hein & sonja

//hein & sonja
hein & sonja 2018-10-04T21:56:15+00:00

hein & sonja henning
ADMINISTRATION & PRAYER
ADMINISTRASIE & GEBED
Cell: +27 82 560 9348

Businessman and part-time evangelist
Pretoria

 

“Om te bou op Sand”

As eersgebore, buite egtelike kinders wat uit gebroke huise uit kom, was ons albei seker deur elke moontlike beradings situasie in ons lewens. Dankie tog vir die genade van Yeshua want sonder Hom sou ons nie tot inkeer gekom het en die ware Lig gesien het nie.

Ons het mekaar in matriek ontmoet in 1995 en twee jaar later getrou toe ons 20 jaar oud was. Versekering het ons saam so ‘n paar jaar besig gehou, daarna het sonja in dit gebly terwyl ek my eie houtwerk-besigheid begin het wat ek nogsteeds passievol doen. Eintlik nog meer so sedert Kolossense 3:23,24 ‘n werklikheid in ons lewens geword het.

Intussen het ons 2 wonderlike kinders by God die Vader gekry om groot te maak, nadat die dokters vir ons gesê het dit sal nie moontlik wees omrede sonja 2 keer kanker gehad het toe sy maar 21 jaar en 23 jaar oud was. Die kanker is WEG! Dankie Jesus!

Ons het vir Tiaan by ‘n Naboomspruit seminaar ontmoet en God het vir ons ‘n kant van liefde en respek getoon wat ons nie geken het nie en ons wil net meer en meer van God leer.

In 2014 het die 4 lede van ons gesin by ‘n kruispad in ons lewens gekom en saam as gesin die pad saam met Jesus begin stap. Ons was almal saam op dieselfde geleentheid groot gedoop en dien God met ‘n passie tesame.

Nou bou ons ons huis nie meer op sand nie, maar op die rots Jesus Christus! Wat ‘n wandel!

Op ‘n daaglikse basis leer die Here ons al meer om op Hom en Hom alleen te vertrou en hoe ons as gesin betrokke kan wees in Sy Koninkryk.

Ons dank Abba Vader met ons hele hart dat ons Hom kan ken en dien en ons verklaar ALLE EER AAN JESUS CHRISTUS van Nasaret!

Shalom