GETUIENIS OOR HARTJIES

/GETUIENIS OOR HARTJIES
GETUIENIS OOR HARTJIES 2018-02-26T11:37:51+00:00

Hi daar

Ek en my man stap al 3 jaar die pad waar ons geleer het van “huis skoon maak” deur Tiaan se dvd’s.

Aan die begin was dit effens vreemd vir ons ,maar hoe meer ons die beginsel aan die hand van die Woord getoets het,hoe meer het Deuteronomium 23:14 vir ons oopgegaan en het ons begin verstaan. Ons het besef dat daar wel goed in ons huis was wat ‘n invloed op ons optredes, verhoudings ens gehad het.

Met dit in gedagte, die ander aand is my kinders aan die hoes vir die 3de nag in ‘n ry en ons het al elke hoesmedisyne probeer. Ons twee pleit toe by God wat weerhou genesing van hulle?

So na tien roep my 5 jarige dogtertjie my terwyl sy in die bed lê en ek in die gang verby haar kamer stap. Net die gang lig was aan, so dit was half donker skemer in hul kamer. “Mamma” sê sy, “dis die hartjie wat aan die beertjie se etiket is wat my so laat hoes!”. Ons het haar van die herkoms van “hartjies” geleer en sy weet hartjies is verkeerd, maar ons het haar nooit geleer dat dit demoniese goggas ‘n reg gee om daar te wees nie.

Ek het die hartjie afgeknip en daar het die hoese dadelik opgehou. Prys die Here, Hy het deur ‘n vyfjarige vir ons bevestig SY Woord is ewig en waar en of dit nou in die OU Testament staan of in die NUWE Testament, HY verander nie!

Elana Steenkamp
De Doorns