Die Heilige Name van YHVH (GOD)

//Die Heilige Name van YHVH (GOD)
Die Heilige Name van YHVH (GOD) 2018-02-26T11:37:55+00:00

Hierdie skrywe het ek opgestel nadat ek in 2008 vir etlike maande deur ‘n groot sielewroeging gegaan het, en vir die eerste keer in my lewe amper totaal weggeval het uit my geloof in die Skeppergod. Dit het gebeur nadat mense van sekere denominasionele groepe my direk aangeval het omdat ek nie die sg. “Sacred Names” (“Heilige Name”) volgens hulle, “korrek” gebruik het nie, en ek volgens hulle daarom direk op pad was hel toe. Ek het naderhand in vrees en bewing gelewe elke keer as ek wou bid, want ek het naderhand nie meer geweet tot wie ek moet/kan bid nie, want gebruik ek die een Naam, is ek deur een groep aangekla, gebruik ek die volgende een, is ek deur ‘n ander groep aangekla en uiteindelik het ek besluit dalk is dit beter as ek sommer net ophou glo in enige Skepperwese.

Ek prys die Vader vir Sy wonderlike genade, want net Hy het my met Sy sagte woorde, liefde en leiding uit hierdie maandelange moeras van twyfel en wanhoop getrek. Hy het my ook daarop gewys dat satan volgens die Bybel die aanklaer van die broers is, so toe weet ek waar kom al die “aanklagte” teen my vandaan. –  “Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.” (Open. 12:10).

Wat die “Sacred” (HEILIGE) Name betref, het heelwat mense my al hieroor gevra en ek het besef dat daar hordes mense daarbuite is wat vandag met dieselfde sielewroeging sit as waarmee ek gesit het.

My persoonlike siening hieroor bly sedert 2008 steeds dieselfde, en ek deel dit graag met jou.

Ek KEN en ERKEN my Hemelse Vader as die ENIGSTE Alomteenwoordige, Alwyse, Alwetende, Ewige, Skepper God met al Sy wonderlike Hebreeuse Name en hulle onderskeie intieme betekenisse. Daarom sal ek oral waar ek die geleentheid kry, voor die aanbieding van enige van my lesings, ‘n “powerpoint slideshow” laat rol met die Hebreeuse Name van my Vader, juis sodat ons mense orals kan begin kennis neem van Sy wonderlike Name en hulle WONDERLIKE betekenisse.

Ek het reeds oor die 165 van Sy “tetragrammaton” Name op my aanbieding, wat o.a. insluit: YHVH; RUACH HA KODESH; Y’SHUA HA MASCHIACH; EL; ELOHIM; YHVH JIREH; YHVH AHAVA; YHVH NIGAD; YHVH TSIDKENU; YHVH ROHé; YHVH SABAOTH; YHVH M’KADDISCHEM; YHVH SHAMMAH; YHVH SHALOM; YHVH NISSI; YHVH RAPHA; YHVH QANNA; YHVH ELOHIM; YHVH KAVOD; YHVH TSEDEK; YHVH CHESED; YHVH MAGEN; YHVH KADOSH; YHVH HAYAH; YHVH OR; YHVH PERAZIM; YHVH YESHUA; YHVH MACOWL; YHVH NAGID; EL SHADDAI; EL OLAM; ELIZUR; ELIDAD; SAR SHALOM; EL HANAN; ELOHé YISRAEL; MELECH OLAM; EL GIBBOR; EL ELYON; ADONAI; ATIQJOMIN; … en nog vele ander….

Maar ek kry met HEELWAT groepe mense te doen wat almal aanspraak maak daarop dat NET HULLE die VOLLE WAARHEID en Goddelike “openbaring” ontvang het rakende die Heilige Name, en wat daarom enigiemand anders, wat dit nie SOOS HULLE sien nie, summier in die hel in verdoem. Dan dink ek nogal aan die Woorde van Jesus in Lukas 9:49,50 en ek skud net my kop.

“En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U NIE SAAM MET ONS volg nie. Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons.”  

Wat die Vader se eie Naam betref, sê sommige die “tetragrammaton” (m.a.w die “onuitspreeklike” Naam) YHVH, MOET uitgespreek word as “YAHWEH”, ander groepe sê nee, “Yahweh” is OOK ‘n afgod se Naam en Sy KORREKTE Naam, is eintlik “YAHUAH”. Ander sê weer nee, nee, dis totaal verkeerd, dit moet eintlik wees “YEHOVAH”, of ander weer, sê dit moet “YAHUEH” wees. Nou is my vraag, wie is nou die REGSTE reg?

Want elkeen van hierdie onderskeie groepe kyk na dieselfde vier Hebreeuse letters en elkeen van hulle is gereed om oorlog te verklaar dat NET HULLE uitspraak van daardie vier letters, reg is, en dat ENIGE ander uitspraak verkeerd is. Hulle is ook baie duidelik daaroor dat as jy die Vader NIE op daardie presiese spesifieke “korrekte” Naam aanspreek nie, dan is jy verdoem en pylreguit oppad hel toe. Regtig? Nou watter EEN Naam van net die vier wat ek reeds genoem het vir die Vader, moet jy dan gebruik om volgens daardie mense sodoende die hel te ontvlug?

Ek kyk eendag na ‘n DVD waar ‘n Messiaanse Jood (Jood wat glo dat die Messias reeds gekom het) en ‘n Ortodokse Jood (Jood wat glo dat die Messias nog moet kom), SAAM ‘n program aanbied oor die uitleg van sekere teksverse in die Bybel. Albei hierdie manne was Hebreeuse taalkenners en dit was baie interessant om na hulle te luister. Maar die interessantste van alles, was dat hulle op ‘n stadium ‘n betrokke teksvers bespreek het, waar die tetragrammaton, YHVH, voorkom. En net daar staan die Messiaanse Jood en hy spreek dit “YAHWEH” uit, terwyl die Ortodokse Jood dit as “YEHOVAH” uitspreek. So, wie van hulle was reg? Dalk albei?

Wat vir my ook nog interessant is, is dat mens vir hierdie groepe kan vra: “Wat was jou aardse pa se naam?” dan sal hulle ‘n naam noem, bv. “Ben”. Sodra jy dan vir hulle sê: “Goed, so jy het jou pa sommer ‘Ben’ genoem hier op aarde as jy met hom praat?”, dan is die reaksie gewoonlik baie heftig: “Nooit! Ek het te veel respek vir hom gehad! Ek het hom ‘Vader’ of ‘Pappa’ genoem!”

Dan is my volgende vraag natuurlik: “Nou het jy dan soveel disrespek vir ons Hemelse Vader, dat jy Hom sommer links en regs op Sy persoonlike Naam wil noem? En dan ook nog ander mense in die hel in wil verdoem omdat hulle dit nie saam met jou doen nie?” Daarom het ek self ook te veel respek vir my Hemelse Vader om Hom sommer links en regs op Sy persoonlike Naam te noem, en roep ek Hom daagliks aan as Vader, of as Pappa, want dit is wat Hy vir my is. Maar ja, ek leer steeds ander mense hoe lyk Sy onderskeie Hebreeuse Name en hulle absolute wonderlike betekenisse, net soos wat ek destyds toe my aardse pa nog geleef het, vir mense vertel het dat my aardse pa se name is Douw Gerbrand Steyn Gildenhuys. Maar as ek persoonlik met my pa gepraat het, het ek hom pappie of pa genoem, ek het hom beslis ook nie Douw genoem nie.

Maar is Jesus Christus dan nie juis ons volmaakte voorbeeld in die Bybel nie? Wys my asseblief net EEN teksvers in die Bybel waar Jesus Sy Hemelse Vader op Sy persoonlike Naam genoem het? En indien Hy dit nie gedoen het nie, hoe eien ons vir onsself daardie reg toe?

Wat ons Verlosser en Messias, Jesus Christus se Naam betref, is die oorlog nog groter, want sommige groepe sê dit MOET “YESHUA” wees, ander weer sê nee, dit MOET “YASHUA” wees. Ander sê weer nee, die ander groepe is almal verkeerd, net HULLE is reg en dit MOET “YAHUSHUA” wees, want dit is ‘n korrekte samevoeging van “Yahweh” en “Yeshua”. Ander maak weer aanspraak daarop dat hulle uitspraak van “YOSHUA” of “YEHOSHUA” eintlik die ENIGSTE regte een is. Nou is my vraag weer, wie is nou die REGSTE reg wat SY Naam betref??

Want as die “YESHUA”-groep reg is, dan is al die ander groepe almal verkeerd en kon hulle uiteraard dan nie gered word nie want hulle het dan die “verkeerde” Naam aangeroep, en is die res dan ALMAL op pad hel toe. Maar as die “Yeshua”-groep dalk ook verkeerd is, en die “Yashua”-groep is reg, dan beteken dit die “Yeshua”-groep en al die ander is verkeerd en dan ALMAL op pad hel toe… ensovoorts, ensovoorts…

Is dit regtig hoe jy ons Hemelse Vader en ons Verlosser en Messias beleef? So verdoemend? Beleef jy Hom as ‘n diktator wat in die hemel sit en wag dat selfs Sy eie kinders ‘n fout maak met die uitspraak van Sy eie Name, en hulle dan met groot satisfaksie in die hel in gooi omdat Hy hulle in hulle onkunde oor Sy Hebreeuse Name “uitgevang” het? Dit terwyl seker maklik 90% van Sy kinders hier op aarde GEEN kennis van Hebreeus het nie? Ek kan jou verseker dit is NIE die Vader wat ek persoonlik en intiem leer ken het nie.

Dis nou sonder om in ag te neem dat ons Vader ALLE tale op aarde geskep het, en Afrikaans verstaan, net soos elke ander taal op aarde. En daar is nie een enkele teksvers in die Bybel waar die Vader ons opdrag gee om Hom slegs in Hebreeus aan te spreek nie.

Wat vir my hartseer is van hierdie verskillende groepe wat so op die Heilige Name fokus, is dat hulle sommer ‘n klomp ANDER dinge wat ook in die Bybel staan, en volgens my NET so belangrik is, bv.  om dissipels te gaan maak van AL DIE NASIES (Mattheus 28:19,20), of om hulle vyande lief te hê (Mattheus 5:44), of om verstandig met hulle mans/vrouens saam te lewe en aan hulle mans/vrouens EER te bewys (1 Petrus 3:1-7) ensomeer, soms summier ignoreer, of gerieflikheidsonthalwe, om “hulle” teologie te pas, wegredeneer met allerhande “interpretasies” wat HULLE SIENING pas. Of hulle sal gou redeneer dat: “daar foute in die Bybel is”, of dat: “jy die Bybel korrek moet interpreteer” ensomeer. Want so lank as wat hulle ‘n bohaai kan maak net oor die Name, dan hoef hulle nie so skuldig te voel omdat hulle self HOPE ANDER opdragte in die Bybel, summier ignoreer nie. En dan lees ek maar net die woorde van 2 Korinthiërs 1:13, asook 2 Timotheus 4:1-4, en dan weet ek wat gaan in hulle lewens aan…

“Want ons skryf aan julle NIKS ANDERS as wat julle LEES OF OOK VERSTAAN nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan…” (2 Kor.1:13)

“Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van diewaarheid en hulle sal wend tot fabels. (2 Tim.4:1-4)

Ongelukkig ervaar ek dat baie van hierdie groepe nie bereid is om die “gesonde leer” rakende die HELE WOORD te verdra nie, en omdat hulle wil hoor wat hulle WIL hoor, vir hulle ‘n menigte “leraars versamel volgens hulle eie begeerlikhede”. Want solank hulle ANDER kan “teregwys” oor die Heilige Name, hoef hulle nie ag te slaan op al die vingers wat na hulle kant toe wys omdat hulle nie bereid is om van ander nasies dissipels te maak nie, of omdat hulle hulle vyande haat met ‘n passie, of omdat hulle hulle mans/vrouens soms soos tiranne verneder of manipuleer, ensomeer. Myns insiens kom dit in baie gevalle op niks anders as geestelike hoogmoed neer nie, en ek lees in die Bybel dat hoogmoed ‘n GRUWEL in my Hemelse Vader se oë is, so dit kom ook van niemand anders as die satan af nie.

Die feit dat ek Sy Hebreeuse Name KEN, EER en ERKEN, beteken egter glad nie dat ek saamstem met die siening dat “God”, of “Here”, of “Jesus Christus”, in die Afrikaanse Bybel (1933/53 Vertaling), die name van afgode is nie. Want die oomblik wat ek daardie argument wil gebruik, moet ek daarmee saam ook erken dat my Hemelse Vader NIE Almagtig genoeg was om te keer dat Sy EIE Name, in Sy EIE Woord, in watter taal ookal, verkeerd opgeneem en vertaal word nie. Dit terwyl my Bybel in 2 Timotheus 3:16, 17 baie duidelik bepaal dat DIE HELE SKRIF DEUR GOD INGEGEE IS. Alhoewel Hy menslike skrywers gebruik het, en menslike vertalers in die verskillende lande gebruik het, BLY HY IMMERS STEEDS DIE HAND AGTER DIE SKRYWERS EN AANVANKLIKE VERTALERS.

So, as ek moet begin erken dat Hy nie kon keer dat Sy eie Name in Sy eie Boek met afgode se name vervang word nie, moet ek onmiddellik daarmee saam ook begin twyfel in Sy Almag om sommer ‘n klomp ANDER goed in my lewe of ewige toekoms te kan doen. Bv.: As Hy nie Sy eie Name kon beskerm in Sy eie Boek nie, kan Hy my dan regtig red? En ek is jammer, dit werk glad nie vir my nie.

Dit is wel so dat “God” eintlik net ‘n titel is, en nie ‘n naam nie. Maar leer die Bybel ons nie juis dat Hy die God van alle gode is nie?

“Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here…” (Deut. 10:17)

Daarom eer ek my Hemelse Vader baie beslis as DIE GOD van alle ander gode, en kan ek Hom met alle eerbied en respek “God” noem, sonder om bang te wees dat ek daardeur na enige ander klein godjie verwys. Verder word geargumenteer dat “Here” eintlik Baal of Meester beteken. Alhoewel dit so is dat ander gelowe ook praat van “Here”, bepaal bogemelde teksvers ook tog nog steeds dat Hy die HERE van al die ander “here” is! En sonder enige twyfel of teëspraak is Hy baie beslis my MEESTER bo enige ander meester. Daarom het ek persoonlik ook geen probleem om Hom my HERE te noem nie.

So ja, ek erken met absolute eerbied en respek die Hebreeuse Heilige Name, maar ek het ‘n probleem met hierdie argument dat die titels wat in die Bybel gebruik word eintlik na afgode verwys, en ek het nog ‘n groter probleem wanneer mense ander mense in die hel in wil veroordeel omdat hulle nie die Heilige Name “korrek” gebruik nie. Soos ek reeds uitgewys het, watter Naam is dan nou die “korrekste”? Dit is nie die Vader wat ek in my Woord leer ken het nie. In die eerste plek lê die finale oordeel SLEGS in Sy Hand, en in die tweede plek lees ek in Openbaring 3:12 dat Hy self ook ‘n Nuwe Naam gaan kry, wat niemand in elk geval ken nie.

As die titel of naam “God”, “Here”, of die naam “Jesus Christus” dan na ‘n afgod verwys, waarom sou Hy die afgelope paar honderde jare geluister het as mense Hom by daardie name aangeroep het? Die Bybel bepaal immers dat Hy ‘n jaloerse God is. Dan beteken dit effektief ALMAL wat ONKUNDIG was oor die Heilige Name die afgelope honderde jare (2012 om presies te wees), en wat Hom iets in daardie “verkeerde” name gevra het, se gebede is glad nie beantwoord nie, wat natuurlik insluit gebede om hulle lewens aan Hom te gee, wat beteken hulle is dan eintlik mos almal hel toe?

Want as die titels (“God” en “Here”) en name (“Jesus Christus”) eintlik net aan afgode behoort, waarom sou Hy ooit daarop reageer het, aangesien die Woord ook bepaal dat Hy nie teen Homself verdeeld is nie? Dit beteken Hy het van die begin van tyd af nog slegs na die Jode/Israeliete wat Hebreeus magtig is en Sy Name ken, se gebede geluister, en na geen ander nasie of taalgroep wat in hulle Bybels die “verkeerde” name gehad het nie, want in geen ander nasie of taalgroep in die wêreld se Bybels het die Heilige Name korrek voorgekom nie.

Ek kan dit ongelukkig glad nie glo nie, veral nie as ek na die woorde van 2 Petrus 3:9 kyk nie.

“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat ALMAL tot bekering moet kom.

Ek lees NIE in hierdie teksvers van ‘n Vader wat net sit en wag om te kyk waar Hy Sy EIE kinders deur Sy EIE Woord kan “uitvang” deur hulle onkunde, sodat Hy hulle in die hel kan gooi nie. Dit is nie die Vader wat ek intiem leer ken het die afgelope 13 jaar in my lewe nie.

Dan beteken dit dat al die duisende, derduisende mense wat die afgelope honderde jare genees is en selfs uit die dood opgewek is in die naam van Jesus Christus, is toe eintlik nooit werklik genees nie, en is toe eintlik deur die duiwel uit die dood opgewek! En dit terwyl my Bybel bepaal dat SLEGS God kan genees en iemand uit die dood kan opwek. Satan kan beslis nie, want hy het NIE daardie mag nie. En AS dit dan wel God was wat hulle uit die dood opgewek het, WAAROM sou Hy dit gedoen het, gesien in die lig dat Hy dan eintlik daartoe versoek sou gewees het in die naam van ‘n afgod?

‘n Verdere interessante ding om aan te dink, is dat, indien die titels en name “God” en “Jesus Christus” dan eintlik aan afgode behoort, dan is Sy Naam nog nooit in die wêreld gelaster in enige flieks of videos waar ons so gereeld hoor: ”Oh my God!” of ook: “Jesus Christ!” nie. Want as daar vanuit die koninkryk van duisternis dan eintlik in HULLE oë geen probleem was met die name “God” of “Jesus” nie, waarom word SLEGS daardie name so oor en oor en oor en oor in flieks of op DVD’s gebruik as vloekwoorde? Want as daar dan enige krag was in die naam van Allah, of van Boeddha, waarom hoor mens nooit in enige flieks: “Oh my Allah!” of ook: “Oh my Buddha!” nie? En as die Naam Yeshua/Yashua/Yahushua/Yoshua dan die “enigste” ware Naam was, waarom het ons nog nooit in enige film in lasterlike tonele gehoor: “Oh my Yeshua!” of: “Oh Yahushua!”, of “Oh my Yahweh!” nie? Sonder twyfel dus, beskou die koninkryk van duisternis steeds die Naam “Jesus Christus” en die titel van “God” as kragtig genoeg om dit lasterlik te probeer aftakel en goedkoop maak in flieks ens.

Nee, ek het uiteindelik na maandelange wroeging bloot tydens my stiltetyd een dag na Hom toe gegaan en Hom SELF gevra hieroor, aangesien ek immers in ‘n intieme persoonlike verhouding is met my Hemelse Vader, en Hy het vir my gesê: “Tiaan, ek het My in Afrikaans aan jou openbaar as “Jesus Christus”. Dit was vir my genoeg. Wanneer ek bid of met Hom besig is, sal ek self soms “Yeshua” in my gesprekke gebruik, net omdat ek weet van die Hebreeuse name, en omdat ek tydens ons toere in Israel hoor dat die mense wat Hebreeus KEN, en die Messianse Jode, almal “Yeshua” gebruik, en nie “Yashua”, “Yahushua”, of enige van die ander Name nie. Aangesien Sy Woord bepaal dat Hy na my hart kyk, weet Hy dat ek in daardie oomblikke niemand anders in my gedagtes het as daardie EEN man van Nasaret wat net EEN MAAL in die geskiedenis aan ‘n kruis gehang het om vir my sondes te sterf, maak nie saak of ek Hom in daardie oomblikke Jesus Christus, Y’shua, Yeshua, Yashua, Yahushua, Yoshua of Yehoshua noem nie. 

Ek kry dieselfde tendens met my persoonlike naam. Sommige mense noem my Tiaan, ander noem my Riaan, ander noem my Theuns, ander noem my Thinus, maar ek weet elke keer hulle praat direk met my. Ek is nie kwaad vir hulle omdat hulle nie op daardie oomblikke my regte naam gebruik nie. Ek glo dis dieselfde met my Hemelse Vader. Maar net so moet ons nie uit die oog verloor dat die naam “Johannes” in Engels “John” of “Johnny” is, en in Frans “Jeanne” nie. Dieselfde naam, verskillende tale. Dieselfde gebeur ook met ons Verlosser se Naam. 

En ‘n laaste gedagte om nie uit die oog te verloor nie, is dat Jesus se naam in Hebreeus, Grieks en Latyns aangebring was bokant sy kop, terwyl Hy aan die kruis gehang het. In Hebreeus sou daar dus gestaan het “Yeshua”, in Grieks sou daar gestaan het “Iesous” en in Latyns sou daar gestaan het “Iesus”. Drie verskillende tale wat al drie verwys het na ons ENIGSTE Verlosser en Saligmaker, JESUS CHRISTUS!

So, ja, ek erken die bestaan van die Heilige Name, maar ek weier persoonlik om te glo dat mense veroordeel sal word, of in die hel sal beland indien hulle uit hulle hart uit geglo het dat GOD, HERE en JESUS CHRISTUS na niemand anders verwys het as die Drie-Enige Skepperwese nie, of dat die Here nie ons gebede sal beantwoord omdat ons die sg. “verkeerde” name gebruik nie.

tiaan gildenhuys

Outoriteit in Christus Bedieninge

www.oicb.co.za

Pretoria

Lees gerus nou wat skryf Eben Swart van Trumpetcall Ministries in Kaapstad oor hierdie aspek:

What’s in a Name?

by Eben Swart, Cape Town, August 2011

In their unbridled effort to “restore” the so-called Sacred Names of the Father, the Son and their Spirit, Torah teachers have, sadly, done more evil than good.

Popular Books

Several popular writings have circulated in SA during the past two decades, pointing out how the names of the Godhead have been changed in Scripture. Among these, two specific books are paramount: Come out of her, my people by CJ Koster, and Fossilized Customs by Lew White. Mixing truth with half-truths, and omitting relevant information, these two books have caused havoc in many a Christian’s life. And, because both propagate the use of the original, Hebrew names of the Godhead, these teachers (Torah, Hebrew Roots and especially Israel vision and British Israelism) have embraced these books and distributed them far and wide – another act of service to, and worship of the Hebrew language idol.

In their books, Koster and White, with varying degrees of credibility, set out to prove that virtually ALL the names and titles used among current-day Christians to indicate the Godhead and its three distinguishable Persons or Aspects, are of pagan origin. Among their victims are the terms: God, Lord, Jesus, Christ, holy, hallow, sacred, sanctified, glory, divine, divinity, etc.

Because of this, two discernable teachings have resulted amongst Torah and Hebrew Roots teachers concerning the name “Jesus”:

1. The name “Jesus” is of pagan origin, is intrinsically Greek, and should thus be avoided.

2. The name “Jesus” is of pagan origin, and actually indicates a pagan god. It should never be used in discussion or prayer. Other people who claim to be Christians but use the name “Jesus”, are actually deceived followers of some foreign god. Fellowship with them should be avoided, or even be forbidden.

Ironically and amusingly, the Aramaic version (“Yeshua”) of the original paleo-Hebrew name (Yahushua) seems to be acceptable to all these groups. According to scholars, this was in all probability the customary form during the time of the gospels. In other words: Messiah’s mother most probably called Him by the un-Hebrew, yet Semitic name “Yeshua”.

Like most other writings on this topic, Koster and White quote resources from far and wide. They attempt to demonstrate how different parts of the name “Jesus” – or the entire original Greek form “Iesous” – hail from various pagan origins, and correspond to the names of pagan gods or goddesses like Ieso, Isis, Zeus, etc. But implicitly both authors admit to mere speculation – although they never directly point their readers towards this fact. White even concludes that “Je-sus” would actually mean “hail Zeus”!

Ironically, these learned men seem to be either unaware of, or bluntly ignoring the most obvious derivation of the name “Jesus”:

The most obvious Derivation of the Name “Jesus”.

 Let us say this right at the start of this explanation:

It would not make ANY sense to a Greek person to call our Saviour “Yeshua”. (The gospels were recorded in Greek, remember?).

1.   Firstly, there is no “Ye”-sound in Greek. Therefore, if a Greek-speaking person would attempt to pronounce “Yeshua”, he simply would not be able to do so.

It’s a bit like an Afrikaans person trying to pronounce the English surname “Smith” without prior practice. There’s no “th”-sound in Afrikaans, so an Afrikaans person would probably choose the closest sound to “th” that he knows, and pronounce it as “Smif”.

Similarly, an English speaking person, without prior practice, would pronounce the Afrikaans name “Gert” as “Ghert”, since the fricative “G”-sound doesn’t occur in English.

And since the “Ye”-sound does not exist in Greek, a Greek speaking person would typically pronounce “Yeshua” as “Ieshua” – which represents the closest corresponding sounds in the Greek vernacular.

2.   But this is not the end of Greek problems with the Aramaic form “Yeshua.”

In Greek, any name ending in “-a” would represent a feminine. Compare the names of the well-known Greek goddesses Athen-a, Her-a, Proserpin-a, Europ-a, Helen-a, Atalant-a, etc.

Therefore, calling the Messiah “Ieshua” in Greek would indicate a woman!

Thus, to make any sense in Greek, “Ieshua” had to convert to “Ieshus – to indicate the male gender, because Greek names ending in “-s” would indicate the masculine form. Compare the names of the well-known Greek (male) gods: Zeu-s, Apollo-s, Dionysu-s, Hephaestu-s, Heracle-s, Oedipu-s, Perseu-s, Herme-s, etc.

And in the Greek vernacular “Ieshus” would be pronounced as “Iesous”. This is the form whence we have the transliterated English and Afrikaans form “Jesus”. Transliteration is not translation. Transliteration imitates sounds.

The fact of the matter is that any Greek person who would sincerely and sensibly, without any hidden agendas or ulterior motives, pronounce “Yeshua” in his mother tongue, would do so as “Iesous”. “Iesous” is simply the sensible Greek rendering of “Yeshua” – similar to the different renderings of the Biblical book James (Eng) in other languages, like Jakobus (Afr) or Jacques (Fr).

Once one understands this, all the allegations about “Jesus” representing the names of the pagan gods Ieso, Isis or Zeus, wilts into ignorance and ridicule. It simply fades into Israel Vision, British Israelism and Hebrew Roots baloney.

Dire Consequences of the “Sacred Names”.

 Why would one go into such technicalities as above to explain this to regular Christians?

Because these shameful lies from Torah teachers, in whichever movement they’re found, has caused havoc, and is still causing havoc in people’s relationship with Messiah. I’ve seen good Christians’ prayer lives ruined, utter despair and doubt about whether they are saved in the “right” name at all, health breakdowns, second baptisms in the “right” name, etc. In short: Serious confusion in the Body.

It seems as if the very anchor cables of a one’s human spirit get cut by these nonsensical teachings – leaving one to helplessly drift and get knocked about by life’s waves. That is not from the Spirit of the Father, but from Satan himself.

Among the teachers of these lies, I invariably encounter conceit, self-righteousness, haughtiness and alienation from the rest of the Body.

The “Sacred Names” Merry-go-round.

 Moreover, these teachers have confused the flock with a myriad of spellings and pronunciations of “sacred names” for the Father and the Son. Invariably, teachers of each individual name claim that “their” rendition represents the best researched, most original and most correct name! Also, they emphatically explain that they “cannot use another name” since they have come to “so love the Person by THAT name” – which represents little more than sentiment.

[I have a pet name for my wife Isabel. I lovingly call her Bella (Italian for “pretty”). I also “so love her by that name.” But I’m sure I’d be able to call her Isabel, or even Isabella – her true name, if I had to! It’s simply a matter of sentiment.]

Here are all the “true, best researched, most original, most correct names” for the Father and the Son:

The Father: Ieue, Ieueh, Iehue, Ieuweh, Iehuweh, Yahuweh, Yahuwah, Yehuweh, Yehuwah, Yaweh, Yahwheh, Yeweh, Jawe, Jaweh, Jahwe, Jawhe, Jawheh, J’we, J’hwe, J’hweh, etc.

The Son: Yahushua, Yahushuah Yehushua, Yahushua, Jahushua, Jehushua, Yeshua, Yehshua, Jeshua, Jehshua, Jashua, Jahshuah, J’shuah, etc.

Instead of restoring the Names, this has turned into a circus! With self-righteousness and shallow sentiment right at the bottom of it.

Are we really better off with this merry-go-round of names than simply with “Jesus”?

And please don’t accuse me of blasphemy. I’m not scoffing. It’s simply a ridiculous situation created by over-eager, competitive pedantry.

Two questions these teachers need to answer:

1. In which name were you saved at the time when you got saved? Was your salvation in the name of Jesus by any means an inferior salvation? And if “Jesus” can save, then Jesus must be the Messiah, right?

2. If you want me to use the sacred names, which one in the above mix should I use? Which ones are best or correct?

Even if one would revert to the Hebrew spelling (JHVH or Tetragrammaton), it still needs to be pronounced.

How?

Or do we go the Jewish and Masonic way and never pronounce it?

The “Power” Claim.

 But once again, these teachers don’t give up without a fight:

 “No”, they say, “but the sacred names have MORE POWER than the ‘Greek’ ones.”

I’ve even heard the claim that “since I’ve started using the sacred names, the name ‘Jesus’ has no power anymore”!

Really?

I’ve put these claims to the test – in real-life situations. And after many years of putting the sacred names to the test in prayer, deliverance sessions and baptisms, I can confidently proclaim:

There is absolutely NO observable difference in the power behind the name “Jesus” and any variation of the sacred names. Not in prayer (answered prayer), baptisms (in terms of the baptisee starting to speak in tongues) or deliverance (demons leaving).

It seems that both the Father and the Son honour their “nicknames”. Who do you think you are to do different?

So, even the POWER claim of sacred names adherents gets exposed to be a lot of hot air.

Corporate Prayer in the “Sacred Names”.

Corporate prayer in the Hebrew sacred names is an most effective way of letting brothers and sisters “who are not in the know” feel inferior. And I’m sure that many who use the sacred names in corporate prayer are fully aware of this. This is a subtle, but infinitely effective way of establishing oneself just one or two notches above “the rest”.

Personally, I avoid doing this.

Would the Father or Messiah really approve of me having a little cozy prayer “insider” with Him to the exclusion of my prayer partners? Or would He rather have me call Him by His “nickname” to the inclusion of others, and unity in prayer with them?

Which of the two would be an honest reflection of His character?

Folks, could we please put an end to this indulgence? If you would prefer to use some variants of the sacred names, I’d be the last one to nag you not to do so. But please, stop shoving your brand of sacred names down other people’s throats! You’re not honouring the Father by doing so – you’re simply enforcing your will onto other Christians. Is “MY will be done” part of your daily prayer?

Blasphemy by the Sacred Names Movement

 I wish I were wrong in saying this, but I’m afraid I’m not:

I have good reasons to believe that the majority of intentional, scornful, targeted blasphemy and denial of the name “Jesus” in the world today does not come from non-Christians, Hollywood or Satanism. It comes via the Torah movement.

This is sobering.

Is Jesus a pagan God?

If you teach that “Jesus” is a pagan god, you’re simply deceived. I fear for you. Whoever would dare blaspheme the Name “Jesus” would have to answer to the very same Name – One Day. Not only for blasphemy, but also for those whom you’ve lead astray by your teaching, whose prayer lives have been ruined, and weak ones whose faith you’ve eroded. It would have been better for you in that day if you’d been thrown into the sea with a millstone around your neck.

And if you look down your nose at those who don’t use your brand of the sacred names – the Father hates haughty eyes. I fear for you also.

If this article, by the Spirit of the Father, has created in you an urge for repentance, then do so without delay. The Faithful One will forgive you.

If you were guilty, but would refuse to repent, I fear for you even more.

Dreadlocks, here we come!

For further reflection:

One of my earliest memories of evangelism as a young, naïve Christian in the early 1980’s was when I encountered a Rastafarian (with dreadlocks and smoking pot) on the streets of Cape Town in the middle of the night. After politely asking him whether he knew Jesus, he defiantly retorted: I serve Jah! At the time, I had absolutely no idea of what he was talking about.

Later that night, he was laboriously trying to convince me from the book of Revelation that the Biblical Tree of Life was actually the marijuana plant!

Would you serve Jah (or Yah, or any rendition thereof), the god of Rastafari, if you’d pray in any of the names above?

………………………………………………………………………………………………………………………

Lees gerus ook die volgende interessante stuk wat geskryf is deur Michael Heiser, wat self ‘n Hebreeuse en Griekse kenner is en groot werk doen rondom die korrektheid van die Woord, beide in Israel en Amerika:

The Name of Jesus: Does it Matter?

One of the most frequent email questions I get concerns the name “Jesus.” More specifically, the question goes something like this:  “Isn’t the name ‘Jesus’ a pagan invention?  Shouldn’t we say “Yeshua” or Yahshua” instead?”  

I’m not sure what motivates people who assign importance to this. I’m sure many are NOT trying to sound superior or more in tune with Jesus or God.  But having fielded a number of these emails, I’m also sure that IS the motivation for some.  The question is frankly silly, since the same person (the man of Nazareth who was crucified, buried, and resurrected per the New Testament) is the referent of any of these name options. But is “Jesus” a pagan name? Isn’t “Yeshua” or “Yahshua” more accurate?

On one level, since Jesus was Jewish his name would have been “Yeshua” or “Yehoshua” in Hebrew or Aramaic.  I would hope that the Jesus Tomb fiasco would have taught us this much.  But, on another level, so what?  Since the New Testament was written in Greek, and Christians take the New Testament as inspired, it was GOD’s choice to have the name of the Son of God rendered in GREEK, which looks like this: (Iesous – pronounced “Yaysoos”)

Some thoughts on the Greek name, now.

First, languages are different, and so proper names are not going to be pronounced the same way. Wow.  Profound.

Second, languages and language pronunciation (the sounds a speaker makes when air flows through or is stopped in/by the throat, mouth, lips and teeth) has no theology a language can’t be pagan or orthodox. It just is.

Third, there is no magic in the Hebrew pronunciation of the name of the New Testament Messiah. It matters not that we call the name of the man from Nazareth something that contains the syllable “Yah” (an abbreviation of the divine tetragrammation, YHWH).  If there was, God should have decided to give us the New Testament in Hebrew or Aramaic.  It would also have helped if he’d given us a Hebrew text where the tetragrammaton (YHWH) had vowels so we’d know how it was pronounced.

Fourth, “Yahshua” is actually not correct, if we’re going with Hebrew, given the vowel pointing in the Hebrew text.  The forms of this name/word that appear in the Hebrew text as pointed by the Masoretic scribes is “Yeshua” or “Yehoshua” (that is, for those who understand pointing) the vocal shewa is the pointing associated with the yodh in this name.  The “a” sound of “Yah” gets a vocal reduction because of the accent on the final syllable.  If you’re still awake after that, “Yah”shua is a contrived attempt to place the abbreviated form of the tetragrammation (Yah; which does occur in the Hebrew Bible) in place of the “Yeh” that actually occurs in this name.

Fifth, the problem for Greek is that there is no “H” in the language.  Greek makes the “h” sound via what’s called a rough-breathing mark – but that mark only appears on vowels at the beginning of words.  For example, the word for “sin” in Greek is “hamartia” but the Greek word begins with an alpha (”a”). A rough-breathing mark above the alpha tells the speaker/reader to pronounce the first syllable as “ha” not “a”.  Yehoshua (”Yahshua”) has an “h” in the middle, which Greek CANNOT REPRESENT because of the rules of its language/alphabet.  As such, “Iesous” (pronounced yay-soos) is the Greek spelling – and this corresponds precisely to “Yeshua” (which you notice has no “h” in the middle – only an “sh” which was one letter [“shin”] in Hebrew/Aramaic). Greek has no “sh” letter in its alphabet, so its spelling MUST use “s” [sigma].

Iesous is a perfectly acceptable and understandable GREEK rendering of the Hebrew Yeshua/Yehoshua. It isn’t “pagan” —  it’s a different language.

(Mike Heiser)

21/01/2011