CD – Die Vreugde van die Here

Home/CD's (Oudio)(Afr)/CD – Die Vreugde van die Here

CD – Die Vreugde van die Here

R20.00

Vanweë al die hartseer en chaos in ons huidige wêreld, is daar min mense wat weet dat ons steeds in God se vreugde kan lewe. Nieteenstaande ons omstandighede. Die Bybel is immers duidelik dat die vreugde van die Here ons “beskutting” is.

Category:

Description

Vanweë al die hartseer en chaos in ons huidige wêreld, is daar min mense wat weet dat ons steeds in God se vreugde kan lewe. Nieteenstaande ons omstandighede. Die Bybel is immers duidelik dat die vreugde van die Here ons “beskutting” is. Die Engels stel dit as volg: “The joy of the Lord is my STRENGTH”. Daarom, as die duiwel ons vreugde kan steel vanweë dinge wat rondom ons gebeur, steel hy effektief ons beskutting, ja ons krag.

God het juis Sy vreugde vir ons as Sy kinders ingestel sodat dit ons kan beskut en ons krag kan gee vir ons omstandighede, negatiewe lewensituasies, selfs ons gesondheid. Omdat ons almal geleer het om negatief na die wêreld om ons te kyk, verstaan ons nie werklik hoe Jesus Christus wil hê ons daarna moet kyk nie. Is dit moontlik om vreugde te hê selfs in beproewinge? Is dit moontlik om vreugde te hê selfs in “die dal van doodskaduwee”?

Luister gerus op hierdie CD na al die betrokke teksverse wat direk vanuit die Bybel kom en hierdie aspek rondom God se vreugde baie duidelik uiteensit.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “CD – Die Vreugde van die Here”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Please fill in the missing number to submit your review *

Go to Top