Barbie & sprokies / Barbie & Fairy tales

//Barbie & sprokies / Barbie & Fairy tales
Barbie & sprokies / Barbie & Fairy tales 2018-05-07T21:34:47+00:00

Hi Tiaan

Ons bly in  Obuasie in Ghana en daar versprei ek jou DVD!  Ons dogtertjie is ‘n geskenkie gestuur van Jesus – liefdevol en saggeaard.  Tot ek die Barbie en sprokies dvd’s vir haar begin wys. Sy het tantrums gegooi en gehuil en in die nag wakker geskrik.

 My vriendin van Mosselbaai stuur toe jou DVD en nadat ons sommer daardie selfde dag huis skoon gemaak het, is sy weer haar ou self!  Baie dankie vir jou gehoorsaamheid. Ek is seker God glimlag stil tevrede vir jou!

Groete

Marelize Viljoen

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Tiaan

Ons het altwee die DVD’s van “Maak Jou Huis Skoon” en ons kleinste dogtertjie kon nie deurslaap in die nag nie.  Sy het tussen 4 en 5 keer in ‘n aand na ons geroep.  Ons het na die DVD al die feetjies en nog ander dinge uit haar kamer gehaal en vanaf die eerste aand slaap sy dwarsdeur.  Sy en haar sussie het saam geslaap en nadat ons alles verwyder het slaap sy nou alleen.

Baie dankie vir die bevrydende DVD.  Ons is al die laaste 4 maande besig om dinge uit te gooi en verbrand, en soos ons aangaan maak die Here ons oe vir nog dinge oop.

Seen en groete vir jou en almal wat daar werk.

Boeta Swart van Ballito

Xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx