errol & karien

errol & karien muller

CATERING & PRAYER / SPYSENIERING & GEBED
Cell: +27 82 876 1512
Groblersdal

Ons is 30 jaar getroud en het 2 pragtige kinders, Hannecke en Andre en ‘n skoonseun Marco wat soos ons eie is.

Ons huwelik was maar stormagtig, maar my uitgangspunt was net dat ek nooit die satan die satisfaksie sal gee om my huwelik op te breek nie.

Daar was baie gebede en trane maar in 2016 verloor errol sy werk en die Here Jesus Christus dop sy hele lewe om. Hy begin die Here met n passie dien. Ons beleef elke dag die Here Jesus se wonderwerke en voorsiening uit Sy hand.

Ons ontmoet Gerhard en Rene Short van OICB in die begin van hierdie krisis tyd en deur hul bediening en Tiaan en Joey se kampe en huwelikskampe kon ons onder leiding van die Heilige Gees weer leer om mekaar te respekteer en lief te kry en die Here Jesus as hoof van ons huis plaas. Ons leer saam om die Here Jesus Christus met n passie te dien en begin ons ook n huiskerk op Donderdagaande onder leiding van Gerhard en Rene van OICB.

Ons leef in nederigheid voor die Here, Hy is ons Verlosser en Voorsiener. Ons leef met n Wederkoms verwagting want ons Koning kom!!! Daarom is dit ook vir ons geroepe om die kinders van die Here Jesus te bedien sodat hul gereed kan wees vir Sy koms.

Ons is net gewone mense, maar die Here Jesus gebruik ons as instrumente in Sy hand.. nie in ons eie krag nie, maar alleen deur Sy krag, wysheid en insig.

Aan ons Koning Jesus Christus alle eer en lof!

“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.” I PETRUS 4:11 AFR53