Boek – Omnibus 2

Home/Boek Omnibus (Afr)/Boek – Omnibus 2

Boek – Omnibus 2

R80.00

OMNIBUS 2:

1. Identifiseer die Leuen

2. God is nie in die doodmaak besigheid nie

3. Het jy geweet? God wil regtig jou PAPPA wees?

4. Koninkryk=Heerskappy

Category:

Description

1. Identifiseer die Leuen

Vir te veel jare het die Satan homself in mense se lewens gekamoefleer met die leuen dat ons nie MET Satan moet praat, of OOR hom moet praat, of VAN hom moet praat nie. Op hierdie wyse het die “vader van die leuens” oor jare kinders van God in tronke vasgebind sonder dat hulle werklik geweet het hulle is daarin vasgesluit. In hierdie boek wil die skrywer die man op straat attent maak op die subtiele, maar baie basiese wyses waarop Satan Christene aanval. Indien Christene die leuens in hulle lewens kan identifiseer, en hulle weet wat hulle ware outoriteit in Christus is, sal Satan dit nie meer so maklik regkry om hulle te mislei nie. Indien u nog altyd gedink het die vrees in u lewe is maar ‘n deel van wie u is, van u “persoonlikheid”, óf daardie aggressie, óf daardie swaarmoedigheid, óf daardie minderwaardigheids-gevoel, blaai gerus deur hierdie boekie om te sien waar die LEUEN in u lewe ingekom het. Lees hoe Satan God se kinders aanval met die hulp van sy bose geeste, soos ons van hulle lees in Efesiërs 6:12 en leer hoe om hulle teen te staan in Jesus Christus se outoriteit.

2. God is nie in die doodmaak besigheid nie

Hierdie boekie probeer aan die leser uitwys waar lê die leuen waarmee satan God se kinders wil vang wanneer iemand sterf. Die bekende woorde wat altyd by begrafnisse gehoor word en wat satan wil hê ons moet glo, is dat die Here eintlik doodmaak, terwyl die Bybel baie duidelik is dat satan die mensemoordenaar is.

3. Het jy geweet? God wil regtig jou PAPPA wees?

Hierdie boekie wil aan die leser uitwys dat die lewende God met ekeen van ons ‘n persoonlike verhouding wil aanknoop. Hy wil inderdaad ons elkeen as Sy kinders hê en Hy wil vir ons ‘n Vader wees. Het jy dalk ‘n gebrekkige- of geen verhouding met jou aardse pa gehad? Het jou aardse pa jou dalk nooit geleer hoe lyk ‘n pa se liefde werklik nie? Blaai dan gerus deur hierdie boekie en sien wat jou Hemelse Pa oor jou te sê het.

4. Koninkryk=Heerskappy

God se Koninkryk is ‘n absolute werklikheid, dit weet ons almal. Maar weet ons almal dat daardie Koninkryk van God nie net eendag in die hemel gaan wees nie, maar ook nou reeds op aarde teenwoordig is? Die Bybel is baie duidelik dat die “evangelie van die koninkryk” aan al die nasies verkodnig moet word voordat die einde sal kom. Blaai gerus deur hierdie boekie om te sien dat die evangelie van die koninrkyk inderdaad nog nie aan baie nasies verkondig is nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boek – Omnibus 2”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Please fill in the missing number to submit your review *

Go to Top