callie & lizette

//callie & lizette
callie & lizette 2017-09-29T14:14:09+00:00

callie & lizette fourie
DANCING & PRAYER
DANSE & GEBED
Cell: +27 72 371 5585
(E-mail us)
Full-time dancer for the Lord
Pretoria

callie en lizette fourie

Callie en Lizette Fourie is 38jr getroud en het ‘n dogter, Melanie wat getroud is met Eckardt Briedenhann en ‘n seun, Gerhard, getroud met Michelle. Hulle is die trotse grootouers van 7 lieflike kleingoed.

Gedurende ‘n Israel-toer in 1997 het Lizette geroepe gevoel om vir die Joodse volk te begin bid. Intussen het liefde vir die heilige land en die Joodse volk in beide hulle harte opgevlam en het hulle herhaalde kere teruggekeer vir n besoek aan Israel.

Gedurende die eerste besoek en weer in 1999, het Lizette die oproep gekry om die Here te loof in profetiese lofdans. Dit het uitgekring in ‘n voltydse bediening waar sy in SA, Israel, die VSA en Zimbabwe bedien het.

Callie vervul die belangrike rol van intersessor vir die bediening en vergesel haar na optredes, staan haar by in gebed en neem die belangrike besluite rondom uitnodigings.

Nooi hulle gerus vir bediening in gemeentes, by kampe, seminare en klein groepe.

Lizette het ook ‘n passie om vroue te help om hul regmatige plek in die huwelik in te neem. Sy is ook besig met Bybelstudie-groepe vir vroue oor die onderwerp.

Callie is ‘n kranige amateurfotograaf en leef homself uit in die beoefening van sy stokperdjie deur die neem van foto’s en videos asook die maak van dvd’s.

Ons huis, tuin, familie en vriende is ons vreugde…

Om saam ons Koning te dien, is vir ons  ‘n wonderlike voorreg.

Hy het soveel wonders in ons lewe gedoen dat ons nooit sal ophou jubel en juig in Hom nie.

Ons hartsbegeerte is om elke dag nader aan ons Bruidegom te kom en so ook aan mekaar, sodat ons huwelik soos ‘n spieëlbeeld sal wees van die verhouding wat Yeshua begeer met Sy Bruid.

In Oktober 2007 het ons in Israel ons huweliksbelofte hernu met die woorde van Hooglied 6:2:

“I am my Beloved’s and my Beloved is mine.”

Dit is waarna ons streef totdat Jesus kom.

“Ani l’ dodi,v’ dodi li…”

Kontak gerus vir callie & lizette vir hierdie, of soortgelyke dansbediening, by kerke, kampe of selgroepe.
Feel free to contact callie & lizette for similar dance ministry at your church, camps or cell groups.