twee verse het my opgeval, juis omdat so baie mense deesdae nog steeds weier om met enigiets anders as 'n orrel in hulle "kerk" te sing. Wanneer het hulle in die Bybel begin om SLEGS met 'n orrel God te loof en prys? En as dit dan nie die Bybel was wat dit so voorgeskryf het nie, WANNEER het die menslike kerkwette of beleidsgeskrifte, wat daartoe gelei het dat lofliedere in die kerk slegs met 'n orrel gesing moet word, vir ons belangriker geword as die Bybel self? Kan jy net dink wat 'n FANTASTIESE geluid van lofprysing en aanbidding moes al daardie bogemelde instrumente nie meegebring het nie? Soos ek 'n basuin, simbaal en tamboeryn ken, is dit nie juis iets wat net 'n sagte, strelende geluid maak nie!
"Ek wil die Here ALTYD loof; Sy lof sal ALTYDDEUR in my mond wees." ( Psalm 34:2 )
As ek mooi na hierdie vers kyk, sien ek baie duidelik dat ek die Here ALTYD sal loof en Sy lof ALTYDDEUR in my mond sal hê. Beslis NIE NET Sondagoggende nie!
"Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys. " ( Psalm 35:18 )
Waar gaan ek God dus loof en prys? Voor 'n groot skare, - nie net waar ek alleen is nie. Ja, dit sluit seer sekerlik in wanneer ek in die kerk my lofsange tot Hom sing, maar weet jy wat? Dit sluit ook in wanneer ek tussen "'n groot skare" van my daaglikse vriende is!
"In God roem ons die hele dag, en U Naam sal ons loof tot in ewigheid." ( Psalm 44:9 )
"Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die Here geloof word!" ( Psalm 113:3 )
Watter gedeelte van die dag? En vir hoe groot gedeelte van ons lewens? Dit kan, en moet juis óók gedoen word terwyl ek my gesin versorg, of by die werk is, of by my vriende is!
"Alle volke, klap met die hande ; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel! " ( Psalm 47:2 )
Oepsie! WIE het hier OPDRAG om hande te klap? ALLE VOLKE (en sekerlik ook hulle kerke dan, uit die aard van die saak)! En met watter tipe stem moet daar tot eer van God gejuig word? MET GEJUBEL! Kom ons kyk hoe stel die New King James Version van die Holy Bible dit: "Oh, clap your hands, ALL YOU PEOPLES! SHOUT to God with THE VOICE OF TRIUMPH!" Ek dink jy sal met my saamstem, dat 'n: "shout with the voice of triumph", nie 'n sagte, stil, stemmige, gewyde geluid is nie! Inteendeel! Waarom dan, is ons so bang om ons stemme tot eer van God te verhef wanneer ons Hom loof en prys? Waarom mag ons nie ons hande SPONTAAN klap wanneer ons besig is om Hom te loof en prys nie?
"Want U goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys. Só sal ek U prys my lewe lank, in U Naam my hande ophef. " ( Psalm 63:4,5 ) "Ek wil dan hê dat die manne op ELKE plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis." ( 1 Timotheus 2:8 )
Waar kom sommige kerke daaraan dat mens jou hande opsteek as jy God loof en prys? Onder andere in hierdie aangehaalde twee teksverse, wat baie duidelik, en sonder omhaal van woorde stel dat ek Hom sal prys MY HELE LEWE LANK, en IN SY NAAM MY HANDE SAL OPHEF, en ook dat ons OP ELKE PLEK moet bid en HEILIGE HANDE (moet) OPHEF. Dit beteken dus effektief dat, die oomblik wanneer ek Sy wonderlike Naam noem, daardie Naam bo alle name oor my lippe laat kom, my hele lewe lank, of as ek besig is om Hom te aanbid, MAAK NIE SAAK WAAR EK IS NIE, sal my hande outomaties in die lug in vlieg! As 'n teken van lof, eer en respek vir die lewende God, en NIKS meer en NIKS minder nie! Wie is die mens wat dit DURF waag om enigiemand anders te veroordeel wat die lewende en almagtige God wil loof, prys, aanbid en respek betoon deur sy hande op te hef na Hom? Onthou wat met Migal gebeur het.
"U is my God, en ek WIL U loof; o my God, ek WIL U verhoog." ( Psalm 118:28 )
Wie se God, sê die Bybel is Hy? MY God, en ook JOU God! En weet jy, DAAROM wil ons Hom óók verhoog!
"Hoe lief het ek U wet, dit is my bepeinsing die hele dag. "
( Psalm 119:97 )
Hoekom wil ek juis God se wet, die wet van die LIEFDE, oordink die HELE DAG LANK? Omdat ek Hom, en Sy wet van die liefde, LIEFHET! Omdat ek met Hom 'n persoonlike verhouding het!
"My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my U insettinge." ( Psalm 119:171 )
Sien jy, vriend? "Lofsange laat uitstroom". Nie net een of twee of drie liedere voor die preek en weer twee of drie na die preek nie. Nee, lofsange sal dag en nag by my lippe uitstroom, omdat ek so vervul word met Hom, en met Sy opdragte en Sy insettinge, en omdat ek ook luister na musiek oor Hom!
"Kom, loof die Here, o alle knegte van die Here wat snags in die huis van die Here staan! Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die Here! " ( Psalm 134:1,2 )
Lees net wat sê hierdie teksvers - hoe loof ons die Here? Deur ons hande OP TE HEF na die heiligdom! Doen jy dit al so? Ek sê niks meer nie. Laat Heilige Gees self verder met jou oor hierdie aspek gesels.
"Laat ALLES wat asem het, die Here loof. Halleluja!"
( Psalm 150:6 )
Hierdie vers kan ook omgekeer word om te lees: As iets die Here NIE loof nie, moet dit eerder ophou asemhaal, want as dit asemhaal, MOET dit die Here loof!
Uit die oorspronklike Hebreeus waarin die Ou Testament geskryf is, kom ons onder andere af op die volgende woorde wat in verskeie teksverse gebruik is, wat lofprysing van God aandui, naamlik:
YADAH - Om God te loof met uitgestrekte hande. Hierdie woord kry ons byvoorbeeld in die oorspronklike teks in Psalm 63:5: "Só sal ek U prys (Yadah) my lewe lank, in U Naam MY HANDE OPHEF." Of ook in Psalm 134:2 : "HEF JULLE HANDE OP (Yadah) na die heiligdom, en LOOF DIE HERE!"
TOWDAH - Beteken ook om God te loof met uitgestrekte hande, maar het 'n verdere element betrokke, naamlik: in aanbidding, verering, erkenning, bekentenis en aanvaarding. Hierdie woord kry ons in die oorspronklike teks onder andere in
Psalm 50:23 : "Die een wat dank offer (TOWDAH), EER MY; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal ek die heil van God laat geniet."
ZAMAR - Beteken "om die snare aan te raak" en word in die Bybel elke keer gebruik waar verwys word na "instrumentele lofprysing" soos, byvoorbeeld die woorde van Psalm 150:3-5 , wat ek reeds hierbo aangehaal het: "Loof Hom (ZAMAR) met basuingeklank, loof Hom (ZAMAR) met harp en siter; loof Hom (ZAMAR) met tamboeryn en koordans, loof Hom (ZAMAR) met snarespel en fluit; loof Hom (ZAMAR) met helder simbale, loof Hom (ZAMAR) met klinkende simbale!"
SHABACH - Beteken om God te loof met 'n geroep ("shout") en 'n luide stem. Hierdie woord sien ons byvoorbeeld in Psalm 63:4: "Want U goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys (SHABACH)."
TEHILLAH - Beteken 'n lofprysing vanuit jou gees, vanuit die hart van die gelowige, en ook om te sing, of te LOOF! Dit is juis in hierdie vorm van lofprysing waar God woon, soos ek reeds daarna verwys het in Psalm 22:4: "Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange (TEHILLAH) van Israel!"
Hierdie woorde wat lofprysing aandui, word herhaaldelik in die Bybel gebruik en toon net vir ons hoe wonderlik is dit eintlik om God te loof en prys, en watter wonderlike voorreg is dit nie vir ons om dit MET OORGAWE, hierdie oorgawe wat deur die betrokke Hebreeuse woorde aangedui word, te kan doen nie. Ons kry verder in die Hebreeus ook die woorde "HALLAL", vanwaar die woord Halleluja afgelei word, wat beteken: "om duidelik te wees, te skyn, te spog, te wys, te vier", asook "BARAK", wat soms vertaal word met: "om te prys, of om voor God te buig in 'n aanbiddende gesindheid", en soms vertaal word met: "om God te prys met die verwagting om iets te ontvang." Ek kan dus nie anders as om te dink dat die ou Israeliete iets in hulle lofprysing en aanbidding van God gehad het, wat ek en jy eenvoudig vandag nie ken nie. Hulle het die woorde wat hulle gebruik het vir, en in, hulle aanbidding, absoluut UITGELEEF, UITGEJUBEL, UITGEBASUIN! Juis omdat die lewende God vir hulle so 'n werklikheid was!
Hoekom doen ons dit dan nie vandag nog in ons lofprysing en aanbidding van God nie? Wat het verander dat ons oor die jare geleer het 'n mens mag nie voor God dans en juig en jubel en lawaai nie? Wat het daartoe gelei dat ons die opinie gevorm het, en uiteindelik effektief oortuig is dat dit so MOET wees in die kerk, dat God slégs geprys kan word met ernstige gesigte, en met stram ledemate wat nie mag beweeg nie? Is dit dalk juis omdat die lewende God nie vir óns so 'n werklikheid is as wat Hy vir die ou Israeliete was nie?
Ek hoor jou sê: "Nee man, nou praat jy twak! EK doen dit op hierdie manier, want dís hoe EK gemaklik voel, dís hoe EK grootgeword het, en dís hoe EK glo 'n mens God moet dien en loof, klaar en verby!"
Ek hoor jou, vriend, maar as jy net weer kyk na al die teksverse hierbo, wat almal uit God se Woord, uit Sy "Handboek vir die Lewe" uitkom, hoe dink jy WIL GOD hê moet jy Hom loof en prys? Soos jy in die kerk, of deur jou ouers geleer is/word, of soos die Bybel sê? En maak nie saak of jy daarmee gemaklik voel of nie! Sê die Bybel nie baie duidelik dat ons juis moet VERNUWE wanneer ons met Hom 'n persoonlike verhouding aanknoop nie? ( Efesiërs 4:22,23 ) . En wat beteken dit om te VERNUWE? Is dit dan nie juis om te VERANDER nie? Om dinge juis NIE MEER te doen soos wat jy dit in die verlede gedoen het nie? En ek herhaal: Wat bring dáárdie onmiddellike verandering mee in my lofprysing en aanbidding van God? NET 'n PERSOONLIKE VERHOUDING MET JESUS CHRISTUS, wat jou bevry van dempende, knellende, tradisionele bande en wyses van lofprysing en aanbidding.
Ja!!! Kom ons loof en prys 'n groot en Almagtige God . soos Hy wil hê ons dit moet doen!
tiaan gildenhuys - 20/10/2001
Sê die Bybel enigiets oor vloek?
Artikel Opskrifte
Weet jy, ek wonder reeds so by myself waarom het vuil taal so amper 'n onlosmaaklike deel van ons gewone spreektaal geword? Is dit nie juis 'n teken van die dinge wat in die laaste tye sal gebeur, soos wat 2 Timotheus 3:1-5 dit stel nie? Daar is amper nie meer 'n moderne film, waar vloek en vuil taal nie ongeveer 25% van die totale dialoog uitmaak nie! En staan maar net in 'n geselskap van gewone, Godvresende, kerkgaande, godsdiensbeoefenende "Christen" Suid-Afrikaners by 'n braai, of rugby- of krieketwedstryd, of sosiale funksie, en luister na die taalgebruik van sowel die mans as die vrouens en kinders. Veral die sogenaamde "f-woord" het 'n immergewilde, internasionale treffer geword!
Dit kan mos ook nie anders dat die kinders so sal praat nie, want pa en/of ma praat dan so! Almal weet dat dit gemenesaak is dat kinders net eenvoudig hulle ouers se voorbeeld nadoen. As ma of pa dit doen, móét dit mos reg wees en kan ék dit dan ook doen! Onder vuil taal val natuurlik gewone kru taal, swetsery, of die misbruik van die Naam van God. (Ag ja, my liewe vriend, en gebruik maar gerus die argument dat wat vir my 'n vloekwoord is, nie noodwendig vir Matewis Gieljam in Kaapstad 'n vloekwoord is nie! Aan die einde van die dag is die vraag of dit vir GOD aanvaarbaar is, al dan nie, maak nie saak of daardie betrokke woord vir my óf Matewis Gieljam goed klink of aanvaarbaar is nie!)
Maar wat sê Jesus Christus en die Bybel vir ons? Het ons al werklik probeer vasstel? Ag nee wat man, is DIT nou régtig so belangrik, vra jy? Bemoei die Bybel hom regtig oor iets só ONBELANGRIK soos my taalgebruik, of manier van praat? Almal praat dan so, hoekom kan ek nie ook nie?! Wel, kom ons kyk na 'n paar Bybelverse hieroor, wat dit baie duidelik maak dat, indien ons onsself wil uitgee as WARE kinders van God, wat daagliks wil lewe volgens Sy wil, ons eenvoudig nie maar net kan praat soos ons wil nie, maar dat ons WERKLIK alles in ons vermoë moet doen om 'n wag voor ons mond te plaas.
Uit die Ou Testament is Levitikus 22:32 baie duidelik, naamlik: "Julle mag nie My Heilige Naam ontheilig nie"
Die feit dat so baie mense die Naam van die lewende God as 'n kragwoord of 'n vloekwoord gebruik, is vir my ironies genoeg 'n bewys dat God waarlik lewe en 'n fisiese werklikheid is. Hoe kom ek dáárby uit? Maklik, want, as Allah, of Budda, of enige van die ander gelowe in die wêreld se gode ook werklike, lewende gode was, sou húlle name nie ook so gebruik gewees het as vloekwoorde nie? Dit is eenvoudig juis omdat hulle NIE lewendig is en dus vir satan geen bedreiging is nie, dat hulle name nie ook op die markplein so as vloekwoorde gebruik word nie!
Deur God se heilige Naam te laat gebruik as 'n kragwoord of vloekwoord, probeer satan om daardie wonderlike Naam kragteloos te maak of selfs te verneder, iets wat hy in elk geval nóóit sal regkry nie. Dit bly egter soos 'n paal bo water staan dat ons nie God se Naam mag ontheilig deur ons mond nie! Nooit nie! Daardie Naam mag ons NET loof en prys, en nie minagtend, afbrekend of vernederend gebruik, of op enige ander wyse hoegenaamd nie! Sodra ons egter 'n persoonlike verhouding met Hom aanknoop, is dit wel ook so dat ons dit in elk geval nie WIL doen nie, want dan wil ons net elke oomblik van elke dag daardie fantastiese Naam met ons mond loof, prys en verheerlik!
Efesiërs 4:29 bepaal: "Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor."
En tog sit ons Sondag vir Sondag in die kerk en roep God aan in ons gebede en sang, nadat ons die hele week, of nét die Saterdag voor dit, in ons sportbeoefening of sosiale omgang met ons "pêlle", of selfs nog die oggend vóór die diens by die huis, "vuil taal" by ons mond laat uitvloei het asof dit uit die mode sou gaan! Uit respek en eerbied aan ons hemelse Pappa, wil ek nie eens probeer waag om 'n definisie aan "vuil taal" of "vuil woord" te koppel nie. JY kan maar self eendag met God in 'n redenasie ingaan oor wat HY sien as "vuil taal", al dink jy dalk nie dis so verkeerd nie.
Soos Kolossense 3:8b dit stel: "Maar nou MOET (met ander woorde, - nie as ons dalk lus het nie - nee, ons is VERPLIG) julle ook dit alles aflê, naamlik. (onder andere) skandelike taal uit julle mond."
Ek het self baie lank gedink dis darem seker nie so erg om maar so nou en dan 'n ou vloekwoordjie te laat uitglip nie, want sekere dinge word tog mos net eenvoudig beter uitgedruk, of beter deur my toehoorders verstaan, of 'n grap het darem net BAIE meer skop in, met 'n kragwoord op die regte plek, man! Veral as ek die grap of insident kan oorvertel, en sommer 'n paar van my eie kragwoorde kan bysit by die oorspronklike weergawe! Man, dan hét ek dit! Dán is ek mos 'n man onder die manne! MAAR, toe wys Heilige Gees vir my die woorde van Jakobus 1:26: "As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie (deur onder andere te vloek of vuil taal te gebruik, of sleg te praat van ander, of te skinder), maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. "
Skrikwekkend! Ek kan dus Sondag vir Sondag my godsdienstige rituele in die kerk gaan uitleef in die waan dat ek op die regte pad is, maar as ek nie my tong in bedwang gaan begin bring in my alledaagse lewe van Maandag tot Saterdag nie, dan is my godsdiens tevergeefs! En vriend, dit is nie ék wat so sê nie, jy kan dit gerus self ook in jou eie Bybel naslaan. Dit is nie verniet dat Jakobus 3:8-10 'n duidelike waarskuwing bring nie: "Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Daarmee loof ons God die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking . Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie."
Ons mag dus eenvoudig nie ons mond gebruik om die een oomblik, of een dag van die week, God te loof en te prys, en die res van die tyd ons medemense of werksmense, te vloek, of vuil taal te gebruik, of kwaad te praat, of te skinder nie! Dit was nie verniet dat Jesus self in Mattheus 15:11 & 18 gesê het: "Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein..Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak."
Daar is dus nie 'n argument voor uit te maak nie, anders as dat God beslis NIE wil hê dat ons ons gesprekke moet deurspek met kru of vuil taal, of die ontheiliging van Sy wonderlike Naam nie. Nee, Efesiërs 5:1-2 vat dit pragtig saam, waar dit bepaal: "Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur."
En, liewe leser, as ek die liefde van God in my het, en Sy Heilige Gees lewe hier binne-in my, is daar geen manier wat ek bewustelik óf onbewustelik enige vuil taal of kru taal oor my lippe sal WIL laat kom nie, omdat ek weet ek dan Heilige Gees sal bedroef. Johannes 13:34 stel dit tog só duidelik: "'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê."
Ons moet dus die een die ander liefhê, nie soos ons maar dínk dit behoort te wees nie, nee, soos Jesus Christus ons liefgehad het! Liewe mens, ek kan nie ophou om die allesoorheersende belangrikheid van die LIEFDE te beklemtoon nie, want dit is waaroor ALLES in die lewe gaan en MOET gaan! Liefde en vrede kanselleer net eenvoudig ALLE lelike en negatiewe dinge, gedagtes en woorde uit.
Kom ons sluit af met die woorde van 1 Petrus 3:10: "Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie."
Jy mag dalk met my verskil oor die gebruik van vuil taal en of dit werklik 'n probleem is. My antwoord aan jou is eenvoudig dat jy jou moet laat lei deur die stem van Heilige Gees in jou binneste, en jouself die vraag moet afvra of daardie betrokke woord/e vir God aanvaarbaar sou wees (al ís dit vir mense aanvaarbaar), en jy sal self mettertyd agterkom dat jy dit al hoe minder doen, of dit uiteindelik glad nie meer WIL doen nie, maak nie saak hóé "groot" of hoe "klein" daardie vloekwoord dalk voorheen vir jóú in jou oë mag gewees het nie!
Hoekom nie? Want Jesus wil nie hê ons moet nie! Klaar! Hoekom nie? Want Hy het dit nie gedoen nie!
tiaan gildenhuys - 22/11/2001
BRANDEWYN HET NIE BRIEKE NIE!
Artikel Opskrifte
'n Bekende ou gesegdetjie wat so lekker van die tong af gly nê? Maar ag, my liewe mens, hoeveel hartseer en hoeveel tragiese gevolge het die misbruik van drank nie al veroorsaak nie? Let wel, ek sê die "misbruik" van drank, nie die "gebruik" van drank nie! Hier dink ek onder andere aan gebroke huwelike, ongewenste tiener swangerskappe, selfmoorde (onder jong- en volwasse mense), bankrotskappe direk as gevolg van drankmisbruik ensomeer, ensomeer, ensomeer..
Het die Bybel enige spesifieke siening hieroor vra jy, want ons moet mos darem onthou Jesus het water in wyn verander, en Hy het dit sekerlik self ook gedrink, nê? Ja, waarskynlik, maar dink jy Jesus was OOIT dronk? En wat van Noag, vra jy, want onthou, die eerste ding wat Noag gedoen het toe hy uit die ark uit gekom het, was om 'n wingerd te plant en wyn te maak nie, nê? ( Genesis 9:20-29 ) . Ja, seker, maar kyk net in daardie stuk uit die Bybel hoe het die drank tot gevolg gehad dat Noag se verhouding met sy een seun, lewenslank geskaad is. Net so het drank tot gevolg gehad dat Lot se twee dogters in Genesis 19:31-38 beide met hulle vader gemeenskap gehad het en sodoende die sonde van bloedskande gepleeg het! Maar weet jy, die Bybel het ALTYD antwoorde, so kom ons blaai weer bietjie deur hierdie wonderlike boek se bladsye.
"Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie. " ( Spreuke 20:1 ) Die nuwe vertaling sê in dieselfde teksvers: "Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie." Die Bybel dink dus nie veel van iemand wat deur drank "bedwelmd" raak, of "van dronkenskap slinger" nie. Ek wonder ook hoeveel gewone mense is REGTIG bëindruk met mense wat drank in openbare plekke, of selfs in hulle eie huis misbruik, en dan "lawaaimakers" word en van "dronkenskap slinger"? Baie min, maar dit het mos sosiaal aanvaarbaar geword, om dit maar gelate te aanvaar. Kyk ook net wat sê die volgende teksverse hieroor, naamlik:
"Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie." ( Spreuke 21:17 )
"Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop." ( Spreuke 23:19-21 )
"Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk." ( 1 Thessalonisence 5:7 )
My liewe vriend of vriendin, besef jy en ek wat ek doen wanneer ek met een of twee drankies begin en al hoe meer en meer begin drink, hetsy sosiaal of alleen by die huis? O, ja, ek wéét, drank is mos nie jou baas nie, jy kán drank hanteer! Maar weet jy, so redeneer amper ál die mense met akute drankprobleme in menige rehabilitasiesentrums ook - en so het hulle almal ook geredeneer toe hulle nog vaste betrekkinge, en gewone huwelike, gehad het. Die nagevolge van drank is darem ook alombekend nê? Lekker is dit beslis nie, maar tog is so baie van ons bereid om dit amper daagliks te deurstaan, nét sodat ons tog nie ons "pêlle", moet teleurstel nie. Kyk net hoe akkuraat beskryf selfs die Bybel daardie gevoel (wat elkeen, soos ek, wat ook gereeld te veel gedrink het, dit baie goed ken):
"Wie is dit wat sug en steun, wat rusie maak en kla, onnodig seerkry en bloedbelope oë het? Dit is díé wat tot laat sit en drink, die wat aanhou proe aan drank. Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie. Agterna pik hy soos 'n slang, spoeg hy gif soos 'n kobra. Dan sien jy vreemde dinge en praat jy verkeerde dinge ; dit voel of jy op die oop see lê, of jy bo-op 'n seilskip se touwerk lê, en jy dink: ek het dan nie seergekry toe hulle my geslaan het nie; ek het nie gevoel toe hulle my aangeval het nie! Wanneer word ek wakker? Ek wil maar weer iets gaan soek om te drink. " ( Spreuke 23:29-35 )
Ken jy díé gevoel, my vriend of vriendin? Indien wel, wil jy dit nie ook maar vir God gee, dit aflê en op die nuwe pad met Hom gaan, sónder drank nie? En, kyk mooi:
" Ellende wag vir díé wat helde is by wyndrinkery, dapper by die meng van hulle drank." ( Jesaja 5:22 )
Mens, het jy al gesien hóé dapper en braaf mense soms kan wees met die wyndrinkery, en by die meng van hulle drank? Is jy ook nog deel daarvan, of het jy al vir Christus gekies? VRAAG: Is jy 'n held vir jou "pélle", .of is jy 'n held vir Jesus? En as jy wél 'n held vir Jesus is, is jy dit ook wanneer jy by jou "pêlle" is? Indien nie, hóékom nie? Is jou "pêlle" - wat nie vir ewig by jou is of sal wees nie - vir jou belangriker as God, wat ewig daar is en sal wees? Antwoord asseblief hierdie twee vrae aan God, nie aan my nie. Dan kom die belangrike vraag: Presies hóé wil God hê moet ons met drank omgaan? Wat sê die Bybel?
"Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig behoort. Daar moet GEEN drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie."
( Romeine 13:13 )
" Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie." ( Spreuke 23:31 )
" Moet julle nie aan drank te buite gaan nie, daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul."
( Efesiërs 5:18 )
En wat sê Galasiërs 5:20-21 nou weer? "Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend:... dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal NIE die koninkryk van God as erfenis verkry NIE. "
Hoeveel duideliker wil ons dit nou nóg uitgespel hê? Ag mens, en moet asseblief ook nie die argument teenoor my gebruik dat dit nie "dronkenskap" is as jy nét vier drankies gedrink het, terwyl jy wéét jy kan tien "hanteer" nie! Wat probeer jy dan doen? Probeer jy vir God se onthalwe weer 'n tegniese definisie uitdink van "dronkenskap" net sodat jy nie skuldig hoef te voel dat jy dalk self onder hierdie teksvers deur Heilige Gees aangespreek word nie? Nee, my liewe vriend, as enige hoeveelheid drankies, of dit nou één is, of twintig, jou selfs net EFFENS van stryk bring, óf jou vermoëns net EFFENS aantas, óf jou jou inhibisies net EFFENS laat verloor - IS DIT DRONKENSKAP in GOD se oë! Redeneer gerus maar daaroor soos jy wil! Onthou, jy hoef my nie te oortuig nie, maar wel vir Heilige Gees!
Ons het ook nie werklik 'n ander keuse as om vír God en téén die wêreld te kies nie. As ek sê: ".teen die wêreld..." bedoel ek natuurlik ook teen ENIGIETS wat kan veroorsaak dat ek nie binne God se wil wandel nie, wat baie beslis drankmisbruik insluit! Waar lê jou lojaliteit, my liewe mens? "Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie ? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. " ( Jakobus 4:4 )
Indien jy reeds 'n keuse vir Jesus gemaak het téén die wêreld, en dus ook téén drankmisbruik, wens ek jou baie, baie geluk, veral as jy dalk ook voorheen iemand was wat deur die "voggies" beheer was in die verlede. Moet daarom nie toelaat dat die lelike name wat jou vorige drinkebroers jou nou skielik gaan toesnou, of die sarkastiese gedagtes wat hulle oor jou dink, of uitspreek, jou besluit enigsens affekteer nie. Kyk maar net wat die Bybel reeds eeue terug gesê het juis sal gebeur wanneer iemand so 'n keuse maak, naamlik: " In die verlede toe julle nog heidene was, is julle lewe lank genoeg beheers deur julle heidense begeertes : losbandigheid, wellus, DRONKENSKAP, swelg- en drinkpartye en afskuwelike afgodery. Nou (nadat jy dit afgelê het en vir Christus gekies het) vind die heidene (of jou ou drinkebroers) dit vreemd dat julle nie langer met hierdie stroom van losbandigheid saamgaan nie, en hulle beswadder julle (hulle sê jou sleg)." ( 1 Petrus 4:3-4 )
My liewe vriend of vriendin, PRYS DIE HERE indien jy nou name genoem en sleggesê word omdat jy vir Christus gekies het. Jy het reeds vir jou 'n skat in die hemel bymekaargemaak, en kyk wat sê 1 Petrus 4:12 en 14 daaroor: "Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. . Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort die Gees van God, op julle bly."
Ons moet ook nooit uit die oog verloor dat ek effektief my broer kan laat struikel en vir God se koninkryk verlore kan laat gaan deur wat ek drink, of selfs eet nie. So stel Romeine 4:13, 15, 17 en 21 dit as volg: "Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie.As jy met wat jy eet (óf drink), jou broer aanstoot gee, leef jy nie meer volgens die liefde nie.Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.Dit is goed as 'n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie. Laat jou oortuiging hieroor 'n saak tussen jou en God wees. "
Die kruks hier is dus dat jou persoonlike gebruik van drank 'n saak tussen jou en Heilige Gees moet wees. Indien jy net so nou en dan 'n drankie gebruik, en jy het rustigheid en vrede in jóú hart daaromtrent, is daar niks mee verkeerd nie. Vra net vir Heilige Gees of Hy vrede het dat jy dit doen - en sóós jy dit doen?
MAAR, indien enigiets wat ek hier geskryf het, jou dalk in die binneste aangeraak het, en jy voel dat "iets" binne-in jou met jou praat hieroor, en oor die vraag of dit wat jy nog heeltyd as drank "gebruik" gesien het, nie dalk besig is om in jou lewe drank "misbruik" of "dronkenskap" te word nie, gaan word asseblief iewers stil met God, en vra Hom of Hy dalk vir jóú iets wil sê oor die manier waarop jy tot dusver drank gebruik het. En wanneer Hy vir jou die antwoord gee, bly asseblief gehoorsaam aan Sy antwoord! Maar man, die lewe gaan "boring" wees sonder drank! Nee, my liewe vriend of vriendin, die lewe is 'n FEES met Jesus Christus en Heilige Gees in jou lewe!! Onthou wat het die mense gesê nadat Heilige Gees oor die mense uitgestort is: Handelinge 2:13: "Hulle is dronk". Ek is eerder sewe dae 'n week dronk van die wonderlike wete dat Heilige Gees binne-in my is, as wat ek my liggaam oorgee aan iets wat baie beslis vir God onaanvaarbaar is en inderdaad my liggaam langsamerhand fisies aftakel.
tiaan gildenhuys - 22/11/2001
SKINDER - WAT IS SKINDER?
Artikel Opskrifte
"Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet."
( Spreuke 18:21 )
Hierdie is 'n interessante teksvers, en word so baie deur mense aangehaal, maar wat beteken dit werklik? Dit beteken eenvoudig dat ons met ons tonge fisies dood kan spreek, of lewe kan spreek oor iemand of 'n saak. En "dood spreek", sluit ook in gewone ou menslike skinder.
In my omgang met kinders van God, het ek die afgelope ruk aan die volgende twee "definisies" van skinder gekom, wat dalk vir jou ook iets kan beteken, naamlik: indien dit wat ek aan persoon A vertel oor persoon B, gemelde persoon B in 'n negatiewe lig sal stel by persoon A, in hoe 'n geringe mate ookal, dan skinder ek oor persoon B. Wanneer ek dus met persoon A begin praat, moet ek myself die vraag afvra: "Sal dit wat ek nou aan persoon A gaan vertel, veroorsaak dat persoon A vir persoon B net dalk voortaan in 'n negatiewe lig gaan sien?" Indien die antwoord ja is, moet ek my eenvoudig fisies weerhou daarvan om dit aan persoon A te vertel.
Die tweede definisie, is dat ek skinder wanneer ek persoon B se getuienis "steel". Hoe doen ek dit? Kom ek gebruik die volgende voorbeeld: Koos drink baie en slaan sy vrou gereeld. Hy gaan sien 'n vriend, Piet en deel die probleem met hom. Intussen ontmoet Koos die Here en God bevry hom geheel en al van die probleem. Piet, wat die hele pad saam met Koos geloop het, vertel vir Gert in presiese detail wat Koos se vorige probleem was en wat met hom gebeur het, want hy is baie opgewonde oor SY aandeel in Koos se bevryding.. 'n Paar dae later loop Piet vir Gert raak en in sy opgewondenheid, wil hy vir Gert vertel wat God vir hom gedoen het, en Gert sê: "O, ek weet dit reeds, Piet het my vertel." Wat het Piet dus gedoen? Hy het Koos se getuienis "gesteel", hy het oor Koos geskinder! Wat moes Piet eerder gedoen het, vra jy? Hy moes net vir Gert gesê het, indien Gert daaroor sou vra: "Weet jy, ou Koos het 'n probleem gehad, maar prys die Here dat Hy hom van alles verlos het! Hou net aan bid dat die Here Koos veilig op sy nuwe pad sal lei." Vriend, so moet ek en jy in elke geselskap waarin ons ons bevind, die vraag afvra of ek in daardie geselskap enige persoon waaroor ons gesels het, se getuienis steel, en of ons daardie persoon moontlik in 'n negatiewe lig kan stel by enigiemand anders wat daar teenwoordig is. Indien wel, moet ek dit NIE spreek nie. Weet jy, al bedoel ek dit hier diep binne my ook HOE goed!
So hoor ek 'n ruk gelede die volgende staaltjie, wat die hartseer rondom skinder baie duidelik uitbeeld. 'n Ou vroutjie woon in 'n klein plattelandse dorpie, waar sy bekend is daarvoor dat sy oor alles en almal skinder. Op 'n dag gee sy haar hart vir die Here. Baie opgewonde gaan sy na die predikant toe en vertel vir hom van haar besluit. Sy vra hom toe ook wat sy moet doen om haar skinderstories van die verlede ongeldig te kan maak. Hy gee haar toe opdrag om die volgende week een van haar hoenders te vang en aan hom te bring. Sy maak toe so. Die predikant gee haar toe opdrag om die hoender die volgende week te slag en die vere in 'n sak vir hom te bring. So gesê, so gedaan. Die volgende week is sy daar met die sak vere. Daarop sê die predikant aan haar om in die dorpie se hoofstraat af te loop en die vere in die straat te strooi, wat sy dan ook doen. Die volgende week is sy terug by die predikant om te hoor wat sy nou nog moet doen om ontslae te raak van die ou skinderstories. Die predikant sê toe aan haar om die vere wat sy die vorige week gaan strooi het, weer op te tel. Verontwaardig sê sy dat dit tog onmoontlik is! Daarop is die predikant se antwoord aan haar: "So is dit ook met die skinderstories wat jy al die jare versprei het." Jy sien, dit is die hartseer van skinderstories, wanneer hulle gespreek is, is hulle uit en kan nie teruggetrek word nie.
Al wat dit werklik ongedaan kan maak, is totale vergifnis, soos Christus ons vergewe het. Kyk ook hoe duidelik stel Spreuke 23:29-3 5 hierdie aspek vir ons: "Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie." Ons moet ons dus fisies nie eens ophou met iemand wat bekend is dat hy maklik stories versprei nie.
'n Ander vers wat amper woordeliks dieselfde is, maar wat die hele oplossing hieroor openbaar, is Spreuke 11:13: "Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, BEDEK 'n saak ."
En ook die woorde van Spreuke 29:20: "Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom."
En, ter afsluiting, die baie bekende ou woorde van Jakobus 1:19: "So dan, my geliefde broeders, elke mens moet GOU wees om te HOOR, STADIG om te PRAAT, stadig om toornig te word." Ek kan net vra, Here vergewe my vir die kere wat ek iemand se geheim geopenbaar het in stede daarvan om dit te bedek, vir die kere wat ek haastig was in my woorde, vir die kere wat ek haastig was om te praat en stadig om te hoor! Lei my asseblief voortaan anders Here!
Vriend, kom ons begin leer om as kinders van God "betroubaar van gees" te wees en om mense se sake te BEDEK. Kom ons wees mense wat met 'n geheim vertrou kan word. En indien ons iemand tenagekom het met enige skinderstorie, moet ons daardie persoon om vergifnis vra, waarna ons die pad moet loop wat God wil hê ons moet loop. Kom ons gebruik ons tonge om LEWE in mense se lewens te spreek, anders is die Bybel baie duidelik dat ons baie beslis uiteindelik die vrugte sal pluk van dit wat ons spreek.
tiaan gildenhuys - 26/11/2001
Ek - moet vrek!
Artikel Opskrifte
Klink na vreeslike woorde nê ? En tog is dit by implikasie presies wat die Bybel vir ons sê: "Toe sê Jesus vir Sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homSELF verloën en sy kruis opneem en My volg" ( Mattheus 16:24 ) Maar die wêreld en sy prins van duisternis hou glad nie van hierdie woorde nie. So wat probeer hy doen? Hy probeer die "EK" in ons, die ou "SELF", net al hoe groter maak. Want hy weet, solank as wat hy die "EK" in kinders van God se lewens kan groter maak, hoe minder gaan daardie kinders van God die Bybelse waarhede op hulle persoonlike lewens toepas. "Ek is met Christus gekruisig en EK leef nie meer nie, maar Christus leef in my." ( Galasiërs 2:20 ) En as dit dan nou nie meer "EK" is wat lewe nie, maar wel Christus in my, hoe kan ek steeds weier om my mede-broer of suster te vergewe of vry te spreek vir ENIGIETS wat hulle dalk in MY oë verkeerd teen my gedoen het - maak nie saak hóé objektief ek daarna wil kyk nie ?
"Moenie iets doen uit SELFsug of uit ydele eer nie, maar in NEDERIGHEID moet die een die ander hoër ag as homSELF." ( Filippense 2:3 )
Eina! Ek het dus werklik nie 'n keuse in die saak nie, ek MOET die ander persoon hoër ag as myself, hoër ag as my eie "EK"! MAAK NIE SAAK WAT HY OF SY AAN MY GEDOEN HET NIE ! As ek wil aanspraak maak daarop dat Jesus in my woon, moet ek begin wandel soos Jesus gewandel het. En Jesus het geen wrokke gedra, of geweier om te vergewe nie, inteendeel, Sy opdragte hieroor was baie duidelik: "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. MAAR as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie." ( Mattheus 6:14-15 ) Kan hierdie teksvers enigsins duideliker gestel word? Ek dink nie so nie!
Vriend, is dit wat daardie persoon, medegelowige of wêreldling, aan my gedoen het, só erg - kán dit óóít so erg wees dat ek bereid is om daardeur die kans te waag dat God my ook nie gaan vergewe nie, omdat ek ongehoorsaam was aan Sy opdragte hieroor? Want jy sien, ek kan nie sê: "Ek pas die RES van die Bybel op my lewe toe, maar hierdie een ding weier ek om toe te pas!" nie. Dit kan tragiese gevolge vir my toekomstige en ewige welstand inhou. Paulus sê nie verniet: "Die HELE Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, SODAT die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk VOLKOME toegerus."
( 2 Timotheus 3:16 ) Daar is dus GEEN manier wat ek kan probeer beweer dat ek maar net sekere dinge in die Bybel op my van toepassing hoef te maak, terwyl ek die ander, wat MY nie pas nie, of wat gaan veroorsaak dat ek MY EGO en MY TROTS in my sak gaan moet steek, nie op my hoef toe te pas nie.
"Maar Tiaan, "EK" is reg in hierdie aangeleentheid, en hy is verkeerd, hy moet MY dus éérste om verskoning kom vra!" Sê my gou vriend: "Wat daarvan?" Kan jou reg wees in die betrokke situasie waarin jy jou spesifiek bevind, ooit opweeg teen die skade wat jy deur jou weiering aan die Koninkryk van God veroorsaak, deurdat mense in die wêreld, en ander medegelowiges, na jou optrede kyk en besluit: "As dít is hoe 'n kind van God teenoor mede kinders van God optree, wil ek eerder nie een wees nie!" Wat het jou "EK IS REG!" dus nou eintlik veroorsaak, liewe mens? Jy het iemand anders laat struikel! En wat sê die Bybel dáároor?
"Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dit liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie." ( Romeine 14:13 ) of ook: "Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mense DEUR WIE die struikelblokke kom." ( Mattheus 18:7 ) Wil jy graag deur jou optrede 'n struikelblok wees vir enigiemand hier op aarde, liewe mens, hetsy 'n gelowige of 'n ongelowige? Nie? Ek kan jou belowe jy gaan een wees deur te weier om te vergewe!
EK moet bereid wees om aan die SELF te sterf, ONGEAG wat die presiese omstandighede was. EK moet bereid wees om die minste te wees en daardie ander persoon hoër te ag as mySELF. Anders gaan ek ons Hemelse Vader hartseer en/of toornig op my maak. Hoe KAN ek verder enigsins my offer na Sy altaar toe bring in daardie onvergewensgesinde toestand waarin ek myself willens en wetens toelaat om te wees? "As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het (om nie eens te praat van jy wat iets teen jou broer het nie) , laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan VERSOEN jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe."
( Mattheus 5:23,24 ) Maar jy sien, VERSOENING beteken iets moet sterf, net soos wat God die wêreld deur die bloed van Jesus met Homself versoen het. Wat het gebeur sodat daardie "versoening" met die wêreld kon plaasvind? Jesus moes STERF aan die kruis! Hoe moet ek my dus met my broer "versoen"? EK moet STERF aan daardie kruis wat ek moet dra, tot eer van God! Dit gaan immers sedert my wedergeboorte NIE meer oor MY nie, maar oor Jesus Christus wat IN my woon, hieroor is God se Woord baie duidelik!
Jy sien, ongelukkig is die woord van die kruis, wat van my verwag om aan die SELF te sterf, vandag 'n baie ongewilde woord, 'n woord wat selfs nie eens Jesus se naaste kinders graag wil hoor nie. So het baie van Jesus se dissipels Hom reeds verlaat in
Johannes 6:60 e.v., omdat hulle vir Hom gesê het hierdie is 'n "harde woord" en wie kan daarna luister? Tog bly dit steeds die boodskap wat ons op die markplein moet uitlewe, wat ons aan die wêreld moet wys, want DIT is die woord van die Waarheid.
Lewe jy Galasiërs 2:20 in jou daaglikse omgang vriend, in welke geval ek saam met jou dankbaar is dat jou "EK" al "gevrek" het. Doen jy dit egter nog nie, moet jy asseblief die volgende waarskuwende woorde diep ter harte neem: "Elke hoogmoedige van hart is vir die Here 'n GRUWEL; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie." ( Spreuke 16:5 ) Wil jy steeds deur jou optrede vir God 'n "gruwel" wees, en die versekering hê dat jy NIE ongestraf sal bly NIE, of wil jy werklik poog om soos Jesus te wees en aan die SELF te sterf? En wees verseker, as jy nie bereid is om te sterf aan die SELF nie, IS jy baie beslis 'n "hoogmoedige van hart"!
Die keuse - is JOUNE!
tiaan gildenhuys - 18/07/2002
Mag ek maar vir God vra?
Artikel Opskrifte
Die standaard siening oor hierdie aspek, is: NOOIT! God kan nie gemanipuleer word deur dit wat ons van Hom vra nie. Ons kan nie deur ons vrae die almagtige God in 'n blik wil gaan druk en Hom daardeur probeer voorsê wat Hy moet doen nie! Ek stem eenhonderd persent met hierdie siening saam, behalwe vir één ding - die Bybel sê ek mag, nee, soms sê die Bybel selfs ek móét van Hom vra, maak nie saak waaroor nie. Omdat Hy my Hemelse Pappa is, mág ek van Hom vra, as ek siek is, as ek nie lekker voel nie, as my finansies op die koffie is, as ek iets nodig het, ensomeer. Daardie ou, bekende teksverse wat ons almal so goed ken, ( Mattheus 7:7,8 ) , steek sommer dadelik in my kop vas: "Bid (vra) en vir julle SAL gegee word.Want elkeen wat bid (vra) ontvang." Ja, uiteraard is daar natuurlik perke aan wat ek van God wil vra en moet ek ook aanvaar dat, soos enige ander Vader, Hy van tyd tot tyd ook "Nee!" kan sê. En dan moet ek ook leer om in gehoorsaamheid sy "Nee", te aanvaar en nie dikmond daaroor rond te loop nie.
Jesus stel dit selfs nog duideliker in ( Mattheus 21:22 ): "En ALLES wat julle in die gebed vra, SAL julle ontvang AS JULLE GLO." Maar sien, hier is nou 'n voorwaarde aan gekoppel. Ek sal ontvang as ek vra - MITS ek glo dat ek sal ontvang. Met ander woorde as ek nie glo dat ek dit sal ontvang nie, sal ek nie. Dit sluit natuurlik iets in soos om te bid vir my gesondheid as my liggaam wil ingee. As ek nie glo dat Jesus my kan en wil, genees nie, help dit nie eens ek bid nie, want ek het geen geloof nie. Dit is dan nie God se skuld as ek nie gesond word nie, dit is net my eie ongeloof s'n. Jesus se gedagtes vir ons is gedagtes van vrede, voorspoed en om genees te wees. Satan is die een wat ons wil pynig, vernietig en doodmaak.
Kan dit regtig so wees, vra jy, dat wonderwerke kan gebeur as ek daarom vra in Jesus se Naam? Baie beslis ja, as ek kyk na die woorde van Jesus in Johannes 14:12-14 : "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader gaan. En WAT julle OOK AL in My Naam mag vra, dit SAL Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle IETS in My Naam vra, SAL Ek dit doen." Kan ons dit nog duideliker uitgestippel wil hê? Ek mag dus vra vir 'n wonderwerk in my, of my vrou, of my kinders, of enigiemand anders se lewens en Jesus se belofte - want elke keer wat Jesus die woordjie "SAL" gebruik, is dit 'n belofte - is dat Hy dit vir ons sal doen of gee. Onthou dat Jesus nog nooit verander het nie, en ook nooit sal verander nie. ( Hebreërs 13:8 ) sê tog baie duidelik vir ons so: "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid" Daar bestaan dus nie 'n wonderwerk wat ek nie voor mag vra nie, want watter werke het Jesus gedoen? Hy het mense genees, hulle verlos van demone in hulle lewens, hulle lewens herstel ensomeer. Ons opdrag is dus om dieselfde te doen, maar uit ons eie kan ons dit nie doen nie, ons moet Hom vra om dit te doen.
Ek herhaal, daar is wel sekere voorwaardes aan gekoppel as ek van God wil vra. Kom ons kyk hier na die woorde van Jesus in ( Johannes 15:7 en 16 ): "As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra NET WAT JULLE WIL Hê, en julle SAL dit verkry." Sien jy die voorwaarde? Ek moet "IN" Jesus bly en Sy woorde ín my hê, voordat hierdie dinge sal gebeur wat ons vra. Dit beteken dus eenvoudig dat ek sal LEWE SOOS WAT JESUS WIL Hê ek moet lewe. My geloof moet dus 'n lewenswyse wees, en nie net iets wat ek een dag in die week uithaal en afstof vir 'n uur, net om dit dan weer vir 'n week lank te bêre nie. Eers as ek 24 uur 'n dag, 7 dae 'n week met Jesus en Sy Woorde - soos vervat in die Bybel- in my lewe besig is, sal ek die dinge begin verkry wat ek vra. Hoe anders kry ek Jesus se woorde IN my, as ek nie Sy Woord lees nie? Watter verskil is daar tussen 'n Bybel wat met kettings en slotte toegesluit is, en die een wat mooi op my bedkassie lê en lekker stof opgaar, maar nooit oopgemaak word nie? In beide Bybels bly die inhoud vir die eienaar daarvan 'n geheim.
Maar wanneer ek daardie wonderlike Boek oopmaak en die dinge daarbinne kom lê "IN" my hart, en dis nie meer vir my 'n geheim nie, gaan ek ook die volgende wonderlike woorde oor hierdie aspek raaklees: "Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, ALLES wat julle die Vader sal vra in My Naam, SAL Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle SAL ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees."
( Johannes 16:23,24 ) Dit wil dus vir my nogal lyk of Jesus weet ons kom nie behoorlik in Sy Woord nie, want daar sê Hy baie duidelik ons het tot nou toe nog niks in Sy Naam gevra nie. Die implikasie is dus duidelik dat ons tot dusver nie ontvang het nie, juis omdat ons nie in Sy Naam gevra het nie.
Weet jy waar lê die groot probleem, vriend? Die feit dat ons nie almal met alles in ons probeer om 'n lewende persoonlike verhouding met Hom aan te knoop nie. Want die oomblik as ek 'n persoonlike verhouding met Jesus gaan aanknoop, gaan ek Sy Woord graag "IN" my wil hê en gaan ek "IN" Hom wil bly. Hoekom? Wanneer ek 'n persoonlike verhouding het met iemand, hetsy my pa, my ma, my broers en susters of vriende, verleen daardie persoonlike verhouding mos 'n vrymoedigheid aan my om daardie persoon te nader en te VRA as ek iets nodig het, is dit nie? Presies dieselfde is van toepassing op my en Jesus. Kyk hoe duidelik stel die apostel Johannes dit in
1 Johannes 5:14,15 : "En dit is die VRYMOEDIGHEID wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra VOLGENS SY WIL. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, WAT ONS OOKAL VRA, on sid bedes verkry wat ons van Hom gevra het." Is dit nie wonderlik nie? Maar hier is weer 'n voorwaarde: Ek moet vra "volgens Sy wil". Hoe doen ek dit, sal jy wonder? Wanneer ek daardie persoonlike verhouding met Jesus het, en in Sy woord begin inbeweeg, en Hy in my is, gaan ek al hoe meer besef hoe en wat HY WIL Hê ek moet vra en gaan ek dus sekere dinge vir Hom begin vra "volgens Sy wil".
Die antwoord lê dus uit en uit opgesluit in daardie persoonlike verhouding met Jesus. Het jy al met Jesus daardie persoonlike verhouding aangegaan vriend? Het jy Hom al met 'n eenvoudige gebed in jou lewe ingenooi as Redder, Verlosser en Saligmaker, al gaan jy al tagtig jaar lank twee keer op 'n Sondag kerk toe? Want as jy dit doen of al gedoen het, gaan jy wéét, jy mág van God vra, en Hy SAL jou vrae antwoord - VOLGENS SY WIL en OP SY TYD, níé op jou tyd nie! Vriend, ek nooi jou uit, as jy Jesus nog nie persoonlik ontmoet het nie, doen dit nou, en begin op 'n wonderlike nuwe pad met Hom loop waar jy kan begin leer om van Hom sekere dinge te vra
"volgens Sy wil" en om dan die wonderlike ervaring te hê dat Hy géé wat jy gevra het, keer op keer op keer.
Die Vader wíl sonder twyfel vir ons gee wat ons vra, hoekom anders het Hy Dawid gelei om die volgende woorde in Psalm 34:7 te skryf: "Vertrou op die Here, en doen wat goed is, bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die Here; dan SAL Hy jou gee die begeertes van JOU hart" Sien jy egter eers weer die paar voorwaardes? (1) Vertrou op God, (2) doen goed en bly weg van die kwaad af, (3) wees getrou, nie net teenoor God nie, maar ook teenoor jou medemens, (4) verlustig jou in God se geselskap, met ander woorde deur middel van daardie persoonlike verhouding, en wat gaan dan gebeur? Hy SAL vir jou die begeertes van JOU hart, met ander woorde, dit wat JY gevra het, géé, want Hy is 'n barmhartige en liefdevolle Vader wat vir Sy kinders baie graag presiesd it wil gee wat hulle vra. Mits hulle op Sy leiding wag.
Het JY al vir God die belangrikste vraag van ALMAL gevra liewe vriend? Watter vraag? Die volgende een:
"Jesus, SAL U asseblief ook in MY hart kom woon?"
Die keuse - is JOUNE!
tiaan gildenhuys - 18/07/2002
DIE CHRISTEN EN FINANSIES
Artikel Opskrifte
Hierdie is 'n aspek wat al wyd onder gelowiges gedebatteer is. Sommige Christene glo dat hulle finansieel móét swaarkry, terwyl andere weer dink hulle kan God vra vir die grootste, blinkste huise en motors en die Here moet net spring om dadelik aan hulle "eise" te voldoen. Liewe leser, neem van een ding baie duidelik kennis: God se seën moet nie altyd nét in GELD gesien of gesoek word nie ! Ons Hemelse Vader seën ons daagliks op hordes verskillende wyses, as ons dit net wil begin raaksien. Dit is nie verniet dat Jesus in Johannes 10:10 gesê het: "Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê." Daardie oorvloed verwys na geestelike, sowel as liggaamlike, materiële, oorvloed.
Maar soos in enige wedersydse verhouding, is daar sekere voorwaardes wat geld en waarna opgelet moet word indien ons daardie seën ook in ons finansies wil kan sien. Daar is onder andere (om maar een voorwaarde te noem) 'n baie duidelike opdrag in die Bybel dat ons een tiende van ons inkomste na die "skathuis", die plek waar ons geestelik gevoed word, moet bring, en dan gaan die Here selfs so ver as om ons uit te daag om Hom te toets of hy nie die vensters van die hemel vir ons sal oopmaak en op ons: ".'n oorvloedige seën sal uitstort nie."
By die Eksderde Manne- en Vrouekampe ongeveer 30 km noord van Pretoria , word daar op 'n gereelde basis lesings aangebied oor hierdie aspek. Daar is menige getuienisse oor manne wat daarna besluit het om die Here op Sy Woord te neem en op 'n MAANDELIKSE basis, nie slegs in die tiende maand van die jaar nie, ook een tiende van hulle inkomste af te staan vir God se werk. Die finansies wat ons so gee, gaan in die eerste plek nie "vir die kerk" nie, maar vir die uitdra van God se Woord en die doen van Sy werk, hetsy deur Sy tradisionele kerke hier op aarde of deur ander instansies wat ook mense geestelik voed, soos byvoorbeeld die Christen manne - en vrouekampe wat dwarsoor die land opspring. Vanuit die Bybel blyk dit baie duidelik dat alles wat ons het en ontvang, in elk geval van Hom af kom en aan Hom behoort.
So is daar byvoorbeeld die getuienis van die meubelwinkeleienaar wat soms selfs meer as 'n tiende van sy inkomste maandeliks begin gee het en binne enkele maande gesien het sy winkelomset is ongeveer 60% hoër as voorheen. Sy getuienis is dat daar skielik meerdere transaksies van meer as R1 miljoen glad begin deurgaan het, iets wat hy nooit voorheen in sy lewe in sy winkels gehad het nie.
Daar is ook die getuienis van die persoon met die vloerverhittingsbesigheid wat binne 'n tydperk van ongeveer twee weke na 'n kamp waarop hy die besluit geneem het om ook sy maandelikse tiende te begin gee, begin sien het hoe sy besigheid se omset klim. Met baie opgewondenheid vertel hy dat sy besigheid se omset vir die tydperk van ongeveer 11 maande na daardie kamp, vergeleke met sy omset van vier vorige jare, met ongeveer 200% verhoog het. Jy sien, God vra net gehoorsame kinders, wat bereid is om Hom op Sy Woord te neem en dan seën hy hulle met oorvloed, nie net geestelik nie, maar ook finansieel.
Dit is dus baie duidelik vanuit hierdie persone se getuienisse, en die lees van die Bybel, dat, wanneer ons 'n pad van persoonlike verhouding met Jesus Christus begin stap, dinge werklik met ons begin gebeur. Dit gaan egter daarom dat ons God se Woord sal glo, Hom sal vertrou dat Hy sal doen wat hy sê, en ook dat ons sal volhard in die geloof in Jesus Christus.
tiaan gildenhuys - 08/01/2003
MAAK SKOON JOU HUIS - IS MAAR NET 'N KLEIN GEDEELTEJIE
Liewe vriend & vriendin
MAAK SKOON JOU HUIS - IS MAAR NET 'N KLEIN GEDEELTEJIE
Na aanleiding van al die kontroversie wat ons eerste DVD van ”Maak skoon jou huis”, wat gedurende 2005 op die mark gekom het, veroorsaak het, wil ek net graag ‘n paar aspekte duidelik maak.
In die eerste plek moet ALLES in ons daaglikse lewens oor Jesus Christus gaan, en hoe Hy wil hê ons moet lewe. Daarom is dit belangrik om EERSTENS te verseker dat ek Hom aangeneem het as my Redder, Saligmaker en Verlosser. Daarna moet ek seker maak dat ek begin kennis inwin van ‘n outoriteitslewe in Sy Koninkryk op n daaglikse basis. En sodra ek regtig weet wie ek is in Jesus Christus en wat Hy van my verwag, kan ek verder gaan om Hom te vra om dieper openbaringe rakende Sy Woord aan my te gee. Dit sluit immers in dat ek onder andere wil leer hoe Hy wil hê ek ook met my fisiese huis en besittings moet omgaan kragtens Sy Woord.
Daarom, wanneer ons vierdaagse seminare by kerke, kampe of selgroepe aanbied dwarsdeur die land, doen ons dit in ‘n spesifieke volgorde. Die eerste lesing wat ons aanbied, is “Verhouding met God” sodat die mense kan besef dat dit in die eerste plek daaroor gaan dat hulle in ‘n persoonlike verhouding met God moet lewe. Die tweede lesing is “Identifiseer die Leuen”, sodat mense kan sien hoe en waar het die duiwel vir hulle gelieg in hulle lewens en sodat hulle téén hom kan kies en vír Jesus Christus. Derdens bied ons dan “Koninkryk=Heerskappy” aan. Hierdie lesing gaan oor die uitleef van ons outoriteit in God se Koninkryk op ‘n daaglikse basis, wat insluit dat ons vervul moet word met die Heilige Gees, waarsonder ons geen ware geestelike outoriteit sal hê nie.
En die LAASTE lesing wat ons aanbied, is “Maak skoon jou huis”. Want ek kan immers nie voor die Here staan en sê: “Here, hier is my liggaam en my lewe, ek hou dit rein en suiwer. Maar Here, hierdie fisiese huis/plaas/besigheid van my, wat ek immers óók van U ontvang het, is vrot van die duiwel se goed, en U sal seker nie omgee nie?” Hoe kan ek dit wil doen? As ek rein voor God wil lewe, wil ek persoonlik seker maak dat ALLES in my lewe, fisies sowel as geestelik, rein voor Hom sal wees. Juis omdat ek Christus-gesentreerd is, wil ek seker maak dat ek niks by my het waarvan Hy nie sal hou nie.
Die rede waarom hierdie lesing soveel kontroversie veroorsaak, is die volgende:
1. In die eerste plek het baie mense wat daarna kyk, self nog geen besluit gemaak om in ‘n intieme persoonlike verhouding met Jesus Christus te lewe nie.
2. Hulle sien die DVD en verstaan waar kom sommige van die probleme vandaan wat hulle reeds ervaar het, en wil skielik “huis skoonmaak” om sodoende VAN HULLE PROBLEME ONTSLAE TE RAAK. Dit is totaal die verkeerde rede. As mens nie jou huis wil “skoonmaak” sodat jy sodoende nog nader aan Jesus Christus kan kom nie, doen jy dit vir die verkeerde rede en gaan daar groter probleme in jou huis ontstaan.
Mattheus 12:43-45 bepaal immers duidelik dat, wanneer die onrein geeste van ‘n plek af weggestuur word, gaan hulle deur droeë, waterlose plekke en kom dan TERUG. En as hulle die betrokke plek waar hulle vandaan gekom het, leeg en aan die kant vind, met ander woorde, nie vol van die Heilige Gees en God se krag nie, bring hulle SEWE ander geeste, slegter as hulleself. Die Bybel bepaal dan duidelik dat dit met die tweede mens nog erger sal gaan as die eerste.
3. Omdat hulle geen geestelike outoriteit het nie, vanweë die feit dat hulle nie ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus het nie, en omdat hulle nog nie vervul is met die Heilige Gees nie, manifesteer die duiwel skielik in hulle huis omdat sy lêplekke nou uitgewys is, en dan skrik hulle. Hulle weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. Hulle kan dan ook nie enige geestelike outoriteit uitoefen nie en skrik vir al die hel wat rondom hulle losbars. Skielik is hulle vreesbevange, en weer eens is die Bybel duidelik in 2 Timotheus 1:7 dat vrees nie van God af kom nie, so, as dit nie van Hom af is nie, is dit mos baie duidelik die duiwel se werkinge.
Daarom is dit baie belangrik dat mense verstaan dat “Maak skoon jou huis” bloot ‘n klein gedeeltetjie van God se hele Woord uitmaak. Te veel mense wil dit hulle eie “evangelie” maak en dink dat dit met hulle sal goed gaan solank hulle net hulle huise “skoongemaak” het en niks verder nie. Nee! Die eerste voorwaarde is dat my liggaamlike huis, my lewe, eers “skoongemaak” moet word en aan Jesus Christus toegewy moet word, voordat ek die res kan begin doen. Die EERSTE VOORWAARDE IS EN BLY ‘n persoonlike, intieme, verhouding met die lewende Jesus Christus!
Wat ons bepaald met al die DVD’s wat ons op die mark het met betrekking tot “Maak skoon jou huis” probeer doen, is om slegs die Bybelse BEGINSEL rakende hierdie dinge, aan God se kinders te verduidelik. Sodra hulle dan die beginsel snap, moet elkeen wat hom- of haarself ‘n kind van God noem, gaan bid en die Heilige Gees om leiding vra rakende betrokke items in die huis. As jy vrede het rondom ‘n betrokke item, dan is dit ‘n saak tussen jou en God.
Daarom sal ons voortaan ook die bepaalde vier lesings wat ons gereeld by seminare aanbied, naamlik: “VERHOUDING MET GOD, IDENTIFISEER DIE LEUEN, KONINKRYK= HEERSKAPPY en MAAK SKOON JOU HUIS” in die vorm van ‘n pakket van vier DVD’s aanbied sodat mense die korrekte aanloop kan neem en AL die betrokke inligting bymekaar kan hê. Dan hoef die wa nie voor die perde gespan te word deurdat éérs “huis skoongemaak” wil word nog voordat by Jesus Christus uitgekom is nie, maar kan enige persoon sien wat die korrekte geestelike lyn is om te volg.
Mag Jesus Christus julle mildelik seen op die pad wat julle saam met Hom stap!
tiaan gildenhuys
GOD MAAK NIE DOOD NIE
Liewe vriend & vriendin
GOD MAAK NIE DOOD NIE
Ek het opnuut tot hierdie besef gekom toe ek ‘n week gelede voor my 23-jarige stiefdogter (Imari) se oop graf gestaan het. Sy is enkele dae vantevore aan hartversaking oorlede.
En onmiddellik was daar weer die normale: “Dit was maar seker die Here se wil”, of: “Hy het die mooiste blommetjie gepluk om in Sy tuin te plant” van mense se kant af. Nee weet jy, ek glo dit lankal glad nie meer nie. Daarom het ek reeds ongeveer 4 jaar gelede ‘n boek geskryf met die titel: “God is nie in die doodmaak besigheid nie”. Gedurende 2006 het ons dan ook ‘n DVD vrygestel met die titel: “God maak nie dood nie ”.
Waar kom ek daaraan? Ek lees maar net woord vir woord wat bepaal die Bybel. In Johannes 8:44 sien ek Jesus Christus is aan die woord en Hy sê onomwonde: “… die duiwel… Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af…” Dit is nie sommer enige mens wat hier praat nie, maar Jesus Homself. En wie is Jesus? Hy is God! En wat sê Hy? Hy sê SATAN is ‘n mensemoordenaar VAN DIE BEGIN AF. Van watter begin af? Van Kain en Abel af.
In Johannes 10:10 is Jesus weer aan die woord en Hy sê: “Die dief (satan) kom NET om te steel en te slag (Eng.- ”kill”) en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Jesus Christus Homself sê vir my dat SATAN die een is wat ‘n mensemoordenaar is van die begin af en dat hy gekom het NET om te steel, verwoes en dood te maak. Maar dan kom ons as mense by so 'n hartseergeleentheid en ons wil onmiddellik vir God die skuld gee vir daardie persoon se dood. God Homself sê satan maak dood en die mense sê God maak dood. En dan glo ons die mense.
Dit was nie God wat daardie persoon doodgemaak het nie! Dit was satan! En dan wil hy hê ons moet vir God beskuldig daarvoor. Sodoende wil hy veroorsaak dat van die familielede wat agterbly, later so kwaad is vir God oor hulle geliefde/s se afsterwe, dat hulle uiteindelik niks meer met God te doen wil hê nie. Daar bestaan ook nie so iets dat dit “…die Here behaag het om… van ons weg te neem…” nie. Hoe kan ek dit sê? Ek lees weer eens net die Bybel. Esegiël 18:32 bepaal: “Want Ek het GEEN behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE.”
Dit is mos 'n teenstrydigheid om vir iemand te sê: “God het jou kind/broer/man/vrou doodgemaak, gaan vind nou jou berusting by God”. Geen mens sal vir berading na daardie een persoon toe gaan wat fisies die dood van sy of haar geliefde veroorsaak het nie. Maar die oomblik wat ek die waarheid vanuit die Woord snap dat dit nie ons wonderlike Hemelse Vader was wat ons geliefde/s “doodgemaak” het nie, maar wel die satan wat sy of haar “vlees” “verderf” het (volgens 1 Korinthiërs 5:5 (1933-vertaling)), kan ek nou met my hartseer en my rou op God se skoot gaan klim en al my trane teen Sy bors gaan uithuil.
Ek weet wel een ding – die oomblik toe die satan Imari se “vlees verderf” het, was die engele in haar kamer om haar GEES reguit hemel toe te neem! Hoe kan ek so seker wees? Want sy het 'n keuse gemaak, en het die Here liefgehad met haar hele hart en het Hom veral die laaste paar maande van haar lewe met 'n passie begin dien. Dus het God haar nie doodgemaak nie, dit het satan en sy bose magte reggekry, maar God het net haar gees “huis toe gevat”. Na die plek toe waar sy as Sy kind behoort. Daar waar sy nou in onverganklike heerlikheid vir ons almal wat ook vir God 'n keuse gemaak het, wag.
Maar juis omdat so baie mense vir baie jare nie die teenstrydigheid kon insien nie, is daar baie mense wat effektief van God af weggedraai het ná die afsterwe van hulle geliefde/s. Wat veroorsaak dit? Hulle geliefdes wat Jesus geken en gedien het, wag vir hulle voor God se troon om die ewigheid saam met hulle te kan wees, maar omdat die agtergeblewenes weggedraai het nadat hulle begin glo het dit was God wat daardie geliefdes doodgemaak het, eindig hulle in die ewigheid op 'n ander plek. 'n Plek van smarte, ver verwyder van God en van hulle geliefdes.
Kyk gerus na nog een laaste teksvers indien jy my nog nie glo nie: 2 Samuel 14:14 : “Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ‘n mens nie weer kan versamel nie; en GOD NEEM DIE LEWE NIE WEG NIE …”
Liewe vriend & vriendin, as jy tot dusver nog gewroeg het met daardie teenstrydigheid in jou ná 'n geliefde se dood, kan ek net bid dat hierdie kort briefie jou gehelp het om tot ander insigte te kom, en met nuwe oë na ons wonderlike Hemelse Vader te kyk.
Hoor wat sê Hy vir jou en vir my in Jeremia 29:11: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n HOOPVOLLE TOEKOMS te gee.” Ek en my familie weet dat ons 'n hoopvolle toekoms het om eendag in alle ewigheid saam met Imari te wees. Juis omdat ons almal ook al, soos sy, 'n keuse vir Jeus gemaak het. Weet jy dit al?
Die enigste manier hoe jy kan seker wees dat jy ook eendag saam met jou geliefdes kan wees wat alreeds dood is, is om Jesus Christus ook as jou Verlosser, Redder en Saligmaker aan te neem. Hoe? Deur gou die volgende gebedjie hardop te bid, net daar waar jy sit: “Here Jesus, ek weet en erken dat ek 'n sondaar is. Ek bely nou en hier al my sondes voor U, my verkeerde gedagtes, verkeerde woorde en verkeerde dade. Here, U ken tog alles. Ek bely dit as sonde en ek vra U om my te vergewe. Dankie Jesus dat ek kan weet U vergewe my nou. Open asseblief U Woord vir my en leer my om van vandag af alles te onderhou wat U in U Woord bepaal, sodat ek ook gehoorsaam aan U kan lewe. Dankie Here dat ek nou kan weet, wanneer ek die dag sterwe, sal ek ook in ewigheid saam met my geliefdes wees wat my reeds voorgegaan het in U Hemelse Koninkryk in. Halleluja! Amen.”
As jy dit nou gedoen het, weet ek dat Imari saam met duisende engele voor die troon van God juig omdat jy nou ook eendag saam met ons en hulle almal in daardie onverganklike heerlikheid sal wees! Prys Jesus vir jou keuse!
In liefdevolle herinnering aan IMARI PRINSLOO, prinses van God.
8 April 1984 – 20 April 2007
MAAK SKOON JOU HUIS!
MAAK SKOON JOU HUIS!
Het jy al ooit daaraan gedink dat dit nie net jou liggaam is wat heilig, suiwer en rein voor ons Hemelse Vader moet wees nie? Dat selfs jou BESITTINGS suiwer en rein en heilig voor Hom moet wees? In Deuteronomium 23:14 staan daar immers: “Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou LAER HEILIG WEES…” In my en jou geval vandag, is ons “laer” natuurlik ons huise, besighede of plase.
Daar is tog geen manier wat ons as kinders van God voor Hom kan staan en sê: “Here, hier is ek, U kind en ek is heilig voor U met my liggaam. Maar Here, hierdie huis/besigheid/plaas WAT U VIR MY GEGEE HET, is vrot van die duiwel se goed. U sal seker nie omgee nie?” Wie van ons sal durf waag om so iets te sê?
Dalk het jy al my eerste DVD, “Maak Skoon Jou Huis” gesien wat ongeveer 18 maande gelede uitgekom het en waarop hierdie aspek bespreek is. Die koninkryk van duisternis probeer natuurlik hulle bes om die kinders van God se oë versluier te hou vir hierdie manier waarop hulle ons aanval. Daarom maak satan seker dat ons Christene so met mekaar stry oor hierdie goed, dat die betrokke items rustig in ons huise bly lê. Hierdie veld is egter so wyd dat daar 80 DVD’s gemaak kan word, maar nog steeds net die punt van die ysberg aanspreek.
Hoe dit ookal sy, na aanleiding van letterlik honderde op honderde navrae, getuienisse, e-posse, foonoproepe en sms’e wat ons van dwarsoor die land, en selfs van oorsee ontvang het, is ons gelei gevoel om vier nuwe DVD’s, getiteld: “Maak Skoon Jou Huis 2”, die lig te laat sien. Hierop bespreek ons hierdie aspek van afgode wat God se kinders onwetend (en soms wetend) in hulle huise inbring, meer breedvoerig. Dit word as ‘n pakket aangebied, met een DVD gerig op klein kindertjies, een op tieners, en twee op die ouers. Indien jy sou belangstel daarin, kan jy die bestelvorm gebruik wat op ons webblad voorkom.
Mag Jesus Christus jou seën vir jou gehoorsaamheid aan Sy Woord.
L iewe V riend >
Die afgelope aantal maande het die kwessie van gehoorsaamheid aan God, deur die
openbaring van Heilige Gees, vir my al hoe duideliker en duideliker begin word.
Ons het so gewoond geraak daaraan om maar net die Woord van God te hoor, Sondag
vir Sondag, dat ons nie meer werklik besef dat dit ook elke dag van die res van
die week uitgeLEEF moet word, GEDOEN moet word nie! Dat ons Hemelse Vader 'n
ABSOLUTE, ONVERANDERLIKE realiteit en nie net 'n godsdienstige mite-figuur is nie!
Dat ons die hele Bybel werklik LETTERLIK én GEESTELIK kan en mag opneem!
Regtig nét SOOS KINDERTJIES! Vroeg-vroeg lees ons al in die Bybel, in Levitikus 18:4-5 :
My verordeninge MOET julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die Here julle God. HOU dan my insettinge en my verordeninge wat die mens MOET DOEN, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die Here.”
Ek weet die argument sal nou wees dat hierdie gedeelte Ou Testamenties is, en verwys
na die “wet”, wat nie meer na die letter op ons van toepassing is nie, maar wel net
in die Gees, omdat dit nou op ons harte geskrywe is. Wel, in daardie geval, kom ons
gaan kyk wat sê Jakobus in die Nuwe Testament oor hierdie aspek, en meer spesifiek in Jakobus 1:22-25 :
“En word daders van die woord en NIE net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand 'n hoorder van die woord is en
nie 'n dader nie, die is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien; want hy
sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die
volmaakte wet van die vryheid en daarby bly ,
hy sal, omdat hy nie 'n
vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy DOEN.”
En kyk wat sê Lukas 6:46 :
“En wat noem julle My: Here, Here! En DOEN nie wat Ek sê nie? ”
Of terug na Jakobus in Jakobus 2:14 en 17 :
“Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Díé geloof kan hom tog nie red nie?… Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. ”
Johannes verwys ook daarna in 1 Johannes 3:18 :
“My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die DAAD en in waarheid. ”
Dit is dus baie duidelik dat daardie opdrag om gehoorsaam te wees aan AL sy verordeninge,
wat reeds vroeg in die Bybel opgeteken is, BESLIS vandag nog op ons van toepassing is.
En nie net na die letter van toepassing is op ons hedendaagse lewens nie, maar ook werklik
UITGELEEF moet word, GEDOEN moet word! Die Bybel is vol geloofsbeginsels wat van ons vereis
om dit uit te leef, om dit werklik te doen! As God vir ons sê om op te hou met iets,
moet ons OPHOU daarmee. As Hy sê ons moet breek met die ou mens, moet ons BREEK daarmee.
Sê Hy werklik so iets? Ja, inderdaad. Kyk net na Efesiërs 4:22-24 :
“…dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die OUE MENS moet AFLÊ wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word
in die gees van julle gemoed en julle met die NUWE MENS moet BEKLEE wat na God geskape is in
ware geregtigheid en heiligheid.”
Is dit moeilik om so met die ou mens te breek, om die “vorige lewenswandel” af te lê?
Dit klink tog so vir my of dit baie moeilik moet wees om “in ware geregtigheid en heiligheid”
te lewe? Nee, liewe vriend, INTEENDEEL! Dis so maklik soos gee jou hart vir die Here met 'n
eenvoudige gebed, sodat jy daardeur WEDERGEBORE kan word, soos Jesus dit duidelik aan Nikodemus
uitgewys het in Johannes 3:3-5 ,
wat dan onmiddellik daardie persoonlike
verhouding met God gaan meebring, en wat onmiddellik gaan meebring dat die liefde van Jesus
in jou, jou gaan begin lei om daadwerklik met daardie “ou” dinge op te hou. Dit is werklik
só maklik!
Mag Jesus jou seën op 'n nuwe gehoorsaamheidspad saam met Hom.
L iewe V riend
Het jy geweet daar was eendag 'n MAN wat aan 'n houtkruis gehang het op 'n heuwel?
En dat Hy daar gehang het om jou en my ewige saligheid te verseker? En om vir ons
hier op aarde reeds 'n volheidslewe, 'n lewe van OUTORITEIT te verseker? Ja jy weet
van wie ek praat… Niemand anders nie as JESUS CHRISTUS van Nasaret! Hy wat gesê
het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur
My nie.” (Johannes 14:6) Daar bestaan eenvoudig net nie so iets soos: “There are many
roads leading to Rome” nie. Daar is NET EEN weg na ons Hemelse Vader, en dit is deur
Jesus Christus.
En sedert die vroegste tye is daar 'n vyand wat hierdie waarheid kom steel, op baie
verskillende maniere. Sy naam is “the destroyer” (satan) en hy het net gekom om te
steel, slag en verwoes (Johannes 10:10). Uit die aard van die saak wil hy dus ook die
waarheid rondom Jesus Christus, en wat Hy vir ons kom doen het, steel, slag en verwoes.
En hoe doen hy dit? Onder andere deur mense te laat glo hy bestaan nie werklik nie, en
dat dit wat die Bybel “die duiwel” of “satan” noem, eintlik maar net die mens se inherente
boosheid is.
Die oomblik wat ons daardie leuen glo, betwyfel ons nie net Jesus Christus nie, maar die
hele Bybel. Hoe kan ek so sê? Want Jesus Christus het persoonlik voor die duiwel
gestaan tydens Sy versoeking in die woestyn. En Hy is die een wat ons geleer het satan
is die een wat kom steel, slag en verwoes. So, as satan dus nie werklik bestaan nie, het
Jesus vir ons 'n leuen vertel. En, nou ja, as Hy vir ons een leuen vertel het, wie sal Hom
kan glo oor die res van die dinge wat Hy gesê het? Dit is presies wat die duiwel wil hê!
Jy sien, satan hoef jou nie so ver te kry om te twyfel in die hele Bybel nie, liewe vriend. Hy
hoef jou net so ver te kry om te twyfel in EEN teksvers, want as jy in een teksvers begin twyfel,
waarom sou jy die res van die teksverse in die Bybel glo? Jesus het ons lankal reeds gewaarsku
deur die woorde: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie, en ook nie die krag van God nie.”
(Mattheus 22:29). Dit is vandag nog menige Christen se hele probleem. Hulle dwaal oor die waarheid,
omdat hulle die Skrifte nie ken nie, en ook nie die krag van God nie. Daarom word hulle sommer maklik
deur enige geringe misleiding weggetrek van die waarheid af.
Is dit nie vir jou tyd om op te staan en te vra: “Vader, ek wil nie meer dwaal nie, ek wil die Skrifte
ken, openbaar dit asseblief aan my!” Kyk watter mooi getuienis vind ons in die Woord oor die mense van
Beréa: Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En
toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as
dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die
Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.” (Handelinge 17:10, 11) Sien jy? Hierdie mense van Beréa
is “edelmoediger” = “of a more noble character” geag as die mense van Thessalonika. Waarom? Juis omdat hulle
nie sommer alles geglo het, alles vir soetkoek opgeëet het wat Paulus en Silas hulle vertel het, net
omdat dit die “belangrike PAULUS” was, nie. Nee, hulle het ELKE DAG die Skrifte (in ons geval die Bybel),
ondersoek om te kyk of hierdie dinge so was wat Paulus hulle vertel het. Sy geleerdheid het hulle nie afgeskrik
daarvan om hom nog steeds te gaan toets aan die Skrif nie.
Ons Christene is te geneig om sommer net enigiets te glo wat ander mense vir ons vertel, sonder om self die Woord
te ondersoek om te kyk of dit wat daardie persoon ons vertel het, so is of nie. Dit maak nie saak wie die persoon
is nie, watter tipe geleerheid hy of sy het, of waar hy of sy vandaan kom nie. Ons kan die woord/boodskap wat daardie
persoon bring, ook met “alle welwillendheid ontvang” wanneer ons dit hoor, maar daarna moet ons SELF die Woord
DAAGLIKS gaan ondersoek om te kyk of die dinge wat daardie persoon gesê het, so is of nie.
Hierdie is natuurlik maar net nog een van die leuens wat die satan gebruik om ons te probeer keer van die volheidslewe
wat ons in Christus kan hê as ons self begin raaklees wat die Woord van God alles bepaal. Hy wil juis nie hê
dat ons self sal begin rondkrap in die Woord nie, daarom wil hy hê ons moet sommer net alles glo wat almal vir ons
sê. Die ander leuen wat hy gebruik is om, telkens nadat hy in ons lewens iewers gesteel, slag of verwoes het, vir
God die skuld daarvoor te gee: “O, dis seker omdat jy so vol sondes is dat hierdie slegte ding met jou gebeur het. God
straf jou nou vir jou sondes!” Regtig? Nee! Dit is nie so nie, want God is NIE die verwoester nie! Of die ander leuen dat
God die een is wat ons mense doodmaak. Dit terwyl Jesus baie duidelik gesê het dat satan 'n mensemoordenaar is, van
die begin af (Kain en Abel). Jy sien, ons dwaal, omdat ons die Skrifte nie ken nie.
Liewe vriend, neem net baie duidelik kennis van een ding: satan kan jou niks MAAK doen nie! Hy kan slegs gedagtes in jou
kop sit, en dan moet jy KIES wat jy daarmee gaan maak. Die Woord bepaal ons moet elke gedagte gevange neem tot
gehoorsaamheid aan Christus, sodat ons nie so maklik op hierdie dwaalweë gebring kan word nie.
Indien jy sou belangstel om meer uit te vind rondom jou ware Outoriteit in Christus, en ook meer wil weet rondom die
vyand se leuens in jou lewe, bestel gerus enige van ons dvd's of boeke op hierdie webblad, of woon gerus een van ons
kampe of optredes by. Dit is tyd dat God se ware kinders begin opstaan in die werklike outoriteit waaroor hulle beskik
in Jesus Christus, en dat hulle nie meer soos golwe op die oseaan rondgeslinger word deur hierdie menslike lering, of
daardie menslike lering nie. Die slagspreuk bly steeds: TERUG NA DIE WOORD! God se Woord is onfeilbaar en korrek, begin
dit net TOEPAS in jou lewe!
Liefde en vrede vir jou, in Jesus Christus se kosbare en wonderlike Naam.
Kom stap die pad saam met Jesus
KOM STAP DIE PAD MET JESUS
Kom ons stap die pad saam met Jesus Christus van Nasaret, van dáár waar dit werklik begin het.
Die profesie word ontvang:
“Want ‘n Kind is VIR ONS gebore, ‘n Seun is AAN ONS gegee; en die heerskappy is op sy skouer , en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors…“ (Jesaja 9:5 )
Wonderlik om te sien VIR WIE hierdie Kind gebore is, en AAN WIE hierdie Seun gegee is, nê?
Die profesie word vervul:
“En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle VANDAG in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is . En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (Lukas 2:8 – 14 )
Kyk net daar, selfs vóórdat Jesus een enkele tree kan loop, leer ons al klaar wat gaan met ons almal gebeur wanneer ons Hom die dag werklik persoonlik ontmoet. Presies dit wat met daardie herders gebeur het.
“En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit GESIEN het , het hulle oral die woord BEKEND GEMAAK wat aan hulle van dié Kindjie vertel is. En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het , net soos aan hulle gesê is.” (Lukas 2:16-20 )
Ja, elke mens wat Jesus Christus persoonlik ontmoet, en sien dat Hy inderdaad 'n werklikheid is, kan nie ánders as om órals die woord oor Hom bekend te maak nie. Met ander woorde, om oor Hom te getuig! En die resultaat van dit wat so vertel word, bring ander mense ook in verwondering oor die getuienis wat aan hulle vertel word, wat weer daartoe lei dat mense teruggaan na hulle eie huise en God verheerlik en prys oor dit wat hulle gehoor en gesien het.
Dan begin Jesus stap. Toe Hy twaalf jaar oud was, gaan sy ouers volgens hulle geloof se tradisie na Jerusalem om die Paasfees te gaan vier. Op pad terug huis toe, vind hulle uit Jesus is nie saam met hulle nie. Wanneer hulle terugdraai Jerusalem toe, kry hulle Hom in die tempel waar hy tussen die leraars sit en hulle selfs uitvra.
“ En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde. En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek. En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie? En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.” (Lukas 2:47-50 )
Kan ek en jy iets leer by die twaalfjarige Jesus op hierdie pad wat ons nou saam met Hom begin stap het? Baie beslis ja. Sy antwoord aan Sy ouers is ook die vraag wat vandag nog aan elkeen van ons gevra word: “Het julle nie geweet dat JULLE (VANDAG NOG) in die dinge van JULLE (Hemelse) Vader moet wees nie?” Sonder enige twyfel was dit nie net Jesus wat in die dinge van Sy Vader moes wees nie, maar beslis ons ook. So lees ons dat Hy aan die einde van Sy bediening vir Sy dissipels (vandag is dit jy en ek), sê:
“ Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! SOOS die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. ” (Johannes 20:21 )
Met ander woorde, PRESIES dit wat Hy gedoen het, moet ons vandag ook doen. En slegs as ons werklik erns begin maak met die Woord van God, met die Bybel, sal ons kan vasstel wat is die “dinge” van ons Hemelse Vader waarin ons veronderstel is om te wees. Dit is daardie dinge waarin Hy graag wil hê ons moet wees. 'n Twaalfjarige Jesus het tussen die leraars gaan sit en hulle uitgevra. Beteken dit Hy het maar net alles wat hulle gesê het, aanvaar as waar en reg? Beslis nie, want die Bybel sê ook: “…almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor Sy verstand en Sy antwoorde.” Baie duidelik het Hy hulle dus antwoorde verskaf op dinge wat hulle op hulle beurt van Hóm gevra het, wat selfs die geleerde mense verbaas het. Is dit moontlik dat jy en ek ook vandag vrae aan die leraars en “geleerde mense” rondom ons mag vra, en dat ons dalk onder leiding van die Heilige Gees ook antwoorde aan hulle sal gee wat hulle sal verbaas? Verseker, want dit is hoe Jesus gestap het, en ons stap mos die pad saam met Hom, as ons Sy volgelinge is. En deur dit te doen, sal dit gebeur dat ons ook as “metgeselle” van Jesus herken word, selfs al is ons “ongeleerde” mense, teenoor die slim en geleerde mense, die leraars en gegradueerdes se kwalifikasies:
“En toe hulle (die Joodse Raad = die leraars) die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken .” (Handelinge 4:13 )
Kan daar iets meer wonderlik wees as om as “metgeselle van Jesus” herken te word? Ek dink nie so nie! Ons moet dus op hierdie nuwe pad te alle tye gereed wees om ‘n antwoord aan enigiemand rondom ons te gee oor dit wat binne-in ons harte brand.
“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die HOOP wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.” (1 Petrus 3:15, 16 )(Nuwe Vertaling)
“ Laat niemand jou jonkheid (uit die aard van die saak, ook jou jonkheid in die geloof) verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid . Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering .” (1 Timotheus 4:12, 13 )
Duidelik sien ek uit hierdie twee teksverse dat ek, as een van Jesus Christus se dissipels vandag, gereed moet wees om met enigiemand te praat oor dit wat binne-in my LEWE, daardie HOOP wat nét Jesus Christus kan bring. Ek mag dit egter nooit doen uit hoogmoed of ydelheid nie, maar slegs met beskeidenheid en eerbied vir God, en in liefde en reinheid. Maar selfs in daardie beskeidenheid, liefde en reinheid moet ek nie bang wees vir mense, of ophou om mense rondom my te wys wat die Bybel sê oor hoe ons moet lewe nie. Ek moet dit by elke moontlike geleentheid doen, “tydig en ontydig” soos die Bybel sê, en ophou bang wees vir die leuen van Satan wat my gaan probeer wysmaak ek “dweep” , of ek “loop met die Bybel onder die arm.”
“Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; HOU AAN TYDIG EN ONTYDIG; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering ; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels .” (2 Timotheus 4:1-4 )
Ek het in die woordeboek gaan kyk wat beteken “dweep” . Dit beteken: “…om oordrewe ingenome te wees met...” Ek is persoonlik beslis oordrewe ingenome met my Hemelse Vader en wat Jesus Christus vir my aan die kruis gedoen het, so ek dweep elke dag met 'n glimlag. Ek is ook nie bang of skaam om met die Bybel “onder die arm” te loop nie, want eerstens weet ek ek doen alles in my vermoë om werklik volgens die beginsels daarin vervat, te lewe, en ek merk ook duidelik die vrugte wat volg op die toepassing van daardie beginsels in my lewe. Tweedens wil ek net gehoorsaam wees aan God se Woord self, wat my in die boonste teksvers in soveel woorde bevéél om “tydig en ontydig” die woord te verkondig. “Tydig” verwys myns insiens seker na daardie geleenthede waar mens sou verwag dat iemand oor die Bybel sal praat, byvoorbeeld by die kerk, Sondagskool, Bybelskole, of in selgroepe. Maar “ontydig” verwys sekerlik na ál daardie ánder tye wat mens gewoonlik níé sou verwag dat iemand oor die Bybel wil praat nie, byvoorbeeld by die werk, om die braaivleisvuur, by die sport, in die straat, ensomeer. Hoe kan ek dan ophou? “Tydig en ontydig” sluit alles en orals in!
Wat ons egter nooit moet vergeet nie, is dat dit níks met ons menslike kennis van die Bybel te make het nie. Ons moet ALTYD in LIEFDE optree! Alle kennis kom immers van die boom van kennis van goed en kwaad en ons word ook deur Paulus daarteen gewaarsku:
“ Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig . As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ‘n mens behoort te weet nie. Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken .” (1 Korinthiërs 8:1 – 3 )
Hoe het Jesus gestap? Met kennis, of met liefde? Sekerlik bestaan daar geen mens wat vandag nog enigsens twyfel dat Jesus inderdaad in LIEFDE gestap het nie. En as ons God liefhet, ken Hy óns ook met daardie liefde. Die gevolg van hierdie ware Goddelike LIEFDE in ons lewens, is dat ons sal opgroei in wysheid en grootte en in genade by God en die mense, weer eens, net soos Jesus!
“En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense . “ (Lukas 2:52 )
Hoe kan ek so maklik sê dat ons selfs by die klein Jesus iets kan leer? Want Jesus het self oor en oor gesê ons moet soos klein kindertjies word sodat ons die wonderlike dinge van die koninkryk van God kan begin verstaan.
Na die voorval in die sinagoge, raak Jesus se verhaal stil vir die volgende agtien jaar en ons lees nie weer van Hom voordat Hy op dertigjarige ouderdom Sy verskyning maak nie. Net so gebeur dit sovele kere met kinders van God dat hulle reeds as jong kinders die pad met die Here begin stap en dan self vir jare lank iewers “wegraak”. In ons geval, in teenstelling met Jesus, is dit ongelukkig so baie kere omdat die vyand, die duiwel, ons in daardie jare met al sy verleidinge en versoekinge wégtrek van die dinge van ons Hemelse Vader, waarmee ons eintlik veronderstel was om mee besig te wees. Maar prys Jesus dat Hy dit in Sy ewige liefde so beskik dat ons wel almal op 'n dag WIL terug na Hom toe, maak nie saak wáár ons intussen in die lewe gaan draai het nie, aangesien Sy ewige liefde ons nooit ophou trek nie:
“ Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het EK jou GETREK met goedertierenheid.” (Jeremia 31:3 )
Sien jy? God hou nooit op trek met Sy wonderlike ewige liefde nie! En dit het tot gevolg dat so baie van ons, net soos die verlore seun, sélf keuses kan maak om terug te gaan, waarna Hy ons altyd op dieselfde liefdevolle wyse terugontvang. Prys ons Jesus Christus vir Sy genade!
(Uittreksel uit boek: “Kom stap die pad saam met Jesus” – tiaan gildenhuys)
Jesus, Man van Vreugde!
Jesus loop stadig en statig tussen die mense deur, Sy gesig ernstig op 'n plooi getrek. Afgemete en presies spreek Hy Sy woorde een vir een uit, vir duidelike effek. Vanweë die diep frons op Sy voorkop, is dit duidelik dat Hy baie beslis 'n ernstige godsdienstige mens is. Daar is geen sweempie van 'n glimlag op Sy gesig nie. Niemand waag dit om 'n grap te maak waar Jesus is nie, want Hy sal gou so 'n persoon met 'n vinnige frons laat afsien van sy voorneme. Al die mense wat al met Hom te doen gekry het sedert Hy die afgelope aantal maande in hierdie omgewing begin bedien het, praat van die feit dat Hy nooit oor enigiets lag of skerts nie, maar dit pla hulle glad nie – dit hoort mos so by 'n kerkmens. Hy is immers die toonbeeld van hoe 'n heilige, godsdiensbeoefenende persoon teenoor mense rondom Hom moet optree. Godsdiens is ernstige sake, soos almal weet. Daar is nie plek vir skerts en lag en spring en plesier nie ! Alles moet stigtelik gaan, alles moet besadig wees, mense moet nie geaffronteer word deur jou woorde of optredes nie.
Ja, liewe vriend, ons aanvaar so maklik dat dít is hoe Jesus opgetree het. Volgens die oorheersende persepsie in ons koppe oor Hom, wat ons oor baie jare aangeleer het, het Hy blykbaar maar bitter min gelag terwyl Hy besig was met die mense, Hy het skynbaar nooit enigiemand geaffronteer nie (veral nie die Fariseërs en skrifgeleerdes nie), Hy het nooit met DRIF en VUUR en met PASSIE gepraat oor Sy Vader se Koninkryk nie, en was Hy sekerlik altyd net stigtelik en besadig. As dit dan níé die persepsie in ons koppe is van Jesus nie, waarom tree óns dan so op?
Dink jy regtig dit was Jesus wat ek hierbo beskryf het, vriend? Daardie Jesus waarvan die Bybel praat? Jesus Christus, die Weg, die Waarheid en die Lewe. Jesus, die brood van die lewe. Jesus, die Lig van die wêreld! Dink jy daardie eerste paragraaf is beskrywend van híérdie Jesus? Nie? Indien nie, dan beteken dit mos die teendeel ten opsigte van Hom is waar. Die teendeel? Ja, vriend, ja, dat Hy inderdaad in teenstelling met daardie beeld van hom in ons “kerkkoppe”, 'n man van VREUGDE was! 'n Man wat met 'n borrelende lag soms langs die meer van Galilea gehardloop en gebokspring het, wat sommige van die jong kindertjies wat na Hom toe gekom het, opgeraap en speels die lug in gegooi het! Selfs terwyl Hy besig was om die mense op die berg, of op ander plekke, te leer. 'n Man wat van oor tot oor geglimlag het as Sy dissipels in hulle onskuld een of ander kinderlike “dom” vraag vra oor Sy koninkryk. Hy het hulle nie net heeldag en aldag streng en ernstig tereggewys nie, alhoewel Hy dit wel by geleentheid gedoen het waar dissipline nodig was.
Vriend, en as Jesus dan in werklikheid so 'n man van vreugde was, hoekom het ons almal hierdie gedagte dat kerkmense, of Christene, of kinders van God, wat ons onsself ookal wil noem, binne en/of buite die kerk suur moet wees, nors moet wees, altyd met 'n lang gesig en/of frons moet rondloop? Dat die lang gesig en diep frons die enigste manier is om in die kerk(gebou) of daar buite, aan die mense om ons en die wêreld te probeer bewys dat ons “heilig” is of “heilig” lewe? Of, goed, as jy dan NIE met my saamstem dat Christene vandag nog met lang, of suur gesigte, rondloop nie, waarom sien ons dan so MIN van Jesus se ware VREUGDE in daardie Christene se alledaagse lewe – daar waar die tekkie die teer slaan, waar die wêreld vir die Christene kyk ? Want jy sien, dis juis as gevolg van ons Christene se optrede elke dag daar buite in die wêreld, dat so baie mense weier om 'n Christen te word, weier om vir Jesus Christus in sy lewe te kies. Want dit wat ons agter ons maskers voorgee op Sondae, en dit wat van Maandag tot Saterdag gebeur by die werk en op die sportveld, is twee duidelik verskillende, en vir die wêreld baie duidelik waarneembare, dinge, wat in o, so baie gevalle lei daartoe dat mense fisies afgesit word van “Christenskap”. En die punt is juis dat Jesus Christus verwag dat ons kind-van-Godskap 'n lewenswyse moet wees wat mense na ons toe áántrek, nie van ons af wégstoot nie!
Nou goed, kom ons kyk - Waar kom ek daaraan dat Hy 'n man van vreugde was? Ag, liewe mens, soos nog altyd, kyk ek net wat sê die Bybel self daaroor. In die Ou Testament het die “kinders van Korag” dit as volg oor Jesus geprofeteer in Psalm 45:8 :
“U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, U God U gesalf met VREUGDE-olie bo u metgeselle .”
Hierdie profetiese woorde is woordeliks herhaal in die Nuwe Testament, nadat die bogemelde profesie met Jesus se eerste koms vervul is, en wel in Hebreërs 1:8-9
“(M)aar van die Seun (sê die Vader): U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van U koninkryk is 'n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, U God U gesalf met VREUGDE-olie bo U metgeselle .”
Kyk net, wáármee is Jesus gesalf? Is Hy gesalf met 'n lang gesig, met mismoedigheid, met neerslagtigheid, met depressie, met fronse, met suurheid? Nee! Hy is gesalf met VREUGDE-OLIE! Met ander woorde, MET BLYDSKAP! Nou kan jy maklik sê ja, maar dit was Jesus, dit is nie op óns van toepassing nie. Wel, vriend, as jy só gaan redeneer, gaan jy beslis verkeerd wees. Kom ons kyk deur Jesus se oë daarna. As ons kyk na Jesus se eie woorde in Johannes 20:21 , sal ons sien dat dit wat Hy was, en dit wat op Hom van toepassing was, beslis óók vandag op ons van toepassing is:
“Jesus sê toe … vir hulle: … Soos die Vader My gestuur het, (so) stuur Ek julle ook.”
Oepsie! As die Vader Jesus dus gesalf het met, en (uit)gestuur het, met VREUGDE-OLIE, met BLYDSKAP, waarmee salf en stuur Jesus óns dan uit? Met presies daardie selfde vreugde-olie! Het ons dus enige rede of argument om NIE óók met vreugde op te tree in ons daaglikse omgang as kinders van God nie? Baie duidelik uit net die bogemelde paar verse, het ons geen gronde om as kinders van God heeldag met 'n lang gesig rond te loop, of om te dink dat ons suur moet lyk terwyl ons in die kerk sit, of dat ons nie mag glimlag of skerts of lag in die kerk, of terwyl ons in die gemeente sit nie. Jesus was ongetwyfeld 'n man van vreugde, en Hy verwag van ons as Sy kinders, - as Sy ware beelddraers hier op aarde - om daarom óók so vol vreugde te wees! 'n Beeld van vreugde, van blydskap, van positiwiteit, van OORWINNING!
(Uittreksel uit die boek: “Kinders van God is vol Vreugde!” – tiaan gildenhuys)
Wat bepaal die Bybel oor liefde in verhoudinge?
Liewe vriend en vriendin
Wat bepaal die Bybel oor liefde in verhoudinge?
Waar word God se liefde beter uitgeleef, of duideliker gesien en/of geopenbaar, as juis in interpersoonlike verhoudinge? Omdat God met élkeen van ons ‘n persoonlike verhouding wil hê deur Sy onvoorwaardelike liefde, dáárom wil Hy ook hê dat ons Sy liefde sal uitstraal en uitlewe in ons verhoudings.
Hier sluit ek ongetwyfeld in gewone vriendskapsverhoudings, werksverhoudings, professionele verhoudings, ouer-en-kind verhoudings en, natuurlik, die kroon van alle verhoudings in God se oë, die huweliksverhouding. Géén aspek van ons lewens, of géén verhouding, MAG sonder God se liefde wees nie. Paulus sê baie duidelik in 1 Korinthiërs 16:14 :
“Laat ALLES by julle IN LIEFDE geskied.”
Nou ja, ALLES, liewe mens, bly tog ALLES, insluitend ENIGE tipe verhouding?
Géén verhouding wat nie die liefde van Jesus Christus in Sy volheid ervaar en wedervaar, en uitleef, kan ooit totale sukses smaak nie. So is daar talle gevalle waar vriendskapsverhoudinge en ook huweliksverhoudinge summier gesneuwel het vanweë die feit dat een van die twee partye die Here in sy/haar lewe ingeneem het, en voluit vir die Here begin leef het, terwyl die ander party steeds die wêreld met sy versoekinge en drange, nagejaag het.
Op dieselfde wyse dink ek aan vennootskappe en/of vele besigheidsverhoudinge wat op die rotse geloop het vanweë die feit dat die een party of vennoot die liefde en vrede van Christus en Sy koninkryk nagejaag het, terwyl die ander vennoot daar niks mee te make wou hê nie.
Hier dink ek onmiddellik aan die woorde van 2 Korinthiërs 6:14 :
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid , en watter gemeenskap het die lig met die duisternis ?”
Dit is dus baie duidelik uit God se Woord dat enige verhouding op die lang duur nie kan werk nie, TENSY -(behalwe as)- BEIDE die partye in daardie verhouding, God se liefde in hom of haar het, en beide dieselfde liefde en vrede najaag, dit wil dus sê, tensy béíde van hulle wáre, belydende Christene, kinders van God, is, wat dáágliks vir die Heilige Gees vra vir Sy leiding in daardie verhouding en dan daadwerklik volgens daardie leiding LEWE.
Wat die kroon van verhoudings, die huwelik, aanbetref, is die Skrif ook baie duidelik – sonder die liefde van 1 Korinthiërs 13 , is daar eerstens NIKS. Seker van die mooiste verse in die Bybel rondom die huwelik, vind ons onder andere in 1 Korinthiërs 11:3 waar Paulus skryf en sê:
“Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” (Merk jy die rangorde op? (1) God, (2) Christus, (3) man, (4) vrou.)
en ook in die verse van 1 Korinthiërs 7:1-11 , waarvan ek net ‘n paar sal aanhaal, naamlik:
“Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid (Let wel, as huweliksmaat is ek daardie “welwillendheid” aan my man/vrou VERSKULDIG. [volgens die verklarende woordeboek beteken “welwillendheid” ook “vriendelikheid” of “geneëntheid”]) bewys (ja, my vriend of vriendin, jy moet dit BEWYS – en nie aan my nie, ook nie aan die wêreld nie, maar aan jou huweliksmaat), en net so ook die vrou aan die man . Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou…En aan die getroudes beveel ek – nie ek nie, maar die Here – dat die vrou nie van die man moet skei nie…”
Ook Efesiërs 5:22-33 bevat die volgende pragtige verse oor hierdie aspek:
“Manne, julle moet jul EIE vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het …So behoort die manne hulle eie vroue lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief ;”
Iemand wat HOMSELF liefhet, kan volgens hierdie teksvers, dus nie anders as om sy vrou lief te hê nie!
“…want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed dit en koester dit , net soos die Here die gemeente….In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself , en die vrou moet die man eerbiedig.”
Die verklarende Afrikaanse woordeboek beskryf “koester” onder andere as: “liefderyk verpleeg”. As ek dus my eie liggaam “liefderyk verpleeg”, moet ek ook my man of vrou so “liefderyk verpleeg”.
Dan wil ek graag die volgende laaste aanhaling maak uit 1 Petrus 3:7 , naamlik:
“Net so moet julle, mans, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie ”
Eina! Kan ons daardie laaste sin net weer lees? “…sodat julle gebede nie verhinder mag word nie ” Met ander woorde, indien ek nie aan my vrou eer bewys nie, en haar nie liefhet met dieselfde liefde waarmee Jesus Christus ons liefgehad het nie, mag my gebede dalk “verhinder word” . Geen wonder ek voel soms of ek teen ‘n plafon vasbid nie! Lê die probleem in daardie gevalle nie dalk nét soms in 'n problematiese, of gebroke, huweliksverhouding nie? Liewe leser, weer eens is dit nie ék wat dit sê nie, maar die Bybel self. God mag dus dalk juis nie na ons luister as ons tot Hom bid nie, OMDAT ons in onvrede met ons huweliksmaats lewe, of hulle afkraak, verbaal sowel as fisies en/of geestelik, of hulle mishandel, of hulle aanrand…
Waarom is die liefdesverhouding in die huwelik vir God juis so belangrik?
Eerstens omdat Hy ons as man en vrou geskape het, soos na verwys in Genesis 2:22-24 :
“En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou, en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees . Sy sal mannin (vrou) genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees .”
Hierdie laaste vers, naamlik: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” , word bykans woordeliks herhaal deur Paulus in Efesiërs 5:31 . Dit was dus van die begin af God se plan dat huweliksmaats hulle sal losmaak van hulle ouerhuise en EEN sal word in gees, sowél as vlees. Waarom? Want die eenwording van die vlees in ‘n huweliksverhouding (seks) is in God se oë die toppunt van liefde.
Dít is inderdaad die presiese oomblik wat daardie man en vrou in God se oë met mekaar getroud is. Hoekom dán? Omdat hulle op die oomblik van vleeslike omgang, wanneer die man die vrou se maagdevlies breek, letterlik 'n bloedverbond aangaan, nét soos wat God met ons 'n bloedverbond aangegaan het deur die tempel/kerk se maagdevlies (die voorhangsel) te skeur by die aangaan van die nuwe bloedverbond toe Jesus se bloed aan die kruis vir ons gestort is.
Daarom is dit hartverskeurend dat ons mense vandag nie meer besef wat is 'n bloedverbond nie. Selfs ons skoolkinders het links en regs seks met mekaar, sonder om te besef dat hulle besig is om met daardie persoon of persone 'n bloedverbond in God se oë te sluit! Die oomblik wat 'n man en vrou dus seks het, is hulle in God se oë getroud, en die oomblik wat hulle weer uitmekaar gaan, pleeg hulle egbreuk, of hulle nou volgens menslike wette getroud was, of nie. “Egbreuk” vind dus nie net plaas in ons menslike egskeidingshowe nie, nee! Dit vind baie meer gereeld plaas as wat enigeen van ons wil of kan besef…
Ek het onlangs ‘n interessante berig op die internet gelees onder die opskrif: “THE DEVIL HATES SEX”. Die skrywer was hom die mening aangedaan dat, omdat seks deur God as iets moois geskep is - as die kroon van Sy huweliksverhouding tussen man en vrou - dít juis die rede was waarom satan begin het om van seks iets leliks te maak! Hy (satan) hoop dat hy, deur seks so vulgêr moontlik te maak, of deur dit in ‘n wolk van omstredenheid of geheimhouding te omhul, of dit so pervers of goedkoop moontlik te maak, op die lang duur sal veroorsaak dat ook hierdie deel van God se aanvanklike raadsplan, permanente skade sal ly. Daardie skrywer se mening maak beslis vir my baie logiese sin, en stem ek heelhartig daarmee saam.
Tweedens is die huweliksverhouding vir Hom so belangrik omdat Hy SELF met ons in ‘n huweliksverhouding staan en wil staan. Is dit nie algemene kennis uit ons studie van die Bybel dat Hy die Bruidegom is en elkeen van ons, kollektief Sy kerk, die bruid nie?
Daarom wil Hy met ons ‘n persoonlike verhouding hê. En hy wil nie nét met ons ‘n gewone persoonlike verhouding hê nie, nee, soos in enige huwelik, wil Hy met ons ‘n intieme persoonlike verhouding hê. So intiem, dat Hy Sy saad (Sy Woord) in ons wil stort, sodat dit in ons elkeen kan groei tot volwassenheid en ons uiteindelik vanweë hierdie saad wat binne-in ons elkeen groei, geboorte kan skenk aan derduisende nuwe kinders van God, ENKEL EN ALLEEN tot Sy eer en tot die uitbreiding van Sy heerlikheid en koninkryk (heerskappy) hier op aarde !
Op hierdie wyse wil God Sy aanvanklike skeppingsplan, soos vervat in Genesis 1:28 , naamlik:
“En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde , onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip”
Ook op ‘n geestelike vlak in ons élkéén ten uitvoer bring. God wil hê ons elkeen moet ook vrugbaar word in Sy Gees, ons moet Sy kinders vermeerder ten einde die aarde te vul met Sy beeld en Sy heerlikheid, sodat Sy kinders kan heers oor die aarde in al sy dimensies, naamlik die aardse (diere), die onderaardse (visse) en die bo-aardse (voëls) dimensies! En uiteraard ook in die geestelike dimensie teen die geeste in die lug (Efesiërs 6:12).
Sodra elkeen van ons wat deel is van Sy kerk (die ware, geestelike kerk van Christus, irrelevant van denominasie, teologie of dogma) dus deur die Heilige Gees ín ons, lewe skenk aan nuwe, Geesvervulde kinders van God rondom ons, word die aarde eenvoudig al hoe meer met God se beeld, en dus met Sy heerlikheid, vervul. Op hierdie wyse word God se eeue-oue raadsplan deur ons elkeen wat na Sy wil vra en waarlik Sy wil doen deur te groei en te wandel in die Gees, uitgevoer.
Ek loof en prys die Naam van die Here vir hierdie wonderlike voorreg om deel te wees van Sy raadsplan!
(Uittreksel uit boek: “God is Liefde” – tiaan gildenhuys)
Is daar 'n verskil tussen wysheid en kennis?
Liewe vriend en vriendin;
Is daar 'n verskil tussen wysheid en kennis?
Het jy ook al ooit gewonder of daar 'n verskil is tusen wysheid en kennis? Kom ons begin heel, heel voor, om te probeer vasstel:
“En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die KENNIS van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie ; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” (Genesis 2:16, 17 )
Sou die mens in daardie oomblik werklik sterwe as hulle van daardie boom geëet het? Ja, en nee. Toe Adam en Eva eet, sterf hulle nie fisies op daardie spesifieke oomblik nie. Hulle sterf eers honderde jare later fisies. Maar die oomblik toe hulle eet, toe sterf hulle GEESTELIK. Toe word hulle kapasiteit om geestelik met God te kommunikeer, in een oomblik vernietig. En God het geweet dit gaan gebeur, daarom het Hy hulle vooraf daaroor gewaarsku. Maar beteken dit daardie boom was noodwendig sleg? Is dit dan sleg om kennis te hê van goed en van kwaad? God self het immers kennis van goed en kwaad. Nee, dit is nie sleg nie. Maar wat wel sleg was, was die mens se ONGEHOORSAAMHEID aan God se opdrag. Ongehoorsaamheid aan Sy opdragte breek altyd die lyn tussen ons en God.
Die mens het tot op die oomblik wat hulle van daardie boom geëet het, slegs kennis gehad van die goeie, die absolute fantastiese, heilige, heerlike BESTE wat die Skepper van die heelal kon aanbied! Maar het jy opgelet dat hulle met die absolute vrotste, slegste sleg te doen gekry het nog vóórdat hulle van daardie boom geëet het? Ja, met Satan homself, in die vorm van 'n arme slang, wat homself laat manipuleer het om sy liggaam beskikbaar te stel vir gebruik deur die kwaad. Jy sien, as hy ook kennis gehad het van die kwaad, sou hy dalk nie sy liggaam so geredelik beskikbaar gestel het nie. En deur bloot 'n fyn, klein saadjie van twyfel te saai in Eva se gemoed, lei die duiwel haar daartoe om teen God se opdrag te oortree. Dit is verder interessant om te let dat die sondeval NIE plaasvind nadat Eva geëet het nie, maar eers toe Adam ook eet.
“Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken . Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. TOE gaan altwee se oë oop , en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.” (Genesis 3:1-7 )
Kyk mooi, hulle oë het éérs oopgegaan toe Adam ook eet. Omdat hy self nie kennis gehad het van die kwaad nie, neem hy nie sy outoriteit op in daardie oomblik om sy vrou te bestraf vir dit wat sy doen nie. Nee, hy eet lustig saam. Sy gebrek aan kennis van goed én kwaad, het hom ten gronde laat gaan. In sy geval het hy egter nie nodig gehad om hierdie kennis te hê nie, want hy was op daardie stadium in daaglikse kontak met die ALLERHEILIGSTE GOEIE. Al wat hy moes doen, was om solank te leer om gehoorsaam te wees aan God, en dáár het hy die toets gedruip. Hy druip nie die toets vanweë sy gebrek aan kennis nie, nee. Hy druip die toets vanweë sy ongehoorsaamheid. Tot vandag toe is dit presies dieselfde plek waar ons almal die toets druip – deur ONGEHOORSAAMHEID aan God se opdragte.
Ek dink persoonlik dat God wel later op Sy tyd vir Adam en Eva sou inlei in daardie kennis van goed en kwaad wat Hy ook gehad het. Hulle was immers van die begin af ten volle na Sy beeld en Sy gelykenis geskape. So hulle het reeds die volle kapasiteit en potensiaal in hulle gehad om wel beide goed en kwaad te kan ken en te kan weet wat om daarmee te doen. Dit was nie iewers ver weg van hulle af nie, maar reeds deel van hulle wese. Maar die Here moes eers hulle gehoorsaamheid toets, hulle gereedheid om meer te kon inneem, om meer te kon absorbeer, om geestelik te kon groei. Sou hulle die toets slaag en gehoorsaam wees, is ek persoonlik van mening Hy sou hulle sekerlik oor tyd self geleer het van goed én kwaad, maar op die tyd en op die manier wat Hy hulle wóú leer. Op 'n Goddelike wyse.
Daar is 'n voorbeeld wat ek kan gebruik in ons hedendaagse bestaan met betrekking tot ons en ons eie kinders, wat hierdie aspek dalk meer verstaanbaar sal maak. Ouers wil graag – en is veronderstel om - self hulle kinders te leer van hoe die intieme lewe tussen 'n man en vrou in die huwelik werk, maar hulle wil dit eers doen wanneer hulle glo hulle kinders is volwasse genoeg en gereed daarvoor. Eers wanneer hulle weet hulle kinders kan dit hanteer. Maar wat gebeur keer op keer? Die Satan maak ook in ons lewens seker dat ons kinders laaaank voor die tyd, lank voordat hulle gereed is daarvoor, voordat hulle volwasse genoeg is om dit te hanteer, reeds gebombardeer word met sekstonele, pornografie en ander perverse dinge. Sodoende leer ons kinders dit wat veronderstel is om Goddelik en mooi te wees, op die verkeerde tyd by die verkeerde mense. Instede daarvan dat hulle by die mense (hulle ouers) by wie hulle veronderstel is om dit te leer, van die “goed en kwaad” van die huwelik se intieme lewe leer. Ek glo dit is presies wat destyds in die tuin van Eden gebeur het. Satan het seker gemaak dat hulle gevang word deur die kwaad, lank voordat hulle gereed was om by hulle Hemelse Vader te leer van die kwaad.
Lees ons verder in God se wonderlike, onfeilbare Woord, die Bybel, merk ons dat dit wel so is dat God se bedoeling tog is om Sy kinders uiteindelik te leer van beide goed en kwaad.
“Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou. Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis, om jou BEKEND TE MAAK waarheid , betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?” (Spreuke 22:19-21 )
Uit hierdie teksverse merk ons eerstens dat die Here wil hê dat ons vertroue op Hom moet wees. Om daardie rede het Hy aan ons “kernagtige spreuke” voorgeskryf. Die woorde “kernagtige spreuke” in Hebreeus, is “shalosh”, en dit beteken “drievoudige dinge”. Hierdie “drievoudige dinge” verwys na die feit dat die hele Bybel 'n driedimensionele waarheid is, byvoorbeeld: Vader, Seun en Heilige Gees (Drie-eenheid van God); gees, siel en liggaam (die mens in sy volheid); dertigvoudig, sestigvoudig en honderdvoudige seëninge; voorhof, heilige plek en Allerheiligste (die tabernakel); die engele roep: “Heilig, heilig, heilig” (driemaal heilige God); ensomeer. En kyk mooi, hierdie “drievoudige dinge” is juis voorgeskryf met raadgewinge en KENNIS sodat ons waarheid kan antwoord aan mense wat ons mag uitstuur. Want jy sien, daardie “waarheid” is nie 'n leerstelling, dogma of teologie nie, maar wel 'n persoon, Jesus Christus. Het Hy nie immers self gesê: “Ek is die weg, die WAARHEID en die lewe.” nie?
Dit wil sê, as ons die drievoudige dinge in die Bybel gaan begin verstaan, gaan ons vertroue al hoe meer op God begin wees, gaan ons bekend raak met die waarheid van die Bybel, en gaan ons daardie waarheid begin versprei waar ons ookal gestuur word. Daardie waarheid gaan ook meebring dat ons kennis gaan begin opdoen van beide goed en kwaad, soos ons later in hierdie boekie duidelik sal sien. Jy sien, ons Hemelse Vader het juis hierdie drievoudige dinge aan ons voorgeskrywe sodat ons uiteindelik ook die Bybel drievoudig, drie-dimensioneel, kan begin verstaan, na gees, siel en liggaam. As ek geestelike wysheid bekom, soos ek dit later verduidelik, wat beslag vind in my sielsdimensie (wil, gedagtes, intellek, emosies), gaan my liggaam uiteindelik reageer op die wyse wat God wil hê ek moet, en ek gaan dan wegdraai van die kwaad af.
(Uittreksel uit boek: “Wysheid en Kennis. Menslik of Goddelik?” (Omnibus 3) tiaan gildenhuys)
WAT DOEN JESUS LANGS DIE JORDAAN?
L iewe vriend en vriendin,
WAT DOEN JESUS LANGS DIE JORDAAN?
Tyd het ‘n geneigdheid om altyd aan te hou loop, en op 'n dag stap die volwasse Jesus Christus langs die Jordaanrivier op… Hoekom? Kom! Hardloop saam met my daarheen! Kom ons gaan kyk…
“Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom GEDOOP te word . Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.” (Mattheus 3:13-15 )
Dis baie interessant om te let dat die EERSTE ding wat die volwasse Jesus kom doen, is om Hom deur Johannes te LAAT DOOP.
As ek dus die pad saam met Jesus stap, bly ek iewers in my geloofsgroei agter as ek my nie ook AS VOLWASSE GELOWIGE laat doop nie. Lees weer wat sê Jesus aan Johannes as hy Hom nie wil doop nie – “Laat dit nou toe, want so – HOE? – JA, DEUR SY GROOT DOOP - moet ons alle geregtigheid vervul.” Maar gou kom die argument vanuit die kerk dat die “kleindoop” of “besprinkelingsdoop” in die plek van die besnydenis gekom het en dat daar geen grond of rede bestaan waarom ek myself sou wou laat “groot doop” nie. Ek het geen probleem met daardie argument nie, behalwe dat die vergelyking tussen myself en Jesus Christus op die pad wat ons nou saam stap, op hierdie spesifieke stadium in Sy (en my) lewe dan vir my 'n groot gaping los. Hoekom? Wel, kom ons kyk – Jesus is besny en ek is klein gedoop, so op daardie stadium as klein babatjies is beide Jesus en myself “gelyk” uit die oogpunt van daardie bogemelde argument, want my kleindoop het mos in die plek van Sy besnydenis gekom. Geen probleem tot hier nie. En dan? Die dag wat Hy as volwasse man die Jordaan binnestap om ook as grootmens gedoop te word, bly ek iewers agter. Hy het, as my ouer broer, as eersgeborene van baie broers, wat jou en my insluit, 'n stap vérder geneem, en ek nie, as ek myself nie deur die Heilige Gees laat oortuig om my ook te laat groot doop nie.
As my persoonlike kleindoop in die plek van Jesus se besnydenis gekom het, wat van my het in die plek van Jesus se grootdoop gekom? Of het my kleindoop in die plek van BEIDE Jesus se besnydenis én Sy grootdoop gekom? Is die “verbondswaarde”, as ek met respek so 'n woord mag gebruik, van my persoonlike kleindoop, - wat 'n menslike instelling was - stérker as die “verbondswaarde” van Jesus se besnydenis? Soos ek reeds voorheen gesê het, is my kleindoop se “verbondswaarde” só groot, só sterk, dat dit selfs ons Koning, Jesus Christus, se persoonlike grootdoop dertig jaar later in Sy lewe, uitkanselleer, of dit dan ook insluit? Indien wel, waar staan dit in die Bybel? Nêrens nie! Nee vriend, wat anders kan my op hierdie pad weer gelyk met Jesus bring, ánders as dat ek myself ook laat grootdoop? – NET SOOS WAT HY DIT GEDOEN HET! In gehoorsaamheid aan God se Woord. 'n Persoonlike vriend van my het die volgende fantastiese openbaring ontvang rondom die verskil tussen die “verbondswaarde” van die besnydenis en die doop: Die besnydenis was 'n verbond wat deur God ingestel was, met ander woorde, dit het van God af gekom, wat dit met die mens aangegaan het. Kyk ons egter na hierdie volgende teksvers oor die doop, sal ons sien dat die doop 'n “bede tot God” is om 'n skoon gewete:
“Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word . Die doop is nie ‘n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie , maar ‘n bede tot God om ‘n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus .” (1 Petrus 3:21 )
Baie duidelik dus het die besnydenis opdrag uit die hemel gekom, na die mens toe. Uit hierdie teksvers, merk ons dat die mens, deur sy grootdoop 'n bede tot God doen, dit wil sê, dit kom van die aarde af en word gerig tot die hemel. Daar is dus 'n baie groot verskil tussen die “verbondswaarde” van die besnydenis en die “verbondswaarde” van die doop, aangesien die een van God af kom na die mens toe, terwyl die ander een van die mens af kom, na God toe. Dit kan dus nooit op dieselfde vlak geplaas word, soos wat mense dit nou al reeds vir soveel jare probeer doen het nie. Soos ek later skryf, kan 'n babatjie nie so 'n “bede tot God” uitspreek nie, so hierdie teksvers het eweneens niks met die “kleindoop” te doen nie.
Het jy nie al ooit gewonder of daar dalk méér steek aan die groot doop as wat meeste mense wil erken nie, veral as ons in ag neem dat dit die ENIGSTE plek in die hele Bybel is waar die Heilige Gees in 'n FISIESE vorm (as duif) aan mense sigbaar geword het? Sê dit nie dalk iets oor die belangrikheid van die groot doop dat dit juis dáár is waar die Heilige Gees eenmalig sigbaar geopenbaar word nie? Hoekom het die Heilige Gees dan nie eerder by die berg van verheerliking so sigbaar gemanifesteer nie, want uit 'n menslike oogpunt was dáárdie tog 'n baie meer “hemelse, Goddelike” oomblik as die oomblik in die waters van die Jordaan? Behalwe natuurlik as die grootdoop eintlik 'n baie belangriker en baie dieper betekenis het as wat ons maar nog altyd gedink het, of probeer wegredeneer het met allerhande “slim” menslike argumente …
'n Paar ander teksverse wat dit baie duidelik maak dat, indien ek werklik die pad saam met Jesus wil stap, ek myself ook uiteindelik sal WIL laat groot doop, is die volgende:
“Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het . Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders ? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en LAAT ELKEEN van julle GEDOOP WORD in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” (Handelinge 2:36 – 38 )
Kom ons kyk in die eerste plek na die woorde: “…wat JULLE gekruisig het…” . Ons weet almal dat dit nie die heidene was wat Jesus gekruisig het nie, maar die godsdienstige Jode van Israel. Baie duidelik praat Petrus dus hier NIE net met die ongelowiges wat daar rondgestaan het nie, maar ook met godsdienstige mense, wat uit die aard van die saak daardie tyd beslis almal reeds besny (“kleingedoop”) was. En wat sê hy verder vir HULLE, toe die waarheid van die Woord hulle in die hart tref? “Bekeer julle, en LAAT ÉLKÉÉN (ook die godsdienstiges) van julle GEDOOP WORD in die Naam van Jesus Christus.” En waarom sou hulle hulle laat doop? “…tot vergewing van sondes…” Ek hoef nie veel meer te sê oor daardie sinnetjie nie, want alles gaan daaroor dat ek moet seker maak dat ek met berou my sondes bely sodat ek vergifnis daarvan kan ontvang. Baie duidelik weet ons 'n babatjie kan hom nie bekeer nie, aangesien hy nog niks verkeerds gedoen het nie. Hierdie teksvers is beslis op grootmense gerig wat al KEUSES in die lewe kan maak, met die opdrag dat, sodra jy jou bekeer, jy jou moet LÁÁT groot doop. Duidelik sien ons dus hier dat die doopopdrag óók aan godsdienstige mense, kerkmense, gerig word. Maar kyk mooi hoe reageer die “godsdienstige mense” van Jesus se tyd. Vergelyk dit gerus met die “godsdienstige mense” van vandag, wat ook nog nie werklik die harde stofpad van die geloofslewe sáám met Jesus Christus wíl stap nie, se optrede…
“Al die mense, ook die tollenaars , het na hom geluister en was aan die wil van God gehoorsaam …
Hóé was hulle aan die wil van God gehoorsaam?
“Hulle het hulle met die doop van Johannes LAAT DOOP …”
Baie duidelik nê? Daar is vandag ook vele argumente oor wat die “doop van Johannes” in werklikheid was. In die Bybel is dit baie duidelik dat dit niks anders was as dat mense hulle in die Jordaan fisies deur hom LAAT DOOP het nie. Maar hoe tree die “godsdienstige mense” van destyds op?
“Net die Fariseërs en die wetgeleerdes het die bedoeling van God VERWERP en hulle NIE deur Johannes LAAT DOOP NIE. ” (Lukas 7:29, 30 )
Net so is daar vandag argument op argument van “godsdienstige mense” van verskeie denominasies of kerke, waarom hulle hulleself nie kán, of nie hóéf, of nie mág, groot laat doop nie. As ek die pad saam met Jesus wil stap, sien ek as ek VOLGENS DIE BYBEL aan God se wil gehoorsaam wil wees – let wel, volgens die Bybel en nie volgens enige menslike leerstellings nie – en ek NIE Sy bedoeling wil verwerp NIE, sal ek myself wel een of ander tyd, uitsluitlik as gehoorsaamheidstap aan God se Woord , laat grootdoop. Of ek gedoop is of nie, raak glad nie my saligheid nie, en kan my nie uit die hemel uithou nie, maar dit sal beslis my verhouding met Christus verdiep.
Ons sien verder in Handelinge 10 dat Petrus ook aan die heidene, (in teenstelling met die godsdienstiges waarvan ek hierbo gepraat het), - daardie mense wat nie deur die Jode erken was as goed genoeg om God te ken nie - die Woord verkondig en dat hulle self ook die Heilige Gees ontvang ná sy prediking. Dan kom hierdie baie duidelike woorde van Petrus aan hulle:
“Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie GEDOOP word nie? En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here . ” (Handelinge 10:46-48 )
Wat sien ons is die eerste ding wat Petrus BEVEEL gedoen moet word nadat hulle die Woord gehoor het, hulleself bekeer het en die Heilige Gees ontvang het? Dat hulle gedóóp moet word! Onthou, hierdie was heidene, so hulle was NIE besny nie. Daar was dus nie vir hulle 'n “kleindoop” nie. Uiteraard is dit dieselfde as met ongelowiges wat hulle harte vir die eerste keer vir Jesus Christus gee, hulle moet as grootmense gedoop word as gehoorsaamheidstap aan Christus en Sy evangelie. Ons hoef gelukkig nie in lang argumente in te gaan rondom besprinkeling of onderdompeling nie. Ons weet almal dat in Jesus se tyd, “doop” beteken het om fisies en totaal “onderdompel” te word. As ek en jy vandag koffie en beskuit eet, en ons “doop” die beskuit in die koffie, druk ons immers nie ons vingers in die koffie en spat die koffie oor die stuk beskuit voordat ons dit eet nie!
Maar kom ons los nou eerder die “godsdienstiges”, die ongelowiges, en die heidene uit hierdie argument en ons fokus op diegene wat hulleself gelowiges noem, wat WERKLIK die pad saam met Jesus Christus wil stap en dalk nog wonder wáárom hulle hulle op 'n dag sal wíl laat groot doop. Kom ons kyk na een van die grootste en mees prominente Fariseërs van sy tyd, Saulus van Tarsis, wat as “verbondskind” uit die aard van die saak óók besny was. En kyk net wat gebeur met hóm enkele dae nadat hy die persoonlike ontmoeting met Jesus Christus op pad Damaskus toe gehad het, waarná hy Paulus genoem is:
“En ‘n sekere Ananías, ‘n vroom man volgens die wet, wat ‘n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon, het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom aangekyk. En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor; want jy sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het . En nou, WAAROM VERSUIM JY? Staan op, LAAT JOU DOOP en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. ” (Handelinge 22:12-16 )
As ek dus myself nou op die “geloofspad” met Paulus moet vergelyk, lyk dit as volg: Paulus as Joodse gelowige is besny, ek is kleingedoop. Ons is hier gelyk. Net soos ek en Jesus soos ek dit vroeër verduidelik het. Maar dan staan hierdie groot geloofsheld, wat twee derdes van die Nuwe Testament geskryf het, óók op en LÁÁT hóm – SONDER VERDERE VERSUIM - groot doop! En weer is daar 'n gaping tussen my en Paulus, soos tussen my en Jesus Christus, as ek my nie ook laat groot doop nie. As my persoonlike kleindoop in die plek van Paulus se besnydenis gekom het, wat van my het in die plek van Paulus se grootdoop gekom? Wat vir my verder interessant is, is dat hierdie bogemelde teksverse onder andere ook verwys na elke gelowige wat die pad met Jesus begin loop, aangesien dieselfde “voorbeskikking” wat op Paulus van toepassing was, ook op elkeen van ons van toepassing is. God sê in amper soveel woorde in Jesaja 49:1, Jeremia 1:4,5 en Mattheus 28:19 vir ons presies dieselfde as wat Hy vir Paulus gesê het, met ander woorde: “Die God van ons vaders het JOU (ja, jy en ek ook) voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor; want JY (jy en ek ook) sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat JY (jy en ek ook) gesien en gehoor het.” Hoe kan ek sê hierdie teksvers sê amper dieselfde as daardie ander drie? Kom ons lees ook die ander drie teksverse waarna ek verwys, en dan vergelyk ons.
“Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem. ” (Jesaja 49:1 )
“ Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê: VOORDAT Ek jou in die moederskoot gevorm het , het Ek jou GEKEN ; en VOORDAT jy uit die liggaam voortgekom het , het Ek jou GEHEILIG ; Ek het jou tot ‘n PROFEET vir die NASIES gemaak .” (Jeremia 1:4, 5 )
“ Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies , en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees ; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het .”
Dit is dus duidelik vanuit hierdie teksverse dat die Here ons almal van VOOR ons geboorte af self geken het, geroep het, ons name genoem het, en ons so “voorbeskik” het om uit te gaan en te getuig, en om die nasies te leer, hulle na God toe te lei, en hulle te DOOP. Maar om hulle te kán doop, moet ek self ophou versuim, opstaan en mý láát doop sodat my sondes wat ek gepleeg het sedert ek klein was, afgewas kan word, terwyl ek ook die Naam van die Here aanroep.
“Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei. Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.” (Romeine 6:3 – 5 )
“Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word . Die doop is nie ‘n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie , maar ‘n bede tot God om ‘n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus .” (1 Petrus 3:21 )
Hier sien ons duidelik nog eens dat die doop nie iets is wat die vuilheid van my fisiese liggaam wegneem nie, maar 'n bede tot God om ons gewete skoon te maak van die verkeerde dinge wat ons gedoen het. Sonder enige twyfel weet almal ook dat 'n babatjie nie enige “…bede tot God (het) om 'n skoon gewete…” nie, want 'n babatjie het nog niks verkeerd gedoen nie. Wéér eens 'n duidelike teksvers dat die doop waarna die Bybel verwys, met grootmense te doen het en nie met babatjies nie. Ja, daar is die argument dat ons “in sonde ontvang en gebore is” , maar dit beteken bloot dat ons in 'n sondige wêreld ontvang is en in 'n sondige wêreld gebore is. Dit beteken nie dat ek as babatjie alreeds gesondig het nie. Hoe kan ek dit sê? Kyk gerus weer na Jeremia 1:4, 5 wat ek vroeër ook aangehaal het.
“ Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê: VOORDAT Ek jou in die moederskoot gevorm het , het Ek jou GEKEN ; en VOORDAT jy uit die liggaam voortgekom het , het Ek jou GEHEILIG ; Ek het jou tot ‘n PROFEET vir die NASIES gemaak .”
Daardie woorde rig God tot élke baba wat gebore word. Vóórdat daardie baba in sy of haar moederskoot gevórm was, het God hom of haar reeds geken en voordat hy of sy gebóre is, het God hulle reeds GEHEILIG. Waar kom die sonde van daardie babatjie in? Daardie babatjie kán nog geen sonde pleeg nie. Hy is dan deur God Homself geheilig! Daarom gaan so 'n babatjie REGUIT HEMEL TOE as hy sterf voordat hy self besluite in die lewe kon begin neem.
Let wel, of ek groot gedoop is of nie, raak vir geen enkele oomblik my saligheid nie, maar soos ek vroeër gesê het, gaan dit my beslis in 'n dieper verhouding met Jesus intrek. Ek probeer hier ook niemand oortuig hieroor nie, want dit is nie my werk nie. Daardie deel doen slegs die Heilige Gees in mense se lewens. Al wat ek wel gevind het die afgelope aantal jare wat ek self die pad saam met Jesus stap, is dat dit beslis 'n gehoorsaamheidstap is aan die sagte stem van die Heilige Gees. Want so te sê elkeen van die - letterlik honderde - mense wat ek op hierdie pad ontmoet het, het iewers op daardie pad wat hulle saam met Jesus Christus van Nasaret begin stap het, self ook daardie gehoorsaamheidstap geneem. Ek het ook al die wonderlikste getuienisse gehoor van mense se gewaarwordinge die oomblik wat hulle uit daardie doopwater opgekom het. So kan ek by my persoonlike doop die geroep van 'n voëltjie baie duidelik onthou toe ek uit die water opkom en die goue sonstrale die rivier waarin ek gedoop is, soos die nuwe Jerusalem se goud laat glinster het. In daardie oomblikke het ek presies geweet wat beteken die woorde van Filippense 4:7 oor die “…vrede van God wat alle verstand te bowe gaan…”
Nog 'n paar bevestigings dat gelowiges hulle moet LAAT doop as hulle gehoorsaam wil wees aan God se Woord – en NIE aan menslike leerstellings nie, want God se Woord is immers baie belangriker as menslike leerstellings - vind ons in die volgende teksverse:
“ Hy wat GLO en hom LAAT DOOP , sal gered word ; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” (Markus 16:16 )
Jesus Homself rig hierdie opdrag dus baie duidelik aan grootmense wat kan glo en hulle kan LAAT doop.
“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en LAAT ELKEEN van julle GEDOOP WORD in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” (Handelinge 2:38 )
Petrus praat hier sonder twyfel met grootmense, maar sekerlik ook met kinders wat al self keuses in die lewe kan maak. En wat sê hy vir hulle? Om hulle te bekeer, met ander woorde om op te hou met hulle ou manier van lewe, en om hulle te LAAT DOOP. Hoekom? Sodat hulle sondes vergewe kan word en hulle in 'n nuwe verhouding met die Heilige Gees kan ingaan.
“En nou, WAAROM VERSUIM JY? Staan op, LAAT JOU DOOP en jou sondes afwas , terwyl jy die Naam van die Here aanroep.” (Handelinge 22:16 )
Ananias praat hier met die volwasse Paulus, soos ek reeds vroeër in die hoofstuk daaroor geskryf het. En wat sê hy duidelik vir Paulus? Dat hy hom moet LAAT DOOP. Hoekom? Sodat sy sondes afgewas kan word.
Die laaste interessante deel, is om te let dat Jesus se finale opdrag aan Sy dissipels, wat ons wat Hom wil volg vandag insluit, ook die volgende oor die doop bevat het:
“ Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en DOOP HULLE in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees ; en leer hulle om ALLES te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Mattheus 28:19 )
Die Griekse woord wat hier gebruik word vir “doop” , is “baptidzo” wat fisies beteken om onderdompel te word. Jesus se opdrag is om AL DIE NASIES te gaan dissipels maak en onder andere om hulle te DOOP, ja, om hulle te onderdompel. “Al die nasies” sluit my en jou natuurlik ook in. Hoekom moet ons dit doen? Want uit die voorafgaande drie teksverse is dit duidelik sodat daardie nasies se sondes afgewas kan word en hulle ook die Heilige Gees kan ontvang. Het die Heilige Gees jou al oortuig om onderdompel te word? Want as babatjie was jy nie onderdompel nie…
As laaste gedagte, het jy geweet dat Moslems geen probleem het met Jesus Christus nie? Dat hulle selfs beweer dat hulle in Hom glo, alhoewel Hy in hulle oë bloot maar net nog 'n “profeet” is en nie werklik God se seun nie? Maar weet jy wat is baie interessant? Die oomblik wat enige Moslem sy hart vir die Here gee, begin die gevaarseine vir sy of haar familie opgaan. Dit is egter nog steeds nie vir die Moslems 'n onoorkombare probleem nie. Maar die oomblik wat so 'n nuwe Christen Moslem hom of haar LAAT DOOP, is sy of haar familie verplig om daardie persoon fisies dood te maak! Sê dit dalk iets oor die belangrikheid van die grootdoop, gesien in hierdie geval uit die oogpunt van die koninkryk van duisternis? Dink gerus daaroor na, en begin asseblief self met die Heilige Gees in gesprek tree hieroor indien jy nog nie groot gedoop is nie, maak nie saak wie jy is nie…
(Uittreksel uit die boek: “Kom stap die pad saam met Jesus”. – tiaan gildenhuys)