johan & liezl

//johan & liezl
johan & liezl 2017-09-29T14:14:10+00:00

johan (en liezl) viljoen
TEACHING & PRAYER
LERING & GEBED
Cell: +27 84 230 2012
Full-time evangelist
Businessman
Pretoria

johan en liezl viljoen

Ek was ‘n groot deel van my lewe sleg van die pad af omdat ek nie in my lewe eerstens die Koninkryk van God en Sy geregtigheid gesoek het soos Matt.6.33 bepaal nie.

Prys die Here Hy het my gehelp om op ‘n dag die geestesrealm te snap en dit het ‘n hele nuwe lewe, en die waarheid van die Woord vir my oopgebreek.

My passie is om ander mense wat vandag steeds is daar waar ek was, terug te kry op die regte pad en by die enigste Waarheid, Jesus Christus.

Ek geniet dit baie om oor die Woord te redeneer en gesprekke met mense daaroor te hê, want dis hoe ek self leer en ook lering kry.

Ek hou van klein kern groepe soos ons huis-sel waar dinge vanuit die Woord goed bespreek en vasgevat kan word.

Almal is welkom by ons huis-sel wat elke 2de Vrydag om 19:00 by ons huis gehou word… bevestig asseblief net elke keer per email, sms of oproep.

Verder is my hart om mense te leer van geestelike oorlogvoering en bevryding en om hulle te help om vry te kom van bindinge in hulle lewens.