How do we praise God? The way we have been taught in our churches, or by our parents? Or do we praise and worship Him the way the Bible teaches us to? Is there a difference, you may ask? Very clearly so, if we look at what happens in many traditional churches throughout the world and then compare it to Scripture. Do you really care about what the Bible may teach on how we are supposed to praise our King, Jesus Christ? If so, in this book the author gives clear answers to any questions regarding our praise and worship in a direct and understandable way. You may be pleasantly surprised by what you find – or shocked. Are you ready?
Vanuit die Bybel is dit duidelik dat ons Jesus Christus nie kan volg tensy ons nie bereid is om ons “self” te verloën en neer te lê nie. Daar is baie duidelike opdragte in die Woord oor hierdie aspek. Maar presies hoe moet ons dit doen? Dit is juis wat die skrywer met hierdie boek probeer bereik, naamlik om in gewone omgangstaal aan die leser uit te wys presies wat dit is wat ons moet doen om te sterf aan ons “self”. Die tyd dat Christene heeltyd net gehoor het wat hulle wóú hoor, is verby. Dit is tyd dat God se ware kinders, Sy ware Bruid, begin opstaan en leer om in suiwerheid, reinheid en heiligheid te lewe soos wat Jesus dit wil hê. Is jy bereid om te lees of jy dit al begin regkry, in die lig van dit wat God se Woord bepaal?
The Bible is clear that the only true key to any kind of healing is forgiveness. That is why it does not take much to comprehend why Satan would try his best to stop us from truly forgiving. He doesn't want any of us to be truly set free from our inner hurts. He knows as long as he can keep us in unforgiveness and/or bitterness, he will be able to control us. Read how Jesus wishes us to forgive, and how we can learn to forgive just as He forgives. Take note of the fact that this book will bring you to a point of self-examination about whether you have really forgiven those who have hurt you, or not. It will also give you a clear perspective on the Bible's view about forgiveness. Do you - child of God - still choose to listen to Satan, by refusing to forgive? Or are you willing to become obedient to God's Word about this crucial matter? The choice is yours.
Wat gebeur wanneer ek 'n keuse vir Jesus Christus in my lewe maak? Kan ek dan maar steeds net maak wat ek wil? Is dit WERKLIK nodig om gehoorsaam te wees aan die Bybel en die opdragte daarin vervat? In hierdie boek probeer die skrywer direk vanuit die Bybel antwoorde vind op hierdie en soortgelyke vrae. Baie duidelik blyk dit dat wanneer ek 'n opregte keuse maak vir Jesus Christus in my lewe, ek in werklikheid nie meer WIL ongehoorsaam wees aan Hom en/of aan die Bybel nie. Kind van God - is daar vir jou enige ánder opsies oop wanneer jy die pad met die lewende Jesus Christus begin loop? As jy werklik 'n antwoord hierop soek, begin gerus by hoofstuk 1, bladsy 1 van hierdie boek.
Wie ken nie die bekende woorde wat op so baie kerke se kanselklede pryk nie ? "God is liefde". Maar weet ons werklik wat daardie liefde behels ? In hierdie boek wil die skrywer die gewone man op straat voorstel aan daardie God van LIEFDE. Dáárdie God is nie 'n God wat heeltyd regstaan om ons te straf, te veroordeel, of te pynig nie, maar Hy is 'n God wat werklik LIEFDE IS, en nie net liefde géé nie. Die Drie-enige God se hele wese is immers LIEFDE ! Wil jy graag 'n "nuwe" God leer ken ? 'n God wat jou liefhet vir wie en wat jy is, sóós jy is, en nie vir wat jy gedoen het nie ? Maak dan seker dat jy jou rustig tuismaak agter die bladsye van hierdie boek, sodat jy kan sien hoe maklik dit regtig is om 'n persoonlike verhouding met daardie liefdevolle God aan te knoop. Lees hoe onvoorwaardelik lief Hy jou het, dat jy inderdaad Sy beminde is en Hy jou Bruidegom. Indien jy nog nie dáárdie LIEFDE persoonlik ken nie, is hierdie boek jou groot kans, aangesien dit in gewone omgangstaal poog om jou na daardie eerste wonderlike ontmoeting te lei.
Hierdie boek wil aan die leser uitwys dat die lewende God met elkeen van ons 'n persoonlike verhouding wil aanknoop. Hy wil inderdaad ons elkeen as Sy kinders hê en Hy wil vir ons 'n Vader wees. Ja, in werklikheid wil Hy regtig ons Hemelse PAPPA wees. Aan die hand van 'n eenvoudige grafiek, en met behulp van heelwat Bybelse teksverse, verduidelik die skrywer hierdie aspek aan die gewone man op straat in gewone omgangstaal. Het jy dalk 'n gebrekkige-, of geen verhouding met jou aardse pa gehad nie? Het jou aardse pa jou dalk nooit geleer hoe lyk 'n pa se liefde werklik nie? Blaai dan gerus deur hierdie boekie en sien wat jou Hemelse Pa oor jou te sê het en wat Sy ware liefde vir jou ook kan meebring.
Vir te veel jare het die Satan homself in mense se lewens gekamoefleer met die leuen dat ons nie MET Satan moet praat, of OOR hom moet praat, of VAN hom moet praat nie. Op hierdie wyse het die "vader van die leuens" oor jare kinders van God in tronke vasgebind sonder dat hulle werklik geweet het hulle is daarin vasgesluit. In hierdie boek wil die skrywer die man op straat attent maak op die subtiele, maar baie basiese wyses waarop Satan Christene aanval. Indien Christene die leuens in hulle lewens kan identifiseer, en hulle weet wat hulle ware outoriteit in Christus is, sal Satan dit nie meer so maklik regkry om hulle te mislei nie. Indien u nog altyd gedink het die vrees in u lewe is maar 'n deel van wie u is, van u "persoonlikheid", óf daardie aggressie, óf daardie swaarmoedigheid, óf daardie minderwaardigheidsgevoel, blaai gerus deur hierdie boekie om te sien waar die LEUEN in u lewe ingekom het. Lees hoe Satan God se kinders aanval met die hulp van sy bose geeste, soos ons van hulle lees in Efesiërs 6:12 en leer hoe om hulle teen te staan in Jesus Christus se outoriteit.
In hierdie boek probeer die skrywer aan die man op straat uitwys dat satan en sy demoniese magte 'n werklikheid is en dat hulle ons daagliks aanval. Wat egter ook baie duidelik uit hierdie boek blyk, is dat ons nie vir een oomblik nodig het om daardie aanvalle te vrees nie, aangesien Jesus aan ons die mag gegee het om oor satan en sy magte te triomfeer op 'n daaglikse basis in ons lewens. As jy al ooit gewonder het of jy as gelowige wel die outoriteit het om satan te weerstaan, is die antwoord in hierdie boek 'n baie duidelike en onomwonde - JA! Dit is nie verniet dat Jakobus ons in Jakobus 4:7 gemaan het om ons aan God te onderwerp, die duiwel te weerstaan, en die bevestiging gegee het dat die duiwel dan van ons SAL wegvlug nie.
Hierdie boekie wil graag aan jong kindertjies van alle ouderdomme wys dat God se Koninkryk 'n absolute werklikheid is, maar nie net eendag in die hemel nie. Daardie koninkryk is ook nou en hier op aarde vir alle kindertjies beskikbaar, maak nie saak hoe oud ons is nie. Die Bybel is baie duidelik dat die "evangelie van die koninkryk" aan al die nasies verkondig moet word voordat die einde sal kom. Kindertjies van alle ouderdomme word daarom genooi om gerus deur hierdie boekie te blaai om te sien dat die evangelie van die koninkryk wel nog nie aan baie nasies verkondig is nie. Die rede hiervoor lê daarin dat min mense werklik weet dat die woordjie: "koninkryk" in die Bybel NIE verwys na die hemel nie, maar wel na God se "heerskappy", na Sy "outoriteit" in ons normale, daaglikse lewens. Jesus sê nie verniet dat die "koninkryk" aan die "kindertjies" behoort nie. So, as jy in die "koninkryk" wil lewe, in Jesus se outoriteit hier op aarde, maak seker dat jy soos die klein kindertjies word. En maat, as jy self nog 'n klein kindjie is, sal jy in hierdie boekie sien dat Jesus nie Sy outoriteit net vir oumense gee nie, want by Jesus gaan dit nie oor hoe oud iemand is nie, maar hoe naby hy of sy bereid is om elke dag aan Jesus te lewe. Jesus wil hê ons moet soos kindertjies wees, of ons een jaar oud is, en of ons honderd en een jaar oud is...
Indien jy dalk al gewonder het wat die heerlikheid van God werklik alles behels, sal hierdie boek vir jou sommige antwoorde gee. Sommige antwoorde, aangesien die heerlikheid van God nooit werklik deur enige mens, enige taal, of enige leerstelling, teboekgestel sal kan word nie. In gewone taal, poog die skrywer wel om vanuit dit wat die Here aan hom openbaar het tydens die skryf van hierdie boek, aan die man op straat uit te wys hoe wonderlik die God wat ons dien, in werklikheid is. Hoe groot Sy heerlikheid werklik is. Hoe absoluut fantasties Hy is! Wil jy net 'n baie klein kykie hê in dit wat God vir jou en my ingedagte het wanneer Hy ons maan om met Hom in 'n persoonlike verhouding in te gaan, dan is hierdie boek 'n goeie begin. Wanneer jy gaan lees hoe God se heerlikheid ook uit jou gaan uitstraal wanneer jy ten volle as Sy kind begin lewe en in 'n persoonlike verhouding met Hom wandel, gaan die opgewondenheid jou oorweldig. Kom ons aanbid en eer die Here en almagtige God vir Sy heerlikheid wat Hy aan ons openbaar!
Baie Christene vandag dink hulle volg regtig vir Jesus Christus deur bloot elke Sondag kerk toe te gaan. Daardie is egter net 'n baie klein deeltjie van wat dit werklik beteken om die lewenspad saam met Jesus Christus te stap. Sien jy regtig kans om in die stof agter Hom aan te stap? Weet jy wat dit vir jou tot gevolg sal hê as jy hierdie uitdaging aanneem? Weet jy van die avontuur, maar ook van die vervolgings? Weet jy van die vreugde, maar ook van die hartseer? Weet jy van die wonderlike intieme verhouding wat jy met Jesus Christus sal hê, maar ook van die haat wat dit op jou op die hals sal haal? Weet jy van die outoriteit wat jy werklik het in Jesus Christus? Sien jy kans om in die stofpad saam met Jesus te stap, of is jy tevrede in jou huidige gemaksone? Want as jy nie bereid is om in die stof te stap nie, moet jy eerder nie hierdie boek oopmaak nie. Maar as jy tevrede is in jou gemaksone, wil ek net een ding weet - dink jy Jesus Christus is tevrede met jou in daardie gemaksone?
God se Koninkryk is 'n absolute werklikheid, dit weet ons almal. Maar weet ons almal dat daardie koninkryk van God nie net eendag in die hemel gaan wees nie, maar ook nou reeds op aarde teenwoordig is? Die Bybel is baie duidelik dat die "evangelie van die koninkryk" aan al die nasies verkondig moet word voordat die einde sal kom. Blaai gerus deur hierdie boekie om te sien dat die evangelie van die koninkryk inderdaad nog nie aan baie nasies verkondig is nie. Die rede hiervoor lê daarin dat min mense werklik weet dat die woordjie: "koninkryk" in die Bybel NIE verwys na die hemel nie, maar wel na God se "heerskappy", na Sy "outoriteit" in ons normale, daaglikse lewens.
Daar is heelwat argumente en verskille onder Christene rondom hierdie kontroversiële onderwerp. Kan ons sogenaamde "kontakvoorwerpe" in ons huise hê wat skuilplek bied aan satan se bose geeste? Vanuit sy ondervindings in mense se huise dwarsoor die land, en mense se getuienisse rondom dit, poog die skrywer om kortliks aan die leser uit te wys dat dit wel moontlik is om sulke kontakvoorwerpe in ons huise te bring. Hy wys ook op die bindinge wat sulke voorwerpe op ons of ons kinders se lewens kan plaas. Lees gerus hoe dit gebeur dat 'n bose gees lêplek kry in so 'n fisiese voorwerp in ons huise, watter tipes kontakvoorwerpe daar kan wees, en ook hoe om van dit ontslae te raak. Lees verder ook wat die Bybel sê oor hierdie tipe kontakvoorwerpe en hoe ons daarmee moet handel.
Die Bybel is baie duidelik dat die mag van lewe en dood in die tong lê. Ons monde en tonge is uit God se oogpunt dus baie belangriker as wat enige mens ooit sal wil erken. Waarom sou dit so wees? Omdat God Homself alles rondom ons met Sy mond geskep het. Daardie selfde skeppingsmag met die mond het Hy toe vir ons gegee. Ongelukkig gebruik ons dit nie om ons Skepper te verheerlik nie, maar wel om andere rondom ons af te takel, te verkleineer en te vernietig. Na wie is ons dan effektief besig om te luister? Niemand anders as die duiwel nie! Gebruik jy huidiglik jou mond soos wat God wil hê jy moet, of soos wat Satan wil hê jy moet? Is jy bereid om hierdie boekie oop te maak om vas te stel of dit wat jy DINK jy met jou mond doen, en dit wat jy in WERKLIKHEID daarmee doen, dieselfde ding is?
Have you ever thought about the fact that we may have a PASSION for God? Most of us grew up thinking that God is very strict and far away and mostly not interested in our well-being at all. This unfortunately gave rise to some lukewarm ideas about Him. That is very far from the truth however. Clearly one of the lies that Satan used in the past and still uses to try and keep us far away from our Heavenly Father and His fullness. But the moment that we realize He actually wishes to have a very intimate personal relationship with each and every one of us, our crooked perceptions about Him begin to change and we enter into His kingdom here on earth. Read how Satan tries to steal away our joy and indeed our PASSION for God in our daily lives. Most importantly however, read how taking up our authority in Christ immediately restores our passion for our Heavenly Father. Then go out and live out your PASSION for the King of kings, the Lord of lords, our Heavenly Father and His merciful Son, Jesus Christ, under the wonderful guidance of His Holy Spirit. To God be ALL the glory!
Watter uitwerking het tradisies en kerkwette op Christene se uitlewing van hulle verhouding met die Here? Dink jy tradisies is 'n goeie ding in die kerk ? OF: Dink jy tradisies is 'n slegte ding in die kerk ? Is daar goeie én slegte tradisies ? Wat sê die Bybel oor tradisies ? Kan tradisies ons help om 'n sinvolle persoonlike verhouding met Jesus Christus te hê ? Wat is Jesus se siening oor tradisies ? Hou tradisies die "kerk" in kettings ? Gaan tradisies my help om in die hemel te kom ? In hierdie boek poog die skrywer om direk vanuit die Bybel, en in baie reguit taal, antwoorde te verskaf op hierdie en ander vrae wat kerklidmate van oraloor die wêreld hulleself met al hoe meer dringendheid begin afvra. Indien jy by enige geleentheid selfs net 'n bietjie gewonder het oor enige van hierdie vrae, is hierdie boek 'n moet vir jou boekrak. En vir jou persoonlike geestelike groei.
In the days of walled cities and strongholds, the watchman had a very important task. He had to keep guard and warn that city's people against attacks by marauders. If he failed in his appointed task, many people could lose their lives and the watchman would carry the responsibility for that. In the Bible we read that God has also appointed watchmen on the walls of His living church to warn His people against the attacks by the enemy, Satan. Those watchmen are you and I and we have a very big responsibility on our shoulders to be awake in these end-times. The "motions of the enemy" have become more and more subtle over the ages, and God's children must pray for discernment to be able to withstand his attacks. Read how God's watchmen can appropriate the authority they have in Jesus Christ, in order to be able to withstand the enemy effectively. If the watchmen don't warn the people, the blood of the innocent may just be on their hands. Are you willing to take up your appointment as a watchman on God's walls? If so, put on the full armor of God and report for duty! May God fill you with His Holy Spirit power as you read this book, to enable you to also stand up and warn the people...
Was die "boom van kennis van goed en kwaad" 'n slegte boom? Of was dit bedoel dat kinders van God uiteindelik wel kennis sal hê van beide goed en kwaad? Hierdie boekie probeer in gewone taal verduidelik waarom Satan nog al die eeue probeer keer dat kinders van God ware geestelike kennis opdoen. Dit is nie sonder rede dat Paulus gesê het ons is met sý werke nie onbekend nie. Met direkte teksaanhalings uit die Bybel wys die skrywer dat ons BO ALLES eerder in 'n persoonlike verhouding met die Here moet ingaan. Slegs dit kan verseker dat ons geestelike wysheid en kennis opdoen. Kennis van beide goed en kwaad. Sodat ons kan lewe as die oorwinnaars wat ons veronderstel is om te wees. Oorwinnaars IN Jesus Christus. Ons sit immers in Hemelse plekke saam met Hom. Het jy al hierdie ware geestelike wysheid opgedoen? Of ploeter jy nog voort in menslike kennis en wysheid? Is jy bereid om te probeer vasstel?
Have you ever taken a moment to wonder what God REALLY thinks about you? Possibly thoughts of death, destruction and disease? Or maybe thoughts of love, joy and peace? Many people think that He is too far away, or too Almighty to waste any of His valuable time thinking about them. That is just not true, as you will see when you read this book. Would you really like to find out what God thinks about you? From the pages of the Bible the author answers this question in a direct and understandable way. You may be pleasantly surprised by what you find - or shocked. Be ready!
1) God Is Nie In Die Doodmaak Besigheid Nie
Hierdie boekie probeer aan die leser uitwys waar lê die leuen waarmee Satan God se kinders wil vang wanneer iemand sterf. Die bekende woorde wat altyd gehoor word, en wat Satan wil hê ons moet glo, is dat die Here eintlik doodmaak, terwyl die Bybel baie duidelik is dat Satan die mensemoordenaar is
2) God is not in the killing business
3) Die Twee Speelparke
Sê nou daar word twee speelparke langs mekaar gebou, met twee verskillende eienaars. En sê nou die kinders wat in die een speelpark speel, klim self oor die heining en kry daarna seer in die speelpark langsaan. Watter speelpark se eienaar gaan aanspreeklik wees vir daardie kinders se seerkry? Watter eienaar sal in 'n geregshof gedagvaar kan word? Gaan die eienaar van die speelpark waar hulle seergekry het, aanspreeklik wees vir die skade en pyn wat hulle in sy speelpark opgedoen het? Of gaan die eienaar van die speelpark waar hulle NIE seergekry het nie - en van waar hulle sélf oor die heining geklouter het - aanspreeklik wees vir die skade en pyn wat hulle in die speelpark langs syne opgedoen het? Dink jy die antwoord is sommer voor-die-hand-liggend? Blaai gerus deur hierdie klein boekie om te sien of jy reg redeneer, en lees gerus ook wat sê die Bybel hieroor.
Hierdie boek is 'n samevoeging van die volgende vier boekies: "IDENTIFISEER DIE LEUEN"; "GOD IS NIE IN DIE DOODMAAK BESIGHEID NIE"; "HET JY GEWEET: GOD WIL REGTIG JOU PAPPA WEES?" en "KONINKRYK = HEERSKAPPY".
1. En Hy Word Genoem Vredevors
Wie ken nie daardie bekende woorde in Jesaja 9:5 nie, waar die profeet profeteer oor die komende geboorte van Jesus Christus, en waar Sy Name in glorie voorspel word as: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, en dan . VREDEVORS ! Maar wat beteken dit vir ons, kinders van God, VANDAG, dat Jesus genoem was die Vredevors ? Sou hy vir ons 'n wêreldse vrede bring ? Indien nie, hoe sou Sy vrede lyk en hoe sou ons dit hier op aarde ervaar, of wedervaar ? Sou dit 'n vrede wees wat ons net eendag in die hemel sal ontvang, of kan ons dit wel nou reeds ontvang ? Uit hierdie boekie is dit baie duidelik dat Jesus Christus se vrede, 'n innerlike, goddelike, ewige vrede is, wat niks te doen het met die kamtige vrede wat wêreldheersers so proklameer en najaag nie. Met direkte verwysings na die Skrif, en menige aanhalings daaruit, breek die skrywer in gewone geselstrant die aspek van daardie werklike vrede wat Jesus Christus gebring het tydens Sy koms na die aarde, vir die gewone man op straat oop.
2. Nederigheid
Die Bybel se waarskuwing is baie duidelik: "Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val." (Spreuke 16:18) Hoe baie van ons, gewone mense, dink regtig na oor wat hierdie paar woorde in ons daaglikse omgang beteken ? Besef ons werklik dat God wil hê ons moet waarlik nederig wees en nie hoogmoedig nie ? Besef ons werklik dat die Bybel baie duidelik is daaroor dat God self hoogmoedige mense weerstaan ? Maar tog lewe die mense vandag grotendeels vanuit hulle persoonlike trots en hoogmoed ! Die eie-ek, die self, word opgeblaas en aangeblaas, MY (mense)regte is aan die orde van die dag en het in baie gevalle belangriker geword as wat die Woord van God daaroor te sê het. In hierdie boekie probeer die skrywer, vanuit 'n Skriftuurlike oogpunt, dit aan die gewone mens duidelik maak hoe belangrik God ware nederigheid ag, en hoe Hy Self teen hoogmoed en trots optree. Is jy - kind van God - van mening dat jy werklik nederig is, soos die Bybel sê jy moet wees ? Indien wel, word jy uitgedaag om hierdie boekie te lees en jouself te toets. En jy vriend, wat nog nie werklik 'n keuse gemaak het vir Hom nie, maar wat tog begin wonder . word óók uitgedaag om hierdie boekie te lees en vir jouself die vraag te vra: Wie beheer tans nog jou lewe - jy SELF, of Jesus Christus ?
3. Kinders Van God Is Vol Vreugde
Hierdie boek is deur die Here op die skrywer se hart gedruk vanweë die feit dat so baie mense kinders van God sien as langgesig, of suurgesig mense. Dit terwyl die Bybel tog so duidelik is dat Jesus self 'n man van VREUGDE was! Dink jy dalk dit is net nie meer moontlik om ware vreugde en blydskap te beleef in die huidige wêreldse omstandighede nie? Wat sou die Bybel se siening wees rondom hierdie belangrike aspek? Of ís dit in werklikheid so 'n belangrike aspek? Die skrywer probeer op sy gewone geselstrant deur middel van velerlei aanhalings uit die Bybel, aan die wêreld wys hoe wil God in werklikheid hê Sy kinders moet lewe. Nieteenstaande hulle omstandighede. Jesus het aan Sy dissipels, en aan ons, gesê hy stuur ons uit SOOS Sy Vader Hom uitgestuur het. Hoe het Sy Vader Hom dan uitgestuur? Waag dit gerus om hierdie boekie oop te maak vir die antwoord.