DVD – Die Hel is ook ‘n werklikheid

R110.00

Bestaan die hel werklik? Of is dit maar net ‘n bangmaakstorie wat oumense gebruik het om hulle kinders op die regte pad te probeer hou?

Category:

Description

Bestaan die hel werklik? Of is dit maar net ‘n bangmaakstorie wat oumense gebruik het om hulle kinders op die regte pad te probeer hou? Is die hel iets waarvan daar net gelees word in die geskrifte van die welbekende Danté, of lees ons ook op ander plekke daarvan? Soos byvoorbeeld in die Bybel?

Die meeste mense, Christene ingesluit, wil nie vandag meer hoor van die hel nie, en wil graag ontken dat die hel wel bestaan. Die Bybel is egter onomwonde en duidelik dat die hel OOK ‘n werklikheid is, net soos wat die hemel ‘n werklikheid is.

Op hierdie DVD word daar vanuit baie duidelike teksverse in die Bybel gekyk na wat Jesus Homself gesê het oor die hel. Deur die bestaan daarvan te ontken, verwyder dit egter nie die afgryslike waarheid van die werklike bestaan van die hel nie.

En die ewigheid is te lank om kanse te waag dat die hel nie bestaan nie, en dat ons dan nou nie werklik nodig het om ons werklik te bekeer van ons sonde, en Jesus Christus aan te neem nie! Is jy gered en is jy gereed vir die ewigheid? Daar is net een manier om die hel te ontvlug, en dit is DEUR JESUS CHRISTUS!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “DVD – Die Hel is ook ‘n werklikheid”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Please fill in the missing number to submit your review *

Go to Top