dudley & anne

/dudley & anne
dudley & anne 2017-09-29T14:14:03+00:00

dudley & anne ludick
Apostel
Cell: +27 60 730 1668
Eersterust Pretoria

Hiermee bevestig ek dat ek, James Willem Dawid Ludick ID.no. 5912175129084 en my vrou Anne Ludick ID no. 5909270236083 die stigterslede is van die Omega Community Church in Eersterust Pretoria.

Ek het in 1981 tot redding gekom nadat ek in dwelmverslaafdheid vasgevang was. Ek was ook in bendegeweld, dronkenskap en was selfs in die tronk vir drie moorde wat ek gepleeg het.

Daarom dank ek die Here vir die redding van my siel. Ek het sedertdien nog nooit weer terug gekyk of myself weer skuldig gemaak aan enige van daardie oortredinge nie.

Ek en my vrou lewe ons visie uit, naamlik maak dissipels van alle nasies en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Om die rede is ek en die gemeente besig om in die gemeenskap te Eersterust te werk, deur programme, kerk dienste en berading aan te bied. Die programme behels berading en hulpverlening aan dwelmverslaafdes, bendelede, mense wat uit die tronk ontslaan is en hul families. Ons bied ook opleiding aan in vaardighede om mense se lewens te verbeter bv. sweiswerk, elektriese werk en kookkuns. Ons sien ook om na die behoeftes van behoeftiges deur sopkombuise, kindersorg en kinderbediening, sien om na kanker, tering en HIV pasiënte. Ons doen ook voedsel voorsiening aan die gemeenskap.

Vir enige navrae kan u my gerus kontak by 060 730 1668.

Gods rykste seёn word u toegebid.

Apostel J.W.D. Ludick