ian & alida retief
PRAYER & SUPPORT
GEBED & ONDERSTEUNING
Cell: +27 82 572 1351 & +27 82 440 4334

Full-time ministry

Mossel Bay

ian en alida retief

Ian en Alida is 23 jaar getroud en woon tans in Mosselbaai vir die afgelope 14 jaar.

Ons het geen kinders, maar wel 2 hondjies en Rufus die African Gray.

Ons het Tiaan & Joey ontmoet in 2014 en na die 3de bediening van Tiaan  hier, het ons die NG Kerk verlaat na 50 jaar.

Ons het albei besef ons was besig met godsdiens en dat ons gedwaal het, omdat ons nie die Skrifte geken het nie en ook nie die Krag van God nie!

Ons het ‘n huiskerk begin en vandaar het ons lewe totaal verander.

Alida se hartsbegeerte was om Israel te toer en dis waar die besluit om te gaan begin het.

In Maart 2018 het ons op Tiaan & Joey se toer ons huweliksbelofte hernu, ook met die woorde van Hooglied 6.2.

Ons het ons regte  familie in Christus ontmoet op hierdie toer, asook Phillip en Alrinda,  wat ons weer op Chris van Niekerk se pad gelei het.

Albei van ons het geweet dit is die familie wat Yeshua op ons pad gestuur het, met ‘n doel!

Ons het Tiaan en Joey se 2de toer na Israel geboek, saam met Phillip & Alrinda van El Ain en was baie telelurgesteld dat die Toer gekanselleer was,  as gevolg van die lockdown van covid 19.

Abba Vader het dit op Alida se hart geplaas dat sy moet uittree na 45 jaar van beroepslewe, om veral na oumensies om te sien in die dorp.

Desember 2020 het ek in die hospitaal beland met covid 19 vir 10 dae.

Ek was baie siek en daar het Yeshua my geroep om saam met my vrou Jesus se Hande en Voete te wees, voordat Hy ons kom haal.

Ons albei streef daarna om in Geregtheid en Heligmaking te leef, nederig te wees en  dat mense Yeshua in ons kan sien.

Jesus kom nie vir ‘n kind van Hom nie…..maar wel vir Sy Bruid!!

Ons is baie bevoorreg om deel van hierdie familie in Christus te wees.

Shalom

Ian & Alida Retief

M J Harrisstraat 27a

Da Nova

Mosselbaai

(h) 044-6912623

Ian 0825721351

Alida 0824404334