Elke individu wat op verskillende wyses betrokke is onder die naam van Outoriteit in Christus Bedieninge dwarsdeur Suid-Afrika, glo as volg:
1. Ons glo in 'n Enige, Ewige, Alomteenwoordige, Alsiende, Alwyse Skepper-God wat 'n Drie-Eenheid is, soos na verwys in 1 Johannes 5:7: "Want daar is DRIE wat getuig in die hemel: die VADER, die WOORD (Jesus Christus) en die HEILIGE GEES, en hierdie DRIE is EEN..."
2. Ons glo in Jesus Christus as die eniggebore, unieke Seun van God, wat die enigste Verlosser, Redder, Saligmaker en Messias van die wêreld is, soos na verwys in Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê", en in Johannes 14:6: "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; NIEMAND kom na die Vader behalwe deur My nie." Ons glo dat Jesus self GOD is wat vlees geword het, aan 'n kruis gesterf het vir ons sondes, deur God opgewek is uit die dode, en wat opgevaar het na die hemel, om te sit aan die regterhand van God, vanwaar Hy weer sal terugkeer om Sy gelowiges te kom haal om vir ewig saam met Hom te wees.
3. Ons glo in die Heilige Gees as 'n onlosmaaklike deel van die Drie-Eenheid van God en as sulks self ook God, soos na verwys in 1 Johannes 5:7, en ons glo dat Hy die Trooster is wat deur Jesus vir ons gestuur is na Sy hemelvaart, soos na verwys in Johannes 16:7-13: "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel... Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig."
4. Ons glo aan die onfeilbare Woord van God, wat vir ewig vasstaan in die hemele, soos na verwys in Psalm 119:89: "Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele", en soos vervat in die Bybel, wat gelees kan word soos dit geskrywe staan, en ook so verstaan kan word, volgens 2 Korinthiërs 1:13: "Want ons skryf aan julle NIKS ANDERS as wat julle LEES of ook VERSTAAN nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan..."
5. Ons glo dat die 1933/53 Afrikaanse Bybel huidiglik die enigste Afrikaanse Bybel is wat vanuit die oorspronklike Betroubare Tekste vertaal is wat God se Drie-Eenheid bevestig, Jesus Christus se Goddelikheid bevestig en wat Bybelse waarhede bevestig.
6. Ons behoort aan en onderwerp ons aan Jesus Christus en aan die LIGGAAM van Jesus Christus, en die gemeente van die "eersgeborenes" soos na verwys in Hebreërs 12:22,23: "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en DIE GEMEENTE VAN EERSGEBORENES WAT IN DIE HEMELE OPGESKRYWE IS, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges..."
7. Ons glo in Jesus Christus se Groot Opdrag soos na verwys in Mattheus 28:19,20: "Gaan dan heen, maak dissipels van AL DIE NASIES, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."
8. Ons glo dat "al die nasies" presies dit beteken, ongeag hulle ras, nasie of velkleur, en deel daarom die boodskap van redding en saligheid in ons Here en Messias, Jesus Christus, met enige van daardie rasse en nasies op enige plek in die wêreld. Ons glo nie dat slegs blankes hoop op saligheid het, of dat slegs die blankes die enigste ware "Israeliete" is wat afstam van die "verlore stamme" van Israel nie.
9. Ons glo dat die fisiese volk van Israel, insluitende die Jode van vandag, steeds God se uitverkore volk is en dat diegene wat bid om die innerlike vrede van die mense van Jerusalem, geseënd sal wees, soos na verwys in Psalm 122:6: "Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!" Ons glo dat die kerk van vandag deel is van die geestelike Israel, wat net soveel beloftes het om aan vas te hou en uit te leef in God se Koninkryk, as wat die fisiese Israel steeds het, en dat die kerk en Israel gesamentlik 'n groot rol te speel het in die eindtye waarin ons lewe. Ons glo nie in die sogenaamde "Replacement Theology" wat beweer dat geen verdere beloftes in die Bybel meer op die fisiese Israel van toepassing is nie, en dat die kerk vandag Israel sg. "vervang" het nie.
10. Ons glo dat die satan en sy bose geeste 'n definitiewe werklikheid is, dat ons in 'n geestelike oorlog met hulle betrokke is, en dat ons hulle moet weerstaan soos die Bybel bepaal in Efesiërs 6:12: "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug." En ook Jakobus 4:7: "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." En ook 1 Petrus 5:8,9: "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof..."
11. Ons glo dat die hemel 'n ewige, heerlike werklikheid is waarheen elke gelowige wat Jesus Christus aangeneem het, ONMIDDELLIK heengaan die dag as hulle sterf, terwyl die hel 'n ewige, skrikwekkende werklikheid is, waarheen almal wat nie vir Jesus Christus aangeneem het nie, of wat die sonde teen die Heilige Gees pleeg, onmiddellik en vir ewig sal gaan.
12. Ons glo dat GEEN ENKELE Christen kerk-denominasie in die wêreld vandag, oor die volle waarheid rondom die Woord van God beskik nie, aangesien die Bybel bepaal dat ons maar net ten dele ken, (1 Korinthiërs 13:9+12 - "Want ONS KEN TEN DELE... Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken...") maak nie saak wie en wat ons is nie, en dat ons daarom in geestelike eenheid met mekaar moet wandel, en bereid moet wees om by mekaar te leer ten einde die groter prent beter te kan sien en verstaan.
13. Ons glo dat ons nie meer onder die VLOEK van die wet lewe nie, maar dat die voorskifte en gebooie van God, insluitende al tien van die Tien Gebooie, steeds vandag op ons van toepassing is vanweë ons verhouding met Hom, gesien in die lig van Jeremia 31:33: "Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: EK GEE MY WET IN HULLE BINNESTE EN SKRYWE DIT OP HULLE HART; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees." En in die lig van Jesus se eie woorde in Mattheus 5:17-19: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele."
14. Ons glo en erken dat die Hebreeuse Name van God 'n absolute werklikheid is, naamlik Yahweh vir die Vader, as Verbondsgod, Yeshua ha Mashiach vir Jesus ons Messias en Ruach Haqodesh vir die Heilige Gees, maar glo nie dat ons verdoem is indien ons steeds in ons eie taal Hom vereer as God en HERE, of as Jesus Christus, of as die Heilige Gees nie.
tiaan gildenhuys
Outoriteit in Christus Bedieninge
Pretoria
RSA
Every individual who may officially be involved under the name of Authority in Christ Ministries anywhere in the world, believes as follows:
1. We believe in an Eternal, Omnipresent, Omniscient, All-Seeing Creator God who is a Divine Trinity, as referred to in 1 John 5:7: "For there are THREE that bear record in heaven, the Father, the Word (Jesus Christ), and the Holy Ghost: and these THREE are ONE."
2. We believe in Jesus Christ as the only begotten, unique Son of God, who is the ONLY Savior, Redeemer and Messiah of the world, as referred to in John 3:16: "For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.", and in John 14:6: "Jesus saith unto him, I am the way, the truth, and the life: no man cometh unto the Father, but by me." We believe that Jesus is also GOD who became flesh, died on a cross for our sins, was resurrected from the grave by God and who ascended to heaven to sit at the right hand of God, from where He will return for His saints to be with Him in all eternity.
3. We believe in the Holy Spirit as an absolute part of the Trinity of God and as such also God, as referred to in 1 John 5:7, and we believe that He is the Comforter sent to us by Jesus after His ascension, as referred to in John 16:7-13: "Nevertheless I tell you the truth; It is expedient for you that I go away: for if I go not away, the Comforter will not come unto you; but if I depart, I will send him unto you. And when he is come, he will reprove the world of sin, and of righteousness, and of judgment... Howbeit when he, the Spirit of truth, is come, he will guide you into all truth: for he shall not speak of himself; but whatsoever he shall hear, that shall he speak: and he will shew you things to come."
4. We believe in the infallible Word of God which stands eternally in heaven, as referred to in Psalms 119:89: "For ever, O LORD, thy word is settled in heaven", and as contained in the Bible, which can be read and understood as it is written, according to 2 Corinthians 1:13: "For we write none other things unto you, than what ye read or acknowledge; and I trust ye shall acknowledge even to the end..."
5. We believe that the 1611 Authorized King James Version of the Holy Bible is presently the only English Bible which was translated from the original Received Texts which confirms God's Trinity, Jesus' Godliness and certain Biblical truths.
6. We belong to and submit ourselves to Jesus Christ and to the BODY of Jesus Christ, and to the "church of the firstborn" as referred to in Hebrews 12:22,23: "But ye are come unto mount Sion, and unto the city of the living God, the heavenly Jerusalem, and to an innumerable company of angels, To THE GENERAL ASSEMBLY AND CHURCH OF THE FIRSTBORN, WHICH ARE WRITTEN IN HEAVEN, and to God the Judge of all, and to the spirits of just men made perfect..."
7. We believe in the Great Commission given by Jesus Christ as contained in Matthew 28:19,20: "Go ye therefore, and teach ALL NATIONS, baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost: Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you: and, lo, I am with you alway, even unto the end of the world. Amen."
8. We believe that "all nations" means exactly that, irrelevant of their race, creed, nation or skin color and therefore we share the message of salvation in our Lord and Messiah, Jesus Christ with any of those races or nations anywhere in the world. We DO NOT BELIEVE that only white people have hope of salvation, or that only the whites are the true "Israelites" who descended from the "lost tribes" of Israel.
9. We believe that the physical nation of Israel, including the Jews of today, are still God's chosen people and that those who pray for the inner peace of the people of Jerusalem will be blessed, as referred to in Psalms 122:6: "Pray for the peace of Jerusalem: they shall prosper that love thee." We believe that the church of today is part of the spiritual Israel, who have just as many spiritual promises to hold on to and to live out in the Kingdom of God, as those which the physical Israel have, and that the church and Israel have a joint roll to play in God's Kingdom in these end-times we live in. We DO NOT BELIEVE in the so-called "Replacement Theology" which states that no further promises in the Bible are applicable to the physical Israel any longer and that the church has "replaced" the physical Israel today.
10. We believe that satan and his demon spirits are a definite reality, that we are in a spiritual battle with them and that we must resist them as the Bible teaches in Ephesians 6:12:"For we wrestle not against flesh and blood, but against principalities, against powers, against the rulers of the darkness of this world, against spiritual wickedness in high places." And also in James 4:7: "Submit yourselves therefore to God. Resist the devil, and he will flee from you." And also in 1 Peter 5:8,9: "Be sober, be vigilant; because your adversary the devil, as a roaring lion, walketh about, seeking whom he may devour: Whom resist stedfast in the faith..."
11. We believe that heaven is an eternal wonderful reality where every person that has received the Lord Jesus Christ will IMMEDIATELY go to the day they die, while hell is an eternal terrifying reality where every person that has not received Jesus Christ will immediately go to when they die and that they will be there for ever.
12. We believe that NO SINGLE Christian church denomination in the world today has the full truth regarding the Word of God, as the Bible is clear that we all know in part, (1 Corinthians 13:9+12 - "For WE KNOW IN PART, and we prophesy in part.... For now we see through a glass, darkly; but then face to face: now I know in part; but then shall I know even as also I am known...") no matter who we are, and that is the reason why we should walk in a spiritual unity with each other and why we must be willing to learn from each other in order to see and understand the bigger picture in a better way.
13. We believe that we are no longer under the CURSE of the law, but that the instructions and commandments of God, including all ten of the Ten Commandments are still applicable to us today as a result of the personal relationship we have with Him, seen in the light of Jeremiah 31:33: "But this shall be the covenant that I will make with the house of Israel; After those days, saith the LORD, I will PUT MY LAW IN THEIR INWARD PARTS, AND WRITE IT IN THEIR HEARTS; and will be their God, and they shall be my people." And also in the light of Jesus' own words in Matthew 5:17-19: "Think not that I am come to destroy the law, or the prophets: I am not come to destroy, but to fulfil. For verily I say unto you, Till heaven and earth pass, one jot or one tittle shall in no wise pass from the law, till all be fulfilled. Whosoever therefore shall break one of these least commandments, and shall teach men so, he shall be called the least in the kingdom of heaven: but whosoever shall do and teach them, the same shall be called great in the kingdom of heaven."
14. We believe and acknowledge that the Hebrew Names of God is an absolute fact, namely Yahweh for the Father as the Covenant God, Yeshua ha Mashiach for Jesus our Messiah and Ruach Haqodesh for the Holy Spirit, but we DO NOT BELIEVE that we are condemned if we still honor and exalt Him in English as God, Lord, Jesus Christ, or Holy Spirit.
tiaan gildenhuys
Authority in Christ Ministries
Pretoria
RSA