GETUIENIS RONDOM 'N BEN 10 HEMPIE:
Ek woon op 'n plaas ±50 kilos uit Bloemfontein. Snags raak ek 2 tot 3 keer wakker om toilet toe te gaan. My 2 seuntjies se kamer is langs ons kamer, dan loop ek sommer om hulle ook toe te gooi, indien hulle hulself oop skop. Andries (7jaar) en Bernard (10jr.). Dié nag het ek van die toilet af direk terug in my bed gaan klim en onthou toe ek wou die kinders toe gooi, het lui gevoel om weer op te staan, maar iets (die Heilige Gees) het vir my gesê nee, staan op en gaan maak die kinders toe. Toe ek in hulle kamer kom het Andries baie onrustig geslaap. In sy slaap gelê en kerm en kriewel of iets hom pla en hy bang was. Hy raak ook snags baie wakker en kom dan by ons slaap omdat hy bang is. Ek't hom toe gemaak en terwyl ek na hom kyk, m.a.w. my hele lyf was na hom gedraai, het iets weer vir my gesê om, om te kyk. (Om oor my skouer te kyk). Ek't op die bed se voet-en-ent iets pik swart gesien, geskat so 40 by 40 cm groot, iets swart. My en my kinders se kamer is effe skemer en nie baie donker omdat ek heelnag die badkamer lig brand. Ek't weer gekyk en die swart was weg. Vrees het my oorval en ek was nou net so bang, en het gedink ek moet loop dat ek terug in my bed kom agter Dries (my man) se rug in. (Toe ek vroeër opgestaan het en toilet toe was en die kinders gaan toe gooi het, was ek niks bang nie). Maar ek't net besef ek kan my kind nie alleen los nie. Ek't bang op sy bed gaan sit, hy't nog steeds vol vrees geslaap en geruk toe ek langs hom gaan sit. Ek't nou met my gesig en hele lyf na die bed se voet-en-end gedraai waar ek die swart kol gesien sit het. My arms en hande reguit na waar die swart was gesteek en geestelike oorlogvoering gedoen. M.a.w. ek't gebid. In die Here se naam daardie mag (bosemag) wat my kind pla en bang maak het ek in Jesus se naam bestraf. Hard en duidelik aangespreek in Jesus se naam. Ek't hom beveel om weg te gaan van my kind en gesê hy't geen reg op Andries se lewe en nag rus nie. Ek kan nie onthou wat ek alles gebid het nie, maar ek weet God het my wysheid en krag gegee. Toe ek klaar gebid was en my arms wou terugtrek, wou dit nie dadelik terug nie, my arms was reguit en styf soos die krag van die Here deur hulle en my gevloei het, ek was vol hoendervleis, my klein Andries was baie rustig en het dood stil tot die oggend wat ek hom gaan wakker maak het, geslaap. Ek't terug in my bed gaan klim sonder enige vrees. Ek kon nog nie slaap nie. Die Heilige Gees het my gewy om vir Bernard ook te gaan bid vir beskerming teen dit wat vir Andries gepla het. Ek't gegaan en dieselfde gebed vir hom gaan bid. Terug in my bed, kon ek nog nie slaap nie, die Heilige Gees het weer vir my gesê gaan na Bernard se kas en haal die mooi lemmetjie groen hempie met Ben 10 wat ek 3 weke van te vore gekoop het uit sy kas uit. Ek't gedink ek sou die kamer se lig moes aansit om te sien watter hempie in die donker die mooi mannetjie op het. Maar dit was nie nodig nie. Soos ek deur die hempies blaai het die ogies letterlik soos 2 rooi kooltjies vuur gegloei. Ek't die hempie uitgehaal, gedink dis darem 'n mooi nuwe hempie, hom net geknoop en in my badkamer kas gesit. Terug in my bed kon ek nog nie slaap nie. Gelê en rol, helder wakker, dit was seker nou 3 uur in die oggend, gedink ek sal moet slaap, want ek staan vroeg op om skoolkar te ry. Ek't weer opgestaan, badkamer toe gegaan. Die Ben Ten hempie uitgehaal en gedink net nou kry my huishulp die hempie daar en sit dit weer terug in my kind se kas. Ek het 'n skêr gaan haal en deur die hempie geknip. Gevoel ek wil eerste deur die mannetjie se oë knip. Die oë het nou nie meer in my badkamer lig rooi gegloei nie, en daarna het iets vir my gesê, knip deur die 2 buiste, die het vir my soos krag uitgestaan. So het ek nog verder en verder die nuwe hemp in klein fyn stukkies opgeknip. Terug in my bed geklim en dadelik aan die slaap geraak. Die oggend toe ek Bernard wakker maak was ek bang as ek hom vertel dat ek sy hempie stukkend gesny het, hy sou huil, maar tog gedink ek gaan hom die hele storie vertel. Ek't hom alles vertel en hy wou sy hempie sien. Hy kon nie glo dit was in sulke stukkies geknip nie. Geglimlag en gesê, "Mamma ek sal na skool vanmiddag die hempie aan die brand steek." Andries het sedert daardie aand nog nooit weer 'n aand wakker geword en van bangheid by ons kom slaap nie.
2 Korinthiërs 11:14-15: "En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke". (Hy kom nie in 'n draak pakkie nie)
Efesiërs 6:12: "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug."
Jesaja 47:13-14: "Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red-die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom. Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie-dit is geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!"
Wie sal 2 uur in die nag opstaan en 'n nuwe hempie waaroor sy seuntjie mal is in stukkies sny? Toe ek 3 weke terug die hempie gekoop het, het ek half twyfel in my hart gehad, maar my verstand het gesê, Ag nee wat koop, dis 'n mooi hempie en dan is jou kind ook in, al die seuntjies by die skool het Ben Ten goed!
Maar God het my wakker gemaak en my duidelik daardie aand na die kas gestuur en gewys ek moet daardie hempie verwyder. God is onbeskryflik groot. Bid dat jy Sy stem hoor en dat jy 'n dubbele maat van Sy krag en Salwing in jou lewe sal ervaar.
Marlene Wessels
**************************************************
Dear Tiaan.
Firstly I would like to say to a very big thank you for the dvd's and cd's that you have produced. For years we struggled here, we had our home and business blessed, despite our love and devotion to the risen lord, we seemed to flounder endlessly. Beset by endless tribulations and trials that would fill a good volume.
Then one day I visited a customer and the Holy Spirit spoke to me saying she is one of us you can talk freely to her. Not knowing that she was a believer at the time I started to chat to her. One thing led to another, and she suggested that she lend me a copy of Maak Skoon Jou Huis. We did not even discuss my home issues. The Holy Spirit was busy at work.
At the time I felt that nothing could touch me or my life, but after being pinched by the Holy Spirit to fetch the DVD and watch it I did. The next Saturday I resolved to watch the DVD. I started to watch it and very quickly fetched my son who was doing garden chores, calling him to come listen. It was a long watch as we stopped and checked every biblical reference, and I had to explain to my son what was being said in Afrikaans. He only understands English.
Afterwards, we prayed about it and decided to buy into what you were teaching us, Sunday, we went through this house and soon a black bin bag of 'souvenirs and gifts' family keep sakes some has been with our family for generations, African art objects and such like was on its way out!
The Monday while I was witnessing to the house keeper about your DVD and trying to explain to her your message in Zulu, I was led by the Holy Spirit to a Egyptian souvenir that had escaped the general round up, this copper plate had been with me since a visit to Egypt in 1984. As I lifted this copper plate off the wall and bent it in half, it felt as if a snake uncoiled itself from my head and neck.
My eyes opened and all I could see was, I was living is a dirty filthy house, with filthy walls and it was every where, for the first time I saw what others were telling me, the house keeper was not doing her job, after that we have been on a throw away clean up mission. You can imagine the clothing items, stickers and rubbish belonging to my son we ditched, through November right up to the other day in February 2010 we kept on finding items, sometimes in the most bazaar of places.
I then at the suggestion of my friend who lent me your DVD I visited your website and purchased some more DVD's and a bundle of 10 cd's the one that interested me there, was God is not in the Killing Business. I could not contain myself as I waited for their arrival. They arrived some time before Christmas, despite serious distracting side issues at that time. I managed to watch Identify the lie and say the long prayer at the end, my son who had by this time moved out, came to visit, was persuaded to watch Identify the lie and said the prayer at the end, he returned to his mom and later on 1st January 2010 changed his mind, he returned to live with me. The very first thing he wanted to do was watch Identify the lie with me again and say the prayer at the end.
He was adamant that he had been 'soiled' spiritually by staying with his Mom and felt that the prayer at the end cleansed him. My son is borderline schizophrenic, till we watched the DVD Maak skoon Jou Huis and other dvd's together it was common practice if he got out of hand or went 'off his head' to give him two tranquilisers and then when he relaxed sent him to go sleep the upset off. If he could not sleep because he was being tormented, a sleepy tablet smoothed the way.
Since we watched the DVD Maak Skoon Jou Huis, the kid has not been given a tranquiliser, the terrible nightmares have stopped, the endless requests to come sleep "Daddie Room" etc. stopped. The intense need he had for reassurance love, stopped. He still has to take the medication to lift the depression, but that has been reduced from three tablets to two. He has developed a new found self confidence and desire to learn about the Risen Lord, he is even attending a course, and importantly has been making the effort to go out there try to get a job. The list goes on and on.....
I paid very close attention to your DVD Identify the Lie, the other two that come in the bundle The Power of the Tongue; Kingdom = Authority , I had to pray to get my ears opened, only when I listened to the CD versions, on my daily travels did the message and its understanding become revealed to me. I purchased separately "MY FINANSIES IN GOD SE HANDE" after listening to the DVD, promised my self that never again would I mess around with tithing and such like. I have a completely different view on this whole subject from my previous attitude. When I prayed about this subject I was told 10 % of every cent that passes through my bank account was to be placed in a brown paper envelope with no markings and handed in during the collection on Sunday. The first time I did this, I was driven crazy with 'stupid thoughts' going through my head only after I handed in the first envelope,that stopped. Then we continued happily till during this month I actually ran out of cash money.
On Saturday I did my final shop and filled petrol and set out to 'vas byt' till the end of the month, on Saturday evening I landed up with heart problems and to add to this I started to run a fever. Worried, I prayed through the night, in the morning the heart pains went away, I even went for a stiff walk round the block in the morning to see if anything was still the matter. In the night I had been healed. Sunday morning, I had no choice but go see the Doctor as I was still running a fever and after the nights drama did not want to take chances. Wondering how I was going to pay the Doc, I realised I had to ask him for credit, in giving me credit, he would be blessed and this would be revealed to me. Just like how you teach when you always insist on paying, you take from others who would be blessed by not allowing them to give. In the end all that was the matter was I had the flu. The whole time after I came home, I was tormented by thoughts that by giving my tithe I had left myself and my family short, that I had foolishly managed my money, put us into to a spot and so on. This put my back up, I resolved to ignore these stupid thoughts and place my trust in Christ Jesus and when the time rolled around, I would go and square up with the Doc.
The next day two things happened. The anti biotic the Doc gave me made me toxic, Monday evening, I went to change it, while waiting my turn, people kept on arriving and soon Doctors waiting room was over full, people spilling out into the street, while looking at this 'horde' of people waiting to be seen by the Doc, the Holy Spirit revealed to me that this was the Doc's Blessing for giving me credit. The best news is always for last, on Monday morning I woke up early and wondering how am I going to feed my family till payday, going though the grocery stocks in my mind I worked out I would make it but the meals would be basic. That settled in my mind, I lay in bed rebuking the demons for continuing to fill my mind with anti tithing thoughts and resolved to tithe and give to the poor when I had, exactly as you taught us in your DVD, regardless, as I was sure that Jesus has already done so much for me in my life till today, we will keep faith with him no matter what challenges we face, regardless. He has always seen me right and will always see me right in the end!
Then my cell phone went off and I wondered which idiot had the cheek to sms me so early in the morning, don't they know about office hours. I checked my phone and a very nice deposit had been put into my account from the Tax man. Unexpected & unanticipated! In one stroke all changed I could square up the Doc etc Jesus had seen me right just as I was sure he would.
All you have to do is just believe.
In closing thank you for the effort you have put into making those DVD's, we have been set free, our lives have changed after watching, Maak Skoon Jou Huis, so much has changed for me since October 2009. Your material has given me a whole new perspective on the Gospels and the Bible, my love for Risen Lord has become greater, the list is long and almost that of a long list of cliché's but most of all our eyes are now open and our family has been set free, we are no longer just good little Christians Going to Church on Sundays like well behaving kids. We now recognise things for exactly what they are.
My friend all I can say to you is thank you for your material, I will recommend your material to people when I see the opportunity or directed by the Holy Spirit to do so. We pray for your ministry and in support of your prayer intentions every day and pray that you will continue to produce more material so that people will be set people free and their eyes opened. I pray that your ministry will be blessed and grow, the like of which you cannot even begin to comprehend at this point in time.
Thank you so much, may God Bless you not only today but all the days of your life.
Godfrey
**************************************************
More Tiaan
Ek wil ook net graag 'n getuienis lewer, ek sal begin met Cars van Walt Disney. Ek het geweet ek moet passop vir Spiderman, Batman, Ben 10 ens maar ek het naief gedink dat Cars veilig is omdat dit net oor karre gaan. Ek het vir my seun Marcel 16 maande so 'n slaap broekie gekoop. Ek en my man het die aand outoriteit geneem om geeste te bestraf wat via 'n "christelike website" www.jesusisoursavior.com deurgekom het waar eksplisiede beelde, sketse en prente van Pan opgekom het en ek veral asook my man deur vrees oorval was. Ons het die geeste bestraf en hul het weg gegaan, maar toe ons weer vir 'n laaste keer in ons aandgodsdiens bid en vra vir Jesus as daar enige geeste teenwoordig is wat nie van U af is nie moet hul die plek verlaat, het my seun reageer. Hy het heel nag onrustig geslaap en die volgende oggend wys die Heilige Gees vir my dat agter die prent van Cars was Pan versteek op sy slaap broekie. Ons het die dadelik vernietig. Ek wil ook net dankie se aan Konrad van Rensburg wat vir ons baie geleer het met ons bevryding en dat ons verhouding met God herstel is. Ek wil ook dankie se Tiaan dat deur u dvd's die Heilige gees nou die bybel vir ons vooruitgaan en openbaar. Die Here het nog nooit so baie met ons gepraat deur Sy Woord en Gees as vanaf ons geleer het by u om die outeur van God se boek te vra om dit te openbaar nie. Ons het ook na die rolle van die man en vrou geluister op u dvd en alles begin in plek val vanaf ons dit begin toepas. Dankie en hou asb aan met die goeie werk
God se rykste seen
Michele van der Vyver
**************************************************
Hi Tiaan,
Ek het vir my 3 en 5 jarige seuntjies 'Cars' beddegoed en nagklere gekoop. Dit het alles te pragtig gelyk. Maar 'toevallig' het my 3 jarige op dieselfde tyd 'n hond in die huis begin sien. Hy het histeries geraak, aanvanklik in sy slaap en later selfs as hy wakker was. Die 5 jarige het begin nagmerries kry en so bloedstollend gegil in sy slaap dat ek elke keer met 'n bonsende hart gesukkel het om weer aan die slaap te raak. Ek het geweet van jou 'maak-jou-huis-skoon' reeks en vir jou 'n e-pos gestuur. Jy het aanbeveel dat ek ontslae raak van die goed. Ek het die aand in die kamer gaan sit en na die beddegoed gekyk. Daar was niks ooglopends verkeerd nie, maar ek het gesmag na slaap en toe vir die splinternuwe goed 'totsiens' gesê. Net so 'toevallig' het die nageskapades opgehou en die hond is weg.
Pastoor Kobus Vosloo sê altyd daar is nie so iets soos toeval nie.... eerder 'toe val die lig van God daarop...'
Dankie vir julle goeie werk. Ons bid vir julle.
Groete,
Willie en Annette Potgieter, Pretoria
(Terloops, ons het 'Walt Disney' finaal gegroet... vir hom en sy makkers het ons nie langer blyplek nie)
**************************************************
Hi Tiaan
Ons bly in Obuasie in Ghana en daar versprei ek jou DVD! Ons dogtertjie is 'n geskenkie gestuur van Jesus - liefdevol en saggeaard. Tot ek die Barbie en sprokies dvd's vir haar begin wys. Sy het tantrums gegooi en gehuil en in die nag wakker geskrik.
My vriendin van Mosselbaai stuur toe jou DVD en nadat ons sommer daardie selfde dag huis skoon gemaak het, is sy weer haar ou self! Baie dankie vir jou gehoorsaamheid. Ek is seker God glimlag stil tevrede vir jou!
Groete
Marelize Viljoen
**************************************************GETUIENIS: GERDA GROBLER
(KNYSNA)
WEES GEHOORSAAM!!!
Wanneer laas was jou gebed of gesprek met God sommer net ‘n eenvoudige en opregte liefdesverklaring? Jy sal verbaas wees, dit werk ... Dit weet ek nou!!!
30 Jaar gelede is my skildklier verwyder! In 2006 September haal die dokters in George hospitaal ‘n gewas van 2,4 kg, waar die skildklier 30 jaar gelede terug was, uit met ‘n 7 ure lange operasie. 9 dae in ICU, 8 dae in gewone saal.
Ly vir jare aan bipolêre maniese gemoedsrus versteuring!! Vernietig amper my hele familie daardeur. Word in 2003 gediagnoseer met Limf T.B. Het nie eens geweet daar bestaan so iets nie. Gedink mens kry T.B. net in jou longe en hoes! Toe nie!!! Kry hartversaking 18 maande op T.B. medikasie!!!
In 2007 word ek gediagnoseer met Amkilose Spondilitis. Verloor behoor oor my blaas. Dra doeke soos ‘n baba. Pyn wat ek aan niemand kan beskryf. Elke dag op morfien. Tot 6 keer per dag. My bene raak al hoe swakker. 3 verskillende looprame, eers gewone rolstoel, daarna elektriese rolstoel, toilet word hoër gemaak. Kan nie meer buk.
EK RAAK OPSTANDIG!! HERE, SUID-AFRIKA IS GROOT, MOET NIE ALLES VIR MY GEE NIE!!! HOE ONKUNDIG!!! Dit weet ek nou!! Het nie meer die woord gesond voel geken nie. Net moedeloosheid en moegheid geken.
In Februarie 2009 word ek gediagnoseer met borskanker. Chemo wag op my en bestraling. Maartmaand 2009 kry my man beroerte as gevolg van hoë cholesterol. Bewusteloos. Die dokters sê: “laat kom die kinders” dis 50-50. Here nie dit ook nog nie!! Hoe gaan ek hierdeur kom!! God genees hom wonderbaarlik, nie eens enige breinskade of enige teken daarvan oorgehou!!
Wag, nou hier kom die mooi gedeelte!!
Ons kruis paaie met die “Maak skoon jou huis reeks” DVD’s van Tiaan Gildenhuys. Dank die Here ek en my man, Koos Grobler, was GEHOORSAAM!! Al het ons oor party goed getwyfel het dit nogtans gewaai!!
Op 6 September 2009 kyk ons “Identify the Lie” van Tiaan. Aan die einde van die DVD is daar ‘n hele klomp dinge wat jy vir die satan moet sê “hardop”. Weer was ek gehoorsaam. Party plekke het ek nie bygehou met alles hardop sê nie, die DVD was bietjie te vinnig vir my, maar dank God dit waarmee ek kon byhou was genoeg om satan verkeerd te bewys met al sy leuens. Ek dink hy en sy trawante hol nou nog.
Op 7 September 2009 het ek opgestaan, geen verwagting gehad of enige snaakse gevoel gehad nie. Eers toe ek op my stoep kom besef ek, ek LOOP NORMAAL!! Ek het GEEN PYN!!! Na my man geroep en gesê: “kyk na my”. Al om die huis geloop, in my nagklere die straat af. En ek loop vandag nog normaal.
Die “Geloofsgenesing”-ding was altyd volgens my ‘n bietjie “oordrewe”. Hoe skaam het ek gevoel, ek het dit nie eens gevra nie, ek was maar net GEHOORSAAM. Nooit sal ek ooit weer twyfel nie. Die Here het Tiaan gebruik om my oë oop te maak en ek dank God vir ‘n man soos Tiaan, Here dat U hom gebruik vir al hierdie, “soms” onverstaanbare dinge in ons lewens wat ons kan help om elke dag bietjie vir bietjie nader aan U te beweeg. Om ons Bybels reël op reël te lees en op te hou om in die wêreld te beweeg. Alle eer daarvoor net aan ons Jesus Christus!
My man, Koos kon sedert sy beroerte nie een nag deurslaap nie, en het in die nag ure wakkergesit. Sedert ons ons huis skoongemaak het, slaap hy nog elke aand dwarsdeur. Intussen het die Here my ook nog verlos van my rookverslawing.
HOW GREAT THOU ART!!
Jesus ek het U so lief!!
Sit jy vasgevang in die grafkelder van ‘n somber ervaring in jou lewe? Kyk!! Die klip is weggerol. Aanskou die lig, die liefde, die opwekkende krag van God, die Almagtige Vader! Kyk! Christus het opgestaan ook in my hart en my lewe!!
Gerda Grobler
Sel: 083 524 6398

*********************************************************************************************************
Ek groet u in daardie onveranderlike Naam van Jesus Christus. Aangename kennis. Ek het met u gepraat in Augustus maand in verband met getuienisse wat ons bymekaar sou maak, maar ons almal is so besig. Ons kon ook nie die 2de September 2007 se diens bywoon nie, want ek en my man het deurdiens by ons kerk gedoen.
Ek wil eerstens aan ons Liewe Vader baie dankie sê dat Hyself vir u die wysheid gegee het om aan ons oor te dra op CD’s, DVD’s en boeke. Ons maak net huis skoon en vertel net verder en verder. Mense vra vergifnis, ander word gesond en baie kom tot bekering hier in Bloemfontein. My tweede dank is aan u wat die instrument in God se hande is, wat so gewillig is om ons te leer van dieper dinge en om ons te waarsku om weg te bly van Egipte af. Ek hou ook van Jeremia 33:3. Deur u het daar baie dinge vir ons oopgegaan. Hier volg my getuienis:
My seun het bekeer net nadat hy die waarheid ontdek het deur middel van u DVD’s. Ons as ‘n gesin is so bly, want ten minste kan ons nou lekker slaap naweke, want Boeta het sy saak met die Here reggemaak. Alles te danke aan Tiaan Gildenhuys se DVD’s en met die hulp van ons groot Bron van kragte, onse God en Vader.
My seun is 26 jaar oud en het verkeerde vriende gehad en naweke gedrink en dronk by die huis aangekom. Die oomblik wanneer iemand die deur vir hom oopmaak, lyk hy baie wreed en kan enige tyd ontplof, en wanneer jy net een skewe woord sê. Ons kon baie duidelik sien dat hy nie homself was nie en dat hy vol demone was. Hy is die lieflikste seunskind as hy nugter is en baie life vir die Here, Hy lees sy bybel elke dag. Dit was net die drank wat hom ‘n slaaf gemaak het van SATAN EN VAN SONDE. Hy het selfmoordneigings gehad en wou my wat sy ma is met die mes dood steek en het my baie lelik gevloek. Sy suster was bang vir hom en moes altyd hoor hoe gaan hy my doodmaak en dan wys hy haar die lelike mes. Sy het sielkundige behandeling gekry en was opgeneem by ‘n kliniek tydens Junie skoolvakansie. Hy wou nie saam die kursus by die sielkundiges bywoon nie, wat hy voel hy is reg. Hy het ‘n wit Golf gery wat sy pa vir hom verlede jaar 25 April 2006 vir sy verjaarsdag gekoop het. Ons seun het al 3 keer die Golfie gestamp en gesê dit was nie hy nie en baie verskonings gemaak.
Sy pa is ‘n polisieman by Kriminele rekords en vingerafdrukke en het ondersoeke gedoen van voertuie wat gesteel was of in ongelukke betrokke was. Ons het die Golfie van die seun af weggevat deur dit te verkoop.
Toe gebeur daar ‘n wonderwerk. Op Maandag 13 Augustus net na my verjaarsdag 11 Augustus het ons seun skelmpies na die DVD “Identifiseer die Leuen” gekyk wat ek in die sitkamer vergeet het. Prys die Here!!! Hy kyk toe daarna terwyl sy sussie by die skool was en ma en pa is by die werk. So omtrent 8 uur daardie Maandagaand net voor ek wou gaan slaap, stuur hy sy suster om my te roep sodat ek kan kom kyk waarmee is hy besig. En daar in die sitkamer sit meneertjie voor die TV besig om Identifiseer die Leuen te kyk.
Hy sit toe met ‘n groot glimlag op sy gesig en was baie bly en in oorwinning, want hy het die waarheid ontdek. Mamma kyk waarna sit ek en kyk ek! Hierdie man wat daar praat, praat eintlik al die hele dag met my. Alles wat hy sê is waar, elke ding op die DVD tot in die fynste detail. Hy het homself gesien.
Hy was een wat gou kwaad geword het; is soms humerig; verwerping het ook voorgekom, en het ook kwaai hoofpyn en megraine, het selfmoordneigings gehad, vir hom het die angsaanvalle gevoel soos hartaanvalle, stress. En self sy vriende het hom uitgedaag om die Golfie te spin en hyt ook regtig die ouens gewys hy kan dit doen soos hy verduidelik het. En dit is waar die stampmerke van die kar vandaan gekom het of kom ons sê maar die ongelukke. Maar ter wille van God se groot genade en ma en pa se gebede en sussie s’n het hy nooit iets oorgekom nie. Pa het maar die kar elke keer reggemaak.
Ek kon net die Here dank vir hierdie wonderwerk. Die ander DVD “Maak skoon jou huis” het ek by iemand geleen Februariemaand 2007. Dit het hy ook al van tevore skelmpies gekyk en hy was toe nog baie onseker en negatief, hy’t gesê mamma moet asseblief nie die hele huis leeg maak nie. Net Vrydag 7 Desember 2007, drie dae gelede het hy weer na die DVD “Maak skoon jou huis” gekyk en stem nou eers 100% saam met alles waarvan u praat en hoe u die Egiptiese en Oosterse en Afrikageeste ensovoorts uitwys. My kind was die hele naweek besig met sy kamer en klerekas om skoon te maak en uit te gooi, en so nou en dan word ek gevra, wat dink mamma van hierdie een, want Tiaan praat van hierdie etiket ook ensovoorts ensovoorts. Van sy vriende het saam met hom daarna gekyk net soos die vorige keer met Identifiseer deur Leuen en dit maak ‘n groot verskil in mense se lewens, wat hulle is nou so positief.
Hy is werkloos en is dringend op soek na werk. Hy het by ‘n sleepwaentjie maatskappy gewerk, maar die werk net so gelos. Hy sê dit is vervelig, want meeste van die tyd doen hy niks nie en wanneer hy nagskof werk slaap hy heelnag in sy stoel. Bid asseblief vir hom, want hy is eensaam en sy meisie het hom gelos, nou is hy ledig en sonder werk ook.
Groete in Jesus
Charlotte Buffett
**************************************************************************************************************
Hi julle!
Daai DVD van julle "Maak jou huis skoon" versprei soos 'n veldbrand hier by Nashua Kopano in Woodmead! Almal se lewens het so drasties verander, en daar is absolute verbeterings in huwelike en verhoudings! Nogmaals baie dankie vir die goeie werke wat julle vir DIE HERE doen! Ek hoop......nee, ek WEET, ek kan ook 'n verskil maak met die hulp van JESUS!
Sannette Calitz
**************************************************************************************************************
Hi Tiaan
Prys die Here vir die wonderlike werk wat julle doen! Ons lewe was 'n gemors (en dis om dit baie sagkens te stel). Ons "skei" amper permanent, baklei, ons seuntjie is 'n terroris, niks wat ons ooit doen werk uit nie, geld is altyd 'n groot probleem, ens, ens. My skoonma het jul 2 DVD's, "Identifiseer die Leuen" en "Maak skoon jou Huis", vir ons gegee om te kyk. Ons hou van Sondag aand heerlike "bonfires" - als wat afgode in ons huis was, word verbrand. My seuntjie dra net al sy Spiderman, Batman, Superman en ander speelgoed en klere aan en geniet dit vreeslik. Daar was soveel goed wat ons gebind het (n.a.v Identifiseer die Leuen) en ons kon dit losmaak met die gebed. Ons voel soos splinternuwe mense. Ons het ook 'n pizza-restaurant en ewe skielik gaan dit baie goed.
My seuntjie, Julian, is 4 jaar en was nog nooit 'n maklike kind nie. Toe ons nou al die goed begin brand, wou hy weet hoekom. Ons se toe vir hom dit maak Jesus se hart seer. Ons het nie geweet hoe ons sy speelgoed en klere voor hom gaan verbrand nie, maar daar het 'n Ninja Turtle buite gele en ons gooi dit toe op die vuur. Hy gaan toe na sy kamer en begin al die goed in 'n emmertjie bymekaarmaak. Hy se toe dat dit hom baie bang maak. Dis te cute om te sien - hy hardloop in en uit met sy emmertjie en elke keer wat hy iets vat, se hy: "come on, get out of here". Toe ons begin om als te verbrand, was hy baie stout - toe ons die eerste speelding opsit was hy so kalm soos 'n lammetjie. Die aand toe ons moes gaan slaap (dis altyd 'n vreeslike stryd), het hy ons kom se hy's lief vir ons, soentjies gegee en gaan slaap.
Klein Julian se klerekas is nou leeg, maar die Here sal toesien dat ons sy klere kan vervang. Ons baba, Ilanya, het ook 'n paar "fairy" klere gehad. Ek is 'n ongelooflik sentimentele mens, maar dit was so maklik om als te brand.
Nicolette Mandelstam
*************************************************************************************************************
Hallo Tiaan
Baie dankie vir jou bediening. Ek kon nooit verstaan hoekom ek 'n op en af Christen lewe het nie. Hos 4:6 bevestig maar net weer die rede. Ek het reeds al 'n paar duisend rand se goed verbrand Vrydag aand, net na ek jou video gesien het, lekker kampvuur gemaak. As dit vir jou moontlik is, wil ek graag so 4 fotos vir jou E-pos oor 'n mat wat ek baie lank terug gekoop het in Turkye. Ek is nog nie seker oor die mat nie. Is nog steeds besig om skoon te maak en dit is ongelooflik hoeveel goed van die vyand in ons huise is. Die Here seën jou bediening. As die hele SA maar net hierdie video kan sien. Hoor graag van jou.
Ds Anton Ferreira
**************************************************************************************************************
Hi there Tiaan!
Your DVD has made a great difference in our lives. Since we have conducted a "house cleaning" exercise, things are just falling into place. Our business has improved and things are picking up all over. We really serve an awesome God and thank you for helping us to identify the idols we have kept in our lives (whether consciously or not) It is only by being
obedient to God that all things will come right. Thanks and God bless
Jill Alexander
****************************************************************************************************************
Hallo daar!
Tiaan ek is werklik beïndruk met wat ek gesien het in die CD maak skoon jou huis, en ons het skoon gemaak glo my. Maar weet jy dat na alles kom ek na ’n maand agter dat nog steeds is daar goed wat weggesteek lê in laaie onder papiere en in koeverte. Ons kan maart net dankie sê vir die aanslae wat teen ons uitgestuur word, want dan weet ons dat ons op die regte pad is. Jesus groete van Dawid Bedieninge in die Vrystaat Steynsrus.
Past. Johan Benecke
*****************************************************************************************************************
Beste Tiaan,
Ek het jou e-pos adres by ‘n vriendin gekry. Ek het reeds na jou CD geluister asook na die DVD van huis skoonmaak. Dit was regtig vir my “awesome” – ek kry nie ‘n ander woord daarvoor nie. Dit het soveel dinge bevestig wat ek al ervaar het vanaf ‘n jong kind. Ek kon as kind al in ‘n vertrek instap en ervaar as iets nie “reg voel nie”. As gevolg van “oop deure” kon ek ook goed in die geesteswereld sien, en ek is drie keer in my lewe fisies deur demone aangeval, ek kon hulle sien. Niemand kon my help nie, en ek het jare met die vrees en dinge geleef ot dat die Heilige Gees my gelei het. Ek het bevryding ontvang, ek is wedergebore en nou ‘n ware kind van die Koninkryk. Die Heilige Gees het my ook presies terug geneem na my kinderdae (ons het in Swaziland) gebly en as 2 jarige dogtertjie het ek saam die Swazi’s gedans en hulle het my gegooi met spelde en alle ander artikels as ‘n sort eer en inlywing as een of ander koninging. Dit was die “doorway”. Ek kan selfs as kind onthou hoe ek potte en goed gesien het en dan geeste wat daarin bly, en was vreeslik bang vir die donker. Ag so kan ek uitbrei en uitbrei. Lang storie kort te maak ek is total bevry maar ek kan nog steeds in ‘n huis of vertrek inloop, en met toe oe wys waar is goed wat teen my gees getuig. Ek het maar altyd stil gebly oor my ervarings want mense, dominees, pastore ens. maak jou af as mal. Nadat ek jou DVD’s geluister het, het ek besef en verstaan wat ek nog altyd ervaar het nie sommer nonsens was nie. Ek het verlede week na iemand gegaan wat gevra het ek moet vir haar kom bid want hulle besigheid, kinders ens, ens. word deur goed “aangeval” – dit was awesome hoe die Heilige Gees my gelei het tot by die KERN van die probleem.
Wat ek eintlik wil deel met jou, ek het onsettende waardering vir jou bediening en wat jy doen en die manier wat jy mense toerus met die waarheid.
Kristel Coetzer
*******************************************************************************************************************
Dagse Tiaan
In die NAAM van GOD die seun, ons en my VERLOSSER en ons en my KONING, JESUS CHRISTUS, in die liefde van GOD onse VADER in die HEMEL en ons vertrooster GOD die HEILIGE GEES: GOD dank jou vir die "Maak jou huis skoon" DVD
Dankie vir die vlugtige telefoon gesprek van nou die dag. Ek is wedergebore in Christus in 1981 en het gelukkig 'n vrou, ma en ouma en familie wat baie vir my gebid het. GOD was altyd by my maar my oë was selde op HOM gevestig en ek sien nou eers SY ingrypings en sëeninge in my verlede ten volle raak. Dit het maar swaar gegaan alhoewel ek deurgaans tot GOD gebid het ten spyte van my halstarrige weerstand teen die "dooie bediening" wat ek in ons kerke ervaar het.
In Maart het ek en my vroutjie Ds Elmore by Wilgespruit NG Kerk gaan sien uit radeloosheid want my oudste seun het 'n baie moeilike lewe. Niks fout met sy gesondheid nie maar in sy persoonlike lewe wou niks vlot nie. Hy is nou 10. (Ek het ook 'n dogter van 7 en 'n jongste seun van 3) Ds Elmore Kirsten het in 10 minute se innerlike genesing reg gekry wat ek in my al my aardse studies, ingenieurs en bestuurs grade en geoefende logika nie kon reg kry in 10 jaar nie. Met die besef hier is iets REAL waarvan ek niks weet nie het ek met Ds Hennie West in kontak gekom (selfde gemeente) en ek en my vroutjie het sy Huweliksverreikingskamp bygewoon. Op 20 Mei 2006 tydens die kamp het die HEILIGE GEES my aangeraak en ek het onherroeplik en onvergeetlik my lewendige GOD se teenwoordigheid ervaar en HOM gesmeek om my te help om 'n man na SY hart te word en om my 'n instrument van SY wil te maak.
In openbarende drome, gebede, beelde ens ens het die HERE aangedui dat daar van my in die kort termyn verwag word om te onderrig in "intersessory prayer". Deurentyd vlot dinge egter nie heeltemal nie en ek sit deurgaans met die indruk ek moet my huis skoon maak. My vroutjie kry selfs ''n openbarende droom waarin sy gevra word of sy wil huis skoon maak. Ek begin geleidelik besef iets torring met my behoefte om die HEMELSE VADER te dien. Iets strem dit. Ek koop baie boeke en kry lofprysings musiek, ek verhard in
gebed ens ens maar al waneer ek die Gees ervaar is buite my huis. Ek ervaar geringe geestelike vervulling by die huis maar amper op 'n "ingeperkte" wyse. Asof die GEES gestrem word. Ek was al moedeloos, raadop en kon nie meer dink wat op dees aarde fout is nie. Ek het meer en meer tyd aan die Bybel bestee en selfs dit wou nie werk nie. Maandag toe bring 'n CHRISTUS boetie vir my 'n kopie van jou "Maak jou huis skoon" DVD. Ek was tot in my skoene geskok. Ek kan nou nog nie my onkunde glo nie. Ek staan nou nog geskok voor die verbysterende eenvoud van die waarhede oor afgodery. Ek besef op nuuts hoe blatant onkundig ek oor die woord van ons geliefde HERE is.
My vroutjie het op haar eie tyd die DVD deurgekyk. Ek het so tussenin stukkies daarvan gekyk. Ons het al twee swart sakke vol boeke, poppe, speletjies, musiek ens weg gedoen. My huis is DEURSPEK van die gemors. Dis omtrent al waaroor ek, my vroutjie, my oudste seun en selfs tot 'n mate my dogterjie praat. My seun het saam deur die DVD gekyk en dit is klaarblyklik al waaroor hy en sy maats praat by die skool. Hy het vanoggend 5 kopiëe van die DVD aan maats uitgedeel en is gevra vir nog 7 kopiëe. Een kind was selfs bereid om 'n R100 daarvoor te betaal. My seun het ewe nederig gesê ons kan nie geld vra vir GOD se werk nie maar die DVDs kos sowat tien rand vir 'n blank met sy kassie. Ek het egter aan hom verduidelik dat GOD van ons verwag om SY sëeninge met ander te deel sonder ENIGE vergoeding "maai soos jy saai", nie wat jy saai nie. MY seun word omring by die skool deur maats wat meer wil weet. Daar vorm dus 'n kritiese massa van CHRISTUS kinders as gevolg van die DVD. My vriende, my vrou se vriendinne wil almal kopië hê. En ek sny met groot graagte vir enige iemand wat vra en selfs die wat nie besef hulle kan vra nie. My dogtertjie kom nou die oggend selfs met 'n mandjie vol poppe met vlerkies en fëetjies en unicorns ens by my aan en sê ek moet dit vat. Haar kamer is sommer leeg en sy het dit absoluut uit haar eie inisiatief gedoen.
Wat my indrukke aanbetref. Ek bly verwonderd. Die DVD is die beste wat ek nog ooit gesien het en vertrou my maar ek deurweek my lewe met die tipe materiaal.
Die DVD is vir my absoluut uitstaande in:
-Kragtigheid,
-Solied bybelse grondslag,
-Perfekte balans tussen aanbieding en uitnodiging
-Puik aanbieding
-Skreuend Sprekend tot my gees
-Sensitief vir die aanhoorder dog sonder om enigsins in die impak te verminder
-Absoluut eerlik
Jou aanbiedingsstyl is regtig sonder enige vorm van kritiek.
Ek ervaar 'n GEES vervulde boodksap.
Die agtergrond en klerederag is onpretensieus.
Die aanbieding is vir my absoluut geSALF, in materiaal keuse, volgorde, impak, ens ens ens...sommer in ALLES
Die boodskap is oorrompelend oortuigend
Ek kry enige mens wat wil!! in GOD se diens staan uiters jammer, nee ek beklaaaaag dit dat so 'n persoon dalk sonder hierdie DVD GOD se taak probeer aanpak en die resulterende halwe ervaring van GOD se impak in sy en sy medemense se lewens.
Ek sal probeer om jou op hoogte te hou van daadwerklike getuienisse soos ons dit ervaar as jy sou aandui dat dit nie vir jou lei tot informasie overload nie.
Interresant genoeg...soortgelyk aan die storie van die twee dwergie lampies het ek vanoggend twee vroue standbeelde in my slaapkamer opgemerk. Hulle arms en koppe is afgekap. Die beeldjies is van 'n liggewig tipe sement of iets gemaak. Dis asof my gees toenemend meer in staat raak om on-wel goeters te identifiseer soos ons die massas gemors uit dra. In elk geval ek sê vir my vroutjie die beeltjies is nie lekker nie, sy stem toe ook saam iets is nie lekker nie en ek dra dit uit die huis uit. Toe ek weer in die kamer kom is dit asof daar vir die eerste keer ooit 'n vars luggie deur ons kamer trek (letterlik) en daar is 'n gevoel van verligting in die kamer, amper 'n opbruising van tasbare vreugde. My vroutjie se onbeïnvoeldte kommentaar is dat sy duidelik is tipe van ligter effek op die kamer bespeur. My analise se iets soos: misvorming van die menslike liggaam, verwydering van die kop is CHRISTUS, maw 'n beeld wat sonder Christus is. Die afgekapte arms toon op kragteloosheid, hulpeloosheid, onvermoëndheid. Interresant genoeg is net die skouers nog oor op die gevormde beeldjies. Dit sou 'n regterarm gehad het wat langs die sy hang en 'n linkerarm wat sou omhoog gehou gewees het, in my instink 'n arm en hand wat na GOD opgelig sou gewees het maar nie meer kan nie. Al wat oorbly is dan die lyf...'n vermindering van menswees na die sensuele en tien teen een die seksuele as al wat oorbly...wat 'n afbrekende uitbeelding van GOD se hoogste skepping!!! Interresant genoeg is ek en my vroutjie heelwat in die verlede geteister deur gevoelens van..raai reg nê...kragteloosheid, hulpeloosheid, onvermoëndheid
Afgesien van enige iets anders is my oë nou vir die eerste keer oop genoeg om te sien hoe die vyand ons lewens oorgeneem het en ons samelewing onderwerp het aan sy gesag en ons hele nasie wil onderdruk. Dit gaan egter nie gebeur nie want die HERE werk duidelik kragtig in ons beleërde land om ongekende herlewing en verlossing te bring. Dit is per slot van sake net in SY mag wat ons die land gaan red van die vyand en sy bose.
EK bid GOD se sëen op jou ywer in SY NAAM
Ek bid GOD se Sëen op jou, jou familie en al jou geliefdes, boeties en sussies
JESUS Groete
Pierre Coulson
**************************************************************************************************************
Greetings in Jesus name,
I refer to our telephone conversation of the 6th where I stated that I had been given a copy of your DVD Maak Skoon Jou Huis and it is in this regard that I request permission to make further copies so that others’ lives may be changed as they hear the truth. It’s amazing how I can tell my congregation things over and over again but when they hear it from somebody on a DVD then they are prepared to take note. We have already seen lives changed in this portion of the body and we believe that God is not finished yet. There are still many more who need to take hold of the truth.
May the Lord continue to bless and keep you as you serve Him and give Him all the glory for the things He has done.
In Christ
Dave Giles (Pastor)
Mossel Bay World Outreach
**************************************************************************************************************
Hi Tiaan,
The reason for this mail is that I had the opportunity to see your DVD “Maak jou huis skoon” and what an awesome experience it was. Myself and my girlfriend (which God has brought to me after being single for 3 years) have collectively 5 children, 2 from her previous marriage aged 7,5 and 3 of my own aged 8,5,4 from my previous marriage. As we watched the DVD on totally different days we noticed the cards which you showed on Pocimon, dragon ball etc. her son aged 7 had these cards which his father had bought him and which he cherished very much. Both of us really prayed about a way we could confront him with regards to these cards so we could get rid of them by burning them.
A couple of hours after Barbie and about 24 hours I had being praying about this we were informed that he had stolen someone else cards at school which he had admitted. His mom sat him down and spoke to him about it and what we should do? He only being 7 said that we should burn the cards as it was not good (note we had not discussed the DVD’s or anything with him). We had the opportunity to do so and as I lead him through a prayer in the name of Jesus I must say you could just see a light in his eyes of pure relief. God is great. Thanks there is still a lot that we are praying about and will be burning.
Thanking you and God bless
Wayne A. Ducroq
*****************************************************************************************************************
Hallo Tiaan
Ons was baie geseen deur jul dvd. Ons dogters, 9 en 6 jaar oud, het saam gekyk. Hulle was meer gierig as ons om van hul goed ontslae te raak!
Ek het baie van my “wind chimes” gehou, maar het besluit om daarvan ontslae te raak nadat ons na die dvd gekyk het. Ons het al die items in ‘n sak gesit en besluit om dit die volgende naweek te verbrand. Ek het vergeet om my chime af te haal en was weg vir die week. Saterdag oggend, toe ek opstaan, sien ek my chime is gebreek – so gebreek dat net die middelste deel oorgebly het. Net die deel wat nie kon chime nie! Ek was so opgewonde, want die chime het al vir baie lank daar gehang en NOOIT gebreek nie! Toe ons dit in die vuur gooi, het dit die snaaksste geluid gemaak!
Ons 6 jarige het aan die slaap geraak terwyl ons die dvd gekyk het, want dit was baie laat. Sy het die hele tyd op my skoot gele en slaap. Ek het gebid en vir die Here gevra om seker te maak sy hoor wat gese word, al slaap sy.
Die volgende oggend het ons uitgegaan vir ontbyt en terwyl ons gewag het vir ons kos, het ons haar vrae gevra oor die inhoud van die dvd. Sy het “spot on” geantwoord op al ons vrae. Die kinders het albei items in hul kamers gaan haal waarvan ek al vergeet het.
Dankie.
ADV. JEANETTE NEVELING
Senior State Advocate
Office of the Director of Public Prosecutions: Transkei
***************************************************************************************************************
Hallo Tiaan!
My vennoot het reeds begin met huis skoonmaak en het 'n getuienis daaruit. Hy het 'n klomp goed verbrand, onder andere 'n houtbeeld wat hy besef het was 'n boedavoorstelling nadat hy die dvd gekyk het. Terwyl die goed gebrand het, het hy drie keer omgedraai nadat hy gedink het sy vrou staan agter hom, maar daar was niemand nie. Daarna, terwyl hy vir die brandende boedabeeld kyk, het 'n gesig in die vuur verskyn. So 'n lang maer een met donker oe en 'n lang, ovaal mond, soos die wit maskers wat baie in rillerflieks gebruik word. die gesig was 'n hele ruk sigbaar.
Dit het alles Dinsdagaand 'n week gelede gebeur. Woensdag was 'n redelike koue dag (15 grade). Woensdagaand, toe hy die as wou bymekaarmaak om weg te gooi, was dit nog so warm dat hy nie daaraan kon raak nie. Die betonblad van sy braai was ook nog so warm dat dit sy hand gebrand het. Daar is net eenvoudig geen gewone verklaring vir die feit dat die as na 24 uur nog so warm kon wees nie. Dit was vir hom, en my, die bewys dat daar wel iets aan daardie goed gekoppel was en iets wat nie baie gelukkig was om verbrand te word nie.
Baie dankie vir jou gehoorsaamheid om die boodskap te versprei. Baie mense sal se dis te radikaal, maar soos jy tereg se, die vyand sal altyd probeer om mense te oortuig om verskonings te maak, veral as dit jou sak begin raak. Ek sien uit om jou nuwe reeks saam met my twee seuns te kyk. Hulle is 7 en 9 jaar oud en ek het hulle baie van die goed op die dvd gewys en ons is besig met skoonmaak. Dis verbased hoe oop hulle gees is vir die verandering en hoe gretig hulle is om die regte ding te doen. Ek bid net dat die Here hulle sal laat sterk staan en beskerm wanneer hulle maats hulle spot oor hulle oortuigings.
Groete en vrede vir jou
Johan Nel
****************************************************************************************************************
Tiaan
Ons het altwee die DVD's van "Maak Jou Huis Skoon" en ons kleinste dogtertjie kon nie deurslaap in die nag nie. Sy het tussen 4 en 5 keer in 'n aand na ons geroep. Ons het na die DVD al die feetjies en nog ander dinge uit haar kamer gehaal en vanaf die eerste aand slaap sy dwarsdeur. Sy en haar sussie het saam geslaap en nadat ons alles verwyder het slaap sy nou alleen.
Baie dankie vir die bevrydende DVD. Ons is al die laaste 4 maande besig om dinge uit te gooi en verbrand, en soos ons aangaan maak die Here ons oe vir nog dinge oop.
Seen en groete vir jou en almal wat daar werk.
Boeta Swart van Ballito
****************************************************************************************************************
Hallo julle!
Ek wil graag langs hierdie weg getuig hoe groot God is en watter kosbare werk Tiaan vir die koninkryk doen.
My seun is 14 jaar oud en “was” ‘n epelepsieleyer, so by so, dat hy moes medikasie gebruik.
In ‘n selgroep in Ficksburg waar ons vandaan kom het ons van Tiaan se DVD’s gekyk, onder andere, Maak skoon jou huis.
Dit alles het sin gemaak toe my seun een Saterdagmiddag ‘n “fit” kry en glo my die ergste een wat ek en my vrou nog beleef het. Die vertrek in ons huis het van die veel besproke Afrika gesigte teen die muur gehad. Vriende het vir die seun kom bid en ons het die gesigte verwyder en verbrand en goed wat die DVD leer. Dit is nou ‘n jaar later, my seun het self die medikasie gelos, wat hy sê God het hom genees en daar is geen mer “fit” of epelepsie nie.
‘n Maand gelede het my vrou die getuienis gedeel met ‘n vriendin wie se seun op 8 jarige ouderdom nog sy bed natmaak. Die kind se kamer het die spiderman tema. Die ma is ‘n gelowige en oop vir die gesprek gewees. Sy het besluit om die getuienis te prober en het al sy beddegoed verwyder vir die nag. Nodeloos om te seê die kind maak nie meer sy bed nat nie.
Ons het na dit weer daar gekuier en ‘n spiderman speelding het sy verskyning gemaak. Die ma het dit onmiddellik vernietig.
As daar mense is wat nie wil glo nie, is dit hartseer. Ons as gesin het dit eerstehands ervaar, God is ‘n werklikheid en Sy Woord IS die waarheid.
Dankie Tiaan dat jy vir ons die lig laat skyn het.
Mattheus Kühn
*******************************************************************************************************************
Beste Tiaan!
Ek het sopas die artikel “Maak jou kind geestelik weerbaar” gelees in die Mei ‘07 uitgawe van Finesse … Ja … daar is sekerlik verskeie opinies oor hierdie “goggas” – soos jy hulle noem. Maar ek kan nou getuig dat die feëtjies en die kabouters en die oulike kinder “movies” is wel ‘n (groot) probleem!
Meer as ‘n jaar gelede het ons pastoor ‘n diens gehad oor Gideon wat eers sy pa se afgode moet gaan brand / omgooi het … Van toe af het die Here soveel keer met my ‘gepraat’ en gesê dat ek ook moet gaan skoonmaak. Maar soos daardie beeldspraak van die person wat in ‘n spieël kyk maar sodra hy wegdraai vergeet hy wat hy gesien het … en so het die duiwel my oë toegehou vir net te lank. So was ons as gesin in Januarie ’07 by ‘n “fairy sanctuary” op Swellendom, en dáár het my armhare orent gestaan en het ek vir my man (Joe) gesê die goed (feetjies, dwergies, drakies, hasies, goetertjies) is van die duiwel af!!! Natuurlik het ek weer blind by die huis teruggekeer.
23 Maart: ‘n Goeie vriendin kom kuier die Vrydagaan en stap in my kinders se kamer in en vra verband: “Wat se gordyne hang hier?” Die mooiste grootste feetjiesgordyne wat EKSELF gemaak het! Ek wou in die grond in wegsak wat my oë het oopgegaan!!! Daardie Saterdag toe bring sy vir my jou eerste “Maak skoon jou huis”. Daardie aand droom ek dat my huwelik ten grond gaan asgevolg van ek wat wil “skoonmaak”. Dit het my nie gekeer daarvan date k vir Joe vertrel nie en Sondagaan het hy saam met my gekyk na jou DVD.
Maandagoggend (die beplande skoonmaakdag) voor skool roep Ilze (3½) in haar kamer “Mamma! Mamma! Kom kyk!” Ek uit die hoek van my oog het ek dit ook gesien … Ek so gou soos ek in die kamer ingeloop het wat dit weer weg en Ilze was tevrede. Dit was ‘n wit lig wat baie vinnig beweeg (gevlieg) het … soos ‘n feëtjie …
Kinders skool toe, en so 8 swartsakke later en daar is ‘n rustigheid in my huis wat ek jou nie kan oorvertrel nie! Dis heerlik! Hier moes altyd ‘n radio of tv blêr, nou nie meer nie, hoe stiller hoe beter! Toevallig?
So 2 weke later sien ek dat Ilze (3½) nie meer vol blou kolle en seerplekke is nie … Ek was eers nie seker nie en nog ‘n week later toe vertel ek vir almal!!! Ons het so 6 of 7 trappe by die voordeur. Amper elke oggend het Ilze op die onmoontlikste manier daar seergekry of afgeval! Party oggende het sy net eenvoudig vasgesteek en wou nie ‘n tree verder nie! Sy het seker elke dag van haar lewetjie seergekry hier by die huis en ek was deeglik bewus daarvan … “Wie” het by die voordeur gestaan? ‘n Sement dwergie! Toevallig?
So 2 weke gelede (dis vandag die 8e Mei) kom ek agter dat Liza (8) begin “glipsies” kry deur die nag, onmiddellik begin ek toe vir “gogga” soek. Kry toe ‘n spiel in hul kamer met 4 “PooBear” stickers opgeplak, trek toe die stickers af toe is daar 4 lelike gesiggies op die spiel uitgekerf en op die spiel self was daar ‘n superman sticker wat ek tydens skoonmaak nie heeltemal kon afkry nie. Die hele spiel toe weggooi en vir Liza gevra oor die gesiggies, (dit was ‘n Indonesiese spieël met poppies op uitgekerf). Sys ê toe dat sy vir PooBear daarop geplak het omdat sy nie van die gesiggies gehou het nie. “Glipsies” is toe ook weg.
Dis nog nie klaar nie … (Prys die Here!)My huishulp is ook ‘n wedergebore Christen en so vertel ek als aan haar en op die ou end het ek my eie dvd’s bestel en stuur ek die toe saam haar huistoe. Sy het toe ook skoongemaak, maar haar 9 jarige dogter wat nog altyd ‘n “bed natmaak” problem gehad het, raak toe net erger! Tot 3 – 4 maal per nag en hul slap in een bed. Thembi het toe redelik kwaai begin raak met haar maar vra toe die Here se hulp en Hy wys haar toe dat sy onder die bed moet kyk. Daar kry sy toe klomp bookies met drake, hekse en monsters op. (Oosterse bookies van ‘n vorige werkgewer). En dit was die einde van die probleem! Dis vandag 15 Mei en haar dogter slaap nog elke aand DROOG!!! Thembi se 14jarige se kommentaar: “This is something to talk about”
Prys ons Hemelse Vader vir mense soos jy Tiaan!
Baie dankie
Jesus groete
Mignon Struwig
***************************************************************************************************************
Hi Tiaan
We have been blessed by the material we received from you last year (House Cleaning, and a few others).
After viewing the House Cleaning material (a few times), I had opportunity to share some of it with some Christian Indian ladies of Hindu background that we know. I was particularly intrigued as one of the ladies has a nose ring, toe rings and ankle bracelet. After sharing with them, they confirmed what you had been saying about the Hindu religious roots and ceremonies. The one with the jewellery realised that she was unable to have a serious relationship for long (she is an older woman, divorced). She shared that when she got divorced, the ring her husband had given her was burning her toe so she was forced to remove it. Later she thought, "My toes look bare", so she promptly went out and bought two rings, one for each foot. I was encouraged when they saw the spiritual connection to many things going on in their lives and I challenged them (particulary the one with the jewellery) to go before the Lord and get rid of the jewellery. I thought that here is a lady who understands the demonic Hindu connection, so it shouldn't be too difficult. I saw them a few weeks later - no change. She still had the same jewellery on. I have not seen them since, so do not know whether they have made any changes. I pray that the seed has been planted and trust the Holy Spirit to work in His time.
May The Lord Jesus Christ continue to bless you and your ministry as your serve Him diligently.
Thanks,
David Morrison-Young
Power of God Family Ministries