Wind Chimes etc.

//Wind Chimes etc.
Wind Chimes etc. 2018-02-26T11:37:56+00:00

Hallo Tiaan

Ons was baie geseen deur jul dvd.  Ons dogters, 9 en 6 jaar oud, het saam gekyk.  Hulle was meer gierig as ons om van hul goed ontslae te raak!

Ek het baie van my “wind chimes” gehou, maar het besluit om daarvan ontslae te raak nadat ons na die dvd gekyk het.  Ons het al die items in ‘n sak gesit en besluit om dit die volgende naweek te verbrand.  Ek het vergeet om my chime af te haal en was weg vir die week.  Saterdag oggend, toe ek opstaan, sien ek my chime is gebreek – so gebreek dat net die middelste deel oorgebly het.  Net die deel wat nie kon chime nie! Ek was so opgewonde, want die chime het al vir baie lank daar gehang en NOOIT gebreek nie!  Toe ons dit in die vuur gooi, het dit die snaaksste geluid gemaak!

Ons 6 jarige het aan die slaap geraak terwyl ons die dvd gekyk het, want dit was baie laat.  Sy het die hele tyd op my skoot gele en slaap.  Ek het gebid en vir die Here gevra om seker te maak sy hoor wat gese word, al slaap sy.

Die volgende oggend het ons uitgegaan vir ontbyt en terwyl ons gewag het vir ons kos, het ons haar vrae gevra oor die inhoud van die dvd.  Sy het “spot on” geantwoord op al ons vrae.  Die kinders het albei items in hul kamers gaan haal waarvan ek al vergeet het.

Dankie.

ADV. JEANETTE NEVELING

Senior State Advocate

Office of the Director of Public Prosecutions:  Transkei