len & annalise

len & annalise

len en annalise de jongh

TEACHING & PRAYER
LERING & GEBED
Cell: +27 73 838 2814
(E-mail us)
Full-time evangelist
Kimberley    

len en annalise de jongh

TEACHING & PRAYER
LERING & GEBED
Cell: +27 73 838 2814
(E-mail us)
Full-time evangelist
Kimberley    

Ek en Annalise is al 17 jaar getroud, en ons is woonagtig in Kimberley. Ons is geseën met 2 pragtige meisiekinders.

Tot en met 2007 was ek aan en af met my godsdiens. Tydens ‘n mannekamp in 2007 op oom Angus Buchan se plaas, het ek besluit om Jesus Christus met ‘n passie te begin dien. Daar was altyd ‘n soeke na meer. Gedurende 2009 het ek en ‘n vriendin van die Kaap gesels oor die Bybelvertalings wat verskil en sy het my van Tiaan vertel en vir my ‘n paar boeke gestuur wat al my vrae opgeklaar het. In 2010 is ek saam met dieselfde vriendin Israel toe en het op die toer vir Tiaan en Joey ontmoet.

Niks was daarna weer dieselfde nie. Ek en my huisgesin dien die Here met ‘n passie en leef absoluut die woorde van Josua 24:15 – “…maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”

Ek het ‘n passie vir oumense en Annalise het ‘n passie vir kinders. Die rede waarom ons besluit het om by OICB aan te sluit, is omdat hulle die Waarheid, en net die Waarheid, doelgerig verkondig, en dit is wat ons ook wil doen.

Kontak ons gerus by 0738382814.