ernest & christine

//ernest & christine
ernest & christine 2017-09-29T14:14:09+00:00

ernest & christine phillipson
Ernest: Teaching, prayer and discipleship training
Christine:  breast feeding ministry
Ernest: Lering, gebed en dissipelskap-opleiding
Christine: borsvoedings bediening
Cell: Ernest: +27825778911,
Christine: +27798956182
Evangelist
Businessman
Mossel Bay

ernest en christine phillipson

Na ‘n leeftyd van getroue kerkbywoning en godsdiens, kom die Here in 2007 by my stil staan deur een van Tiaan se dvd’s, en ek besef dat ek nie naastenby ‘n verhouding met ons hemelse Pappa het nie. Ek neem toe ‘n doelbewuste besluit om my lewe om te keer en aan Yeshua oor te gee.

Op daardie stadium het ek pas vir Christine ontmoet, nadat ek 3 maande tevore vir Abba gesê het dat ek moeg is vir die lewe wat ek toe geleef het. Toe ek die besluit neem om Jesus waarlik aan te neem, was ek salig onbewus daarvan dat Christine 3 weke tevore, tydens nagmaal, besluit het om haar  lewe te verander, omdat sy besef het dat sy nie deel kon hê aan die verbondsmaal as sy nie Jesus as Redder aangeneem het nie. Daarom het die verbondsmaal vandag nog vir haar besonderse betekenis!

In 2008 ontmoet ons vir Tiaan en Joey terwyl hy ‘n lesing by die skool op Daniëlskuil kom aanbied en hulle vertel ons toe van die outoriteits-seminare wat hul aanbied. Ons besluit toe om die een in November 2008 by te woon. Op daardie kamp gaan albei van ons deur die water en die Here verlos vir Christine van die “cravings” vir sigarette en drank tot vandag toe nog.

Intussen het ons besluit om na Danabaai te verhuis. In 2009 raak ek betrokke by Woord-bediening in die sake-sektor in Mosselbaai en begin baie onder die kleurling gemeenskap te werk. In 2010 bevestig die Here my evangelistiese roeping en raak ek toe ook betrokke by dissipelskap-opleiding.  My bediening behels meestal koninkryk/outoriteits-lering.

Na ‘n baie moeilike eerste twee maande van worsteling met ons dogter, Hadassah, begin die Here my vrou leer en toerus oor die skeppingsdoel van ‘n vrou wat die soog van kinders betref. In 2012 bevestig Hy aan haar dat Hy ‘n borsvoedingsbediening aan haar toegeken het. Sedertdien is sy op gereelde basis besig om nuwe moeders en moeders wat alreeds kinders het, en nou weer moet soog, te onderrig in die waarheid en waarde van borsvoeding, asook om hul te help om sukselvol te kan borsvoed soos wat God dit bedoel het om te wees.

Skakel my gerus vir persoonlike bediening, bediening in kerke of by groepe of vir Christine aangaande borsvoeding aangeleenthede.

Boeke / Books

Is the author of the following books/
Is die skrywer van die volgende  boeke:

My besigheid, God se besigheid

My business, God’s business

Kies dan lewe of dood!

Waar is die liefde dan?

The books are R50.00 each, plus postage.
Die kostes beloop R50.00 per boek, plus posgeld.

Vir bestellings van enige van ernest se boeke, (kliek hier)
Click here to order any of ernest’s books.